Wednesday 15 October 2014

Liewe vriende

Ek is vanaand baie laat met my blog,want ons was by die Inhuldiging van die Junior Stadsraad.
Ek moet darem sê vandag was 'n mooi dag, net vanaand is vrekkoud.

Die inhuldiging van die Junior Stadsraad was nogal vinnig.  Net 'n driekwartuur en toe is alles verby.  Met die burgemeester wat met haar geradbraakte Engels 'n toespraak gelewer het en 'n motiveringsspeker wie se Engels darem beter was.  Dit is darem 'n trotse gevoel wat 'n ouer het as hy sien hoe sy kind ingehuldig word.  Ek het skoon 'n knop in die keel gekry vir Renate se mooi prestasie.
Ek plaas gou 'n paar foto's as ek dit nou kan regkry, want ek is baie moeg en my rug is seer van die slegte stoel waarop ek gesit het en die rondstaan daarna by die verversings.


Saam met die nuwe Junior Burgermeerster - Renate staan heel links

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment