Wednesday 22 October 2014

Liewe Vriende

Ek is vandag weer vroeg met my blog want vanaand gaan ek vroeg moeg wees na gisteraand se
Akademiese Prysuitdeling by die skool.  Ons het tot na 11 daar gewees en toe  moet ons nog iets eet en Renate se opgewondenheid aanskou. Ons het eers teen half 1 in die bed gekom en toe kon ek nie slaap nie.

Dit het baie goed afgeloop en sy het elke prys in haar studieveld in haar graad wat sy kon kry, gekry.



Trophy and certifcate from PWC for the Best Achiever in Grade 10 for Mathematics and Accounting - 93.5%
Trophy awarded for best Average in Grade 10 learner in the Science field of  study
Merit Award for
Additional Mathematics 99.0%
Afrikaans First Language 79%
Biology 87.%
Physical science 98%
Accounting 88%
Special  Award for Academics: Best average in English, Mathematics and Accounting
Half Colours for Adademics
Tropy for Grade 10 learner of the year

Nodeloos om te sê ons is baie trots op haar.  Maar sy is 'n hardwerkende kind wat haar werk ernstig opneem en dinge gedoen kry.  Sy is juis nou by 'n Junior Stadsraad vergadering.  Die eerste een na hul inhuldiging verlede week.  Dis hulle eerste vergaderings as amptelike raadslede.

Gistermiddag het sy en 'n groepie ander kinders by die huis van Bejaardes gaan sing.  Dy het huilend teruggekom oor die ou mensies so oud en hulpeloos en alleen is.  Sy het blykbaar gehuil van die begin tot sy weer hier by die huis aangekom het.  Dit het my 'n hele rukkie geneem om haar te kalmeer.
Snaaks dat die kind so ontsteld geword het oor die ou mense se lot.  Sy kry hulle vreeslik jammer.

Ek het vanoggend gelees en toe by my vriendin, Sanita, in haar winkeltjie, Kokketoor gaan kuier.  Ek was sommer lus om 'n bietjie uit te kom, toe ry ek soontoee.  Toe koop ek sommer broodjies vir middagete en koeksisters vir die ruspe in die huis (Renate).  Vanmiddag gaan ek maar 
n bietjie op die rekenaar rondspeel en weer 'n bietjie lees.  My boek is op 'n interessante deel en ek is nuuskierig oor wat verder gaan gebeur.  Dis 'n boek van Patricia Cronwell wat op my Kindle is.  Wat so lekker is van die Kindle is dat jy sy lig kan stel dat dit net reg vir jou oê is. Dit help veral vir my omdat ek oogprobleme het.  Ek geniet myne gate uit. 

As ek iewers moet heen gaan waar ek weet ek moet wag,vat ek hom saam in my handsak en lees dan daar alte heerlik voor hulle my roep.  Dit is regtig 'n lekker en handige foefie om te hê.

Ek gaan nou eers totsiens sê tot more

Lekker dag vir julle verder
Groetnis 
Theresa

No comments:

Post a Comment