Sunday 12 October 2014

Hallo Almal

Dis nog steeds naweek en die nuus is maar skraal.  Gelukkig het ons 'n mooi sonskyndag gehad en kon on bietjie buite sit.  Maar daar is tog altyd 'n windjie wat waai.

Ek het 'n koerantartikel vir ons plaaslike koerant geskryf oor die karate wat verlede naweek was.  Iets wat ek die hele week uitgestel het oor die klomp name wat ek moes oortik met hulle uitslae by.  Maar nou is dit gedoen.  Ek wag nou net vir die ajmptelike fotograaf om my van die foto's te voorsien, dan kan ek die artikel klaarmaak en by die koerant se kantore kry.

Theo (seun) was die naweek by sy matriekreunie en hy sms dat hy dit baie geniet het.  Hy het by een van sy vriende geslaap.  Ek wonder of hulle so stout was as toe hulle op skool was.  Mens sal nooit weet nie.  Hy was 'n uur gelede op Worcester, dus nie meer ver van die huis af nie. Ek is net dankbaar dat hy dit geniet het, want dis 'n lang pad om Uniondale toe te ry en dit dan nie te geniet nie.

Verder was ons maar rustig, tv gekyk, gelees, gelê en so aan.

Hopelik het ek more meer nuus.  Julle moet 'n lekker aand hê,

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment