Thursday 2 October 2014

Liewe Vriende

Die wind het opgehou waai en dit was 'n lieflike dag buite.  Mens wou skaars in die huis in.

Renate het 'n voeltjie.  'n Sun Courier, dis so 'n geel voeltjie met verskillende kleure.  Sy het hom die 1e Desember 2013 gekry en hy is hondmak.  Hy begin nou leer om toertjies te doen en dis tog te oulik.
Sy het nie  sy vlerke geknip nie en hy vlieg heerlik in die huis rond en as sy wil hê hy moet kom sit, staan sy net op en steek haar arm in die lug in op.  Waar hy ookal is, kom hy dan na haar toe.  Hy sit ook lang rukke op haar stil en klim op haar liggaam  rond,  Bo-op haar kop tot by haar tone.  Sy tone raak net bietjie verstrengel in daardie hare. Hy ry ook graag saam op haar skouer.



Verder het ons 'n rustige dag gehad.  Behalwe dat Renate hokkieafrigting vir 'n uur gehad het, het ons nie veel gedoen as die gewone en kos kook nie.  Ek en Elfie het dit tot reggekry om 2 flieks deur te kyk.

Ek heg hierby vir julle 'n paar foto's van Biyakiya, die voeltjie se naam, aan  (ek hoop dit is reg gespel)

Groetnis
Theresa












No comments:

Post a Comment