Saturday 11 October 2014

Hallo

Naweke is maar skraal met nuus.  Dit is nie juis opwindind nie, want arme Renate het altyd hordes werk wat sy wil inhaal of vooruitdoen. 

Sy het gisteraand omtrent half 11 by die huis gekom na die hokkie-afskeid en vanoggend 7 uur het sy begin leer tot 6uur toe.  Sy het ook tussenin haar vrae se antwoorde vir Siener in die Suburbs oorgeskryf in haar boek.  7uur is sy met haar vriende na die Merrry-go-round.  Hulle kom  eenkeer 'n jaar hiernatoe en dis vir die kinders groot pret.

Verder het ons die rugby gekyk en al ons spanne het verloor.  Ek is veral hartseer oor die Cheetahs, want in my hart bly ek 'n Vrystater.  Theo en Elfi het vir Kai (die Pappegaai) 'n staander gemaak en hulle doodgesukkel.  Theo het 10 duime as dit by houtwerk en sulke goed kom.  Maar hulle het uiteindelik 'n staander gebou en Kai is al bo-op hom en dit lyk of hy dit geniet.  Hy't sy vorige een opgevreet.  Dit was van hout.  Hierdie een is van PVC pyp.  Dalk hou dit langer.

Nou ja mense, my nuus is op.

Ek gaan nog so bietjie tv kyk en dan slaap

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment