Friday 17 October 2014

Liewe Vriende

Ek het 'n besonder goeie dag beleef. My Bi-polêre toestand begin so stadigaan stabiliseer,en ek is so dankbaar daaroor.  Om weer net 'n normale lewe te kan hê sonder al die op en dag dae. Ek het hierdie hele week nie een af-dag gehad nie.  Dit wys dat die pille regtig nou inskop en hulle werk begin doen.

Vanoggend het ek en Elfi na die sluitings argumente van Barry Roux en Gerrrie Nel geluister, en watter groot verskil lê tussen daardie argumente.Die een vir tronkstraf en die ander een daarteen.  Persoonlik dink ek Regter Masipa gaan hom nie tronk toe stuur nie, anders sou sy hom skuldig aan moord bevind het, selfs al het sy gesê dat hy 'n leuenagtige getuie was.  En of die tronke hom regtig sal kan hanteer is 'n ander saak.  Dit is niks om te luister hoe goed die tronke ingerig is vir mense met gebreke nie, maar ons almal weet hoe dit in die tronke gaan, selfs met mense sonder gebreke.

Vanmiddag is ek gou dorp toe om 'n paar goed te gaan kry en toe by die tuisnywerheid omgegaan om vir Renate 'n koek te koop.  Al wat hul oorgehad het was 'n wortelkoek.  Gelukkig is sy baie lief daarvoor.  As sy moet leer, soos nou, vir toetse of eksamens, het sy 'n vreeslike eetlus en 'n soettand.  Sy vra elke dag of hier nie iets soets in die huis is nie.  Ek moet einlik winkel toe gaan en 'n sakkie lekkergoed koop, sodat ek vir haar kan gee as sy vra.

O ja, hulle het mos nou die dag Wiskunde Olimpiade in Winhoek gaan skryf.  Sy het algeheel 4de gekom in Namibië in die individuele afdeling.  Ons is baie trots op haar.  Sy is natuurlik vies vir haarself want sy het by twee somme 'n stap uitgelos wat haar 'n 2e plek sou besorg het.  Maar so leer mens en volgende jaar is daar nog een.  Dan sal sy die vraestel deegliker nagaan nadat sy geskryf het.  Maar om tussen 'n klomp matrieks 4de te kom terwyl jy nog in gr 10 is, is vir my goed genoeg.

Julle moet verder 'n lekker aand hê

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment