Wednesday 1 October 2014

Hallo Almal

Dit lyk asof die wind hier by ons nooit gaan ophou waai nie.  Dis al weer net sand waar jy  kyk.
Ek raak nou moeg vir die waaiery, want die interlocks en die huis se mure moet elke dag gevee word om van die mica ontslae te raak,  anders begin die mica dit opvreet.  Ons moet ook gereeld die huis afspuit om dit te voorkom.  Hopelik is die wind volgende week klaar en dan kan ons weer spuit.  Maar soos dinge werk, waai die wind die volgende dag weer.

Elfi het gister gaan kruideniersware koop, en vandag is die hoender vrot en dis nog ver van die vervaldatum af  Behoort die winkels nie self te kyk of  die produkte nog vars is nie.  Ek wou gaan kla met die hoender in die hand, maar nou kry Elfi nie die strokie nie, en sonder dit kan ek niks doen nie.  Ek dink eintlik sy weet waar is die strokie, maar is bang ek maak 'n scene.  Dis nie die eerste keer wat ons slegte vleis by die winkel kry nie.  En dis nogal 'n Spar.  Hulle adverteer wyd en syd hulle produkte as vars, maar die vleis word binne 'n dag sleg, jy koop meel met miet in, die melk is af, ens.  Hulle is altyd bereid om dit om te ruil  maar nou moet jy dubbeld ry om die goed te gaan omruil.  Ek wil graag eenkeer ry en dan moet alles reg wees.  Ek kannie onthou wanneer laas ek daar iets gekoop het waarvan iets nie reg was nie of hul iets nie in die sakke gepak het nie.  Ek dink die diens in die winkels is so sleg oor daar nie genoeg mense is wat kla nie.  Shoprite en Pick'n Pay hier is ook nie veel beter nie.  Spar is by verre die beste en dit sê absoluut niks

Renate het nou net teruggekom van 'n Junior City Council vergadering af en is baie in haar skik oor sy minutes gekry het.  Sy het glad nie geweet hoe 'n vergadering werk nie.  So leer mens elke dag.  Sy is maar nog kort op die komitee en het al so baie geleer.  Dis 'n voorreg om daarop te wees.  In ons tyd was daar nie sulke goed nie.  Ons het darem grootgeword sonder te veel skade, sou ek sê al was dit sonder al die grênd goed wat ons kinders deesdae doen.  Ek weet niet nie of ek op skool weer sou goed gedoen het nie.  Jinne die kinders se werk is deesdae moeilik.  Van die wiskunde en Skeinat wat hulle nou in gr 10 doen het ons eers in Matriek gedoen en dis met baie van die ander vakke ook so.

Elfi het nou gery om ander hoender te gaan koop want sy wil opsluit vanaand hoender maak, ek hoop nie sy kry nou die ander helfte van die slegte hoender nie.  So tussendeur al die ryery is ons besig om 'n fliek op TV te kyk oor 'n seuntjie wat nie oor sy pa se dood kan kom wat in die 11/9 tragedie omgekom het nie.  Nou het hy 'n sleutel in sy pa se kas gevind en hy is nou op 'n missie om die ding wat deur daardie sleutel oopgesluit is te soek.  Dis nou hoe ver ons al gekyk het.

Julle moet mooi bly tot more
Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment