Friday 10 October 2014

Hi julle almal

Vandag was maar 'n stil dag hier by ons.  Ek en Elfi het vanoggend nie veel gedoen nie.

Vanmiddag het Renate Junior Stadsraad vergadering gehad van 3 tot4.30 en ek en Elfi het 'n fliek begin kyk.  Maar daar was so baie onderbrekings, ons het nog nie klaar gekyk nie.  Voor Renate vergadering toe is, moes sy eers brownies bak vir haar hokkieafskeid vanaand. Dit moes omtrent 30 wees.  Sy het die eerste baksel self gedoen, maar toe is die tyd te kort vir haar om nog 'n baksel te maak.  Toe sy weg is het ek en Elfi gou die 2de baksel gemaak.  Hulle het dit gesny net voor sy weg is na die partytjie toe.  Ek hoop altyd net ek kry my Tupperbakke terug.

Net toe ek en Elfi wil verder kyk na ons fliek, toe kom Theo hier aan.  Hy het dit nogal reggekry om vir 'n slag vroeg van die spreekkamer af te kom.  Seker oor hy geen hospitaal besoeke hoef te gedoen het nie.  Hy het nie nou pasiënte in die hospitaal nie.  Toe't hy eers vir ons lekker koffie en tee gemaak en nou het hy en Elfi vir ons gaan pizzas koop by Debonairs.  Gelukkig wag mens daar nie te lank nie en sal hulle seker nou-nou terug wees.  Dit gee my gou kans om met julle te gesels.

Renate sal seker baie laat wees vanaand, want hulle neem ook afskeid van die matrieks wat hierdie jaar in die span was.  Hulle gaan blykbaar van huis tot huis gaan om van hulle afskeid te neem en by elke huis gaan 'n ander dis bedien word.

Die pizzas is hier, dus gaan ek julle groet

Lekker aand verder
Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment