Thursday 16 October 2014

 Renate en MC Engelbrecht, Walvisbaai Privaat Hoërskool se nuwe verteenwoordigers op die Junior Stadsraad
 Renate ontvang haar balkie van een van die senior lede
 Kyk hoe ingenome is Renate met haarself

 :Luister ernstig na die spreker



 Walvisbaai Privaat Hoërskool se verteenwoordigers op die Raad
Saam met die nuutverkose Junior Burgermeester

:Liewe Vriende

Vanaand werk ek agterstevoor om. Ek het eers die foto's geplaas, want dit vat so lank om om te laai.  Ek het dit gedoen terwyl ek Biinnelanders gekyk het en ek kon die rekenaar neet los tot al die foto's op was.

Hier was dit weer 'n winderige dag met stof.  Ek wonder of dit ooit gaan ophou.  Dit voel vir my asof dit langer aanhou as verlede jaar, maar ek verbeel my seker.  Lyk my Bloemfontein en die Vrystaat het vandag ook lelik onder 'n groot sandstorm gely.  Dit gee julle 'n idee van hoe dit hier lyik as die wind strormsterkte waai.

Dit blyk tog of hul Oscar in 'n tronk sal kan akkommodeer.  Gister se maatskaplike werker het nie haar huiswerk gedoen nie.  Ons sal maar moet wag vir more se argumente en Dinsdag se vonnisoplegging.

Ek het vanmiddag by my vriendin, Hannelore, gaan Boggle speel, maar dis glad nie so maklik nie.  Ek het 'n effense hoofpyn gehad en ek het gesukkel om die woorde raak te sien

Jack, Renate se Cavalier King Charles hond, was ook vandag weer by die veearts.  Hy het die laaste 2 maande so maer geraak, hy is net vel en been.  Maar hy lyk nie siek nie, hy is nog sterk en stout en spring op al wat 'n bank is.  Hy is gediagnoseer met 'n klein lewer en met pankreas moelikheid.  Hy moet ook spesiale Hills hondekos wat gemaak is vir honde met lewerprobleme.  Hy moes vanoggend agterbly by die veearts se spreekkamer sodat hulle in Swakopmund die toetse op hom kon doen.  Vyf uur kon ons hom weer kry.  Hy is heel in sy skik noudat hy weer by die huis is.  Die veearts is darem positief dat ons iets vir hom sal kan doen.  Hy moet nou 3 keer op 'n dag kos kry sodat hy gewig kan optel.

Ek het nou nie nog nuus nie, dus groet ek julle

Lekker slaap
Theresa

No comments:

Post a Comment