Thursday 9 October 2014

Hallo

Wat 'n heerlike dag.  Dit het glad nie saak gemaak dat die wind en bietjie sand gewaai het nie,

My vriendin, Hannelore, het my vroeg vanoggend wakker gebel om saam met haar 'n laat ontbyt by Probst ('n baie bekende eetplek wat aan Duitsers behoort) te gaan eet.  Sy het my 10 uur kom haal en ons toe eers na die selfoonplek om haar nuwe foon te gaan haal, want haar kontrak het verval.  Toe is ons Probst toe.  Ons het heerlike brotchens (lyk amper soos 'n broodrolletjie, net met 'n harde kors) bestel met die heerlikste toppings.  Ek het rohak(rou maalvleis aangemaak met bietjie asyn en eier0 en 'n eierslaaitjie bestel.  Sy het ook 'n rohak broodjie gevat en een met vleisslaai op.  Ons was lank daar en het heerlik gesels.

Toe besluit ons om te gaan kyk of die flaminke in die lagoon al begin trek het.  Maar hulle lyk nog steeds so baie soos altyd.  Hulle was net oor die hele lagoon versprei en het nie in groot groepe bymekaar gestaan soos hul gewoonlik doen nie.  Ons het 'n ruk daar in die kar gesit en na die voëls gekyk en toe het sy my huis toe gebring.

Renate se Wiskunde Olimpiade het  toe glad nie so sleg verloop as wat sy gedink het nie.  Sy sê sy het op die ou einde nie so sleg geskryf as wat sy gedink het nie.  Dis nou nadat sy gisteraand weer die vraestel uitgewerk het.  Sy het haar antwoorde op die vraestel geskryf om te kom kontroleer hoe sy gedoen het.

Vanmiddag het ek en Elfi weer 'n fliek gekyk, terwyl Renate Rekeningkunde geleer en geoefen het.  Sy verstaan dit gelukkig en dit het haar darem nie te lank opgehou nie.  Daarna het sy Biologie vir die eksamen begin leer.

Elfie het vanaand vir ons tjops met rys en mielies op die stronk gemaak en ons het baie lekker geëet,

Nou is my nuus op en ek groet julle.  Hê 'n wonderlike aand verder

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment