Saturday 25 October 2014



Liewe Vriende
Hier is groot fout op hierdie blog webblad.  Van my blogs is weg , al is ek seker ek het dit gepost en dit was op.  Ek het self daarna gekyk en toe was dit daar.

Vanoggend het ek so op die Saterdagoggend bietjie laat gelê.  Theo en Elfi is weer winkel toe en toe hulle terugkom het hulle bestanddele vir 'n lekker groot ontbyt gekoop.  Hulle het daarmee vir ons die lekkerste brunch gemaak.  Daarna was ons maar lui.  Ek het e-posse oopgemaak en geantwoord wat ek moes terwyl die ander tv gekyk het.  Programme wat hul opgeneem het.  Die PVR is amper vol en ons sal die goed moet begin kyk om hom leër te maak.  Net Renate het heeldag Afr en Wiskoefeninge gedoen.  Sy moet nou nog 'n Engelse Essay van 1000 woorde oor sonette skryf.

My seun het vanoggend aan 'n novice toernooi by sy Karateklub deelgeneem en 'n silwer medalje gekry.  Ons is so trots op hom want hy het hierdie soort karate, Kyokushin, eers hierdie jaar begin doen.  Daar is feitlik geen reëls  nie en hulle slaan mekaar pers en blou.  Dit hang net af wie die eerste hou inkry.

Ek is bly die WP het die Curriebeker gewen alhoewel ek hier teen die einde begin twyfel het of hulle dit gaan regkry.  Die Lions het sterk teruggeveg.  Gelukkig kon hulle darem die wa deur die drif trek.

Ek hoop julle het 'n lekker aand verder

Groete
Theresa

No comments:

Post a Comment