Liewe Vriende
Vandag was weer 'n mooiweersdag sonder 'n wolkie in die lug.
Ons het almal laterig opgestaan behalwe Minos. Kwart oor ses is sy slapenstyd verby en dan wil hy eet en speel. Ek het opgestaan en vir hom pap gaan gee (hy eet Wheat Bix) en daarna teruggeklim in die bed en sy speelgoed langs die bed gesit dat hy kan speel. Ek het gou weer aan die slaap geraak en eers weer teen 9 uur wakker geword. Dis ook min of meer die tyd wat die kinders opgestaan het.
Verder het ons nie veel gedoen vandag nie. Ons het die sepies gekyk wat ons die week gemis het en Vallei van sluiers. Daarna of gedurende dit het Inge aan die slaap geraak, want sy het naar en nie lekker gevoel nie. Hoop nie sy het 'n kiem opgedoen nie, want ons wil graag oor die naweek gaan piekniek hou en iewers heen ry. Ons het nog nie besluit waarheen nie.
Minos is 'n baie mooi hondjie en hy vorder elke dag. Mens kan dit sien. Hy spring nou al maklik van die stoel af en speel baie lekker met Inge se hondjie. Maar hy het nog nie maats gemaak met ons huisdiere nie. Ek dink dit sal kom as die groot kinders en hul diere weer teruggaan Kaap toe. Hy was vir 'n maand by hulle voor hulle hom hierheen kon bring en hy het natuurlik aan hulle diere gewoond geraak. Maar ek dink darem dis nie 'n probleem nie, hy sal gou genoeg met ons diere ook maats maak.
Ek hoop julle het 'n baie lekker Oujaarsaand en 'n geseende 2015. Mag die nuwe jaar vir jul als wat mooi en goed is inhou: Vrede, vreugde, geluk, gesondheid, tonne vol liefde en emmers vol lag.
Groetnis
Theresa
Wednesday, 31 December 2014
Tuesday, 30 December 2014
Liewe Vriende
Vanoggend het ons vroeg opgestaan, die honde kos gegee en op Swakopmund by die Wimpy gaan eet. Dit was baie lekker vir my saam met die 4 kinders. Daarna wou Renate gaan Go-carts ry net buite Swakopmund en ons toe soontoe. Niemand behalwe Boetnjie wou saam met haar ry nie en hulle 2 het maar die 10 rondes aangepak. Die uitdruk van die wedren uitslae het nogal gewys dat Renate die beste rondte tyd gehad het, maar ek is seker Boetie het nie alles ingesit om haar te wen nie. Sy was hoog trots daarop dat sy 'n vinniger rondte as hy gehad het.
Daarna is ons petshop toe om vir die nuwe Minos 'n paar speelgoed te koop.
Hier is 'n paar van die foto's van vandag

Boetie
Renate en Boetie
Renate
Boetie en Renate
Renate op pad
Theo op pad
Renate na die tyd met die helm nog op
Dis dan al vir vandag
Groetnis
Theresa
Sunday, 28 December 2014
Liew Vriende
Dis die laaste dag van die langnaweek en meeste mense moet more weer werk. Dan is daar die gelukkiges wat nog op vakansie is. Geniet dit gate uit. Theo werk ook more weer. Dis dan een van die tye wat ek dankbaar is ek het nie 'n voltydse werk nie. Ek ag myself baie gelukkig.
Gister het ons weer rustig deurgebring by die huis en die kinders het vir ons lekker kos gemaak.
Die weer is die laaste tyd so mooi dat mens nie kan glo dat die stof ooit so gewaai het nie. Ek dink die mense op die strand geniet die lekker warm weer. Die strand is tjok en blok vol. Dit lyk asof daar nie 'n plek vir 'n muis is nie.
'n Baie goeie vriendin van my van Uniondale is die naweek oorlede. Ek is baie hartseer daaroor. Ons gesin was nogal heel geheg aan mekaar en het graag oor en weer gekuier. Sy was ook die leidster van ons Engelse leeskring. Sy was voorheen 'n prof by Wits, voor sy op Uniondale kom aftree het. Sy was 'n besondere mens wat graag ander gehelp het. Ons gaan haar baie mis. Sy laat net 1 dogter na.
Ek het vandag nie so baie nuus nie, dus groet ek maar

Friday, 26 December 2014
Thursday, 25 December 2014
Liewe Almal
Geseende Kersfees vir 'n ieder en 'n elkeen. Mag julle Sy vreugde, vrede en liefde ervaar op hierdie dag en al die dae wat volg.
Ons was maar rustig as gesin saam vandag. Boetie en Sussie moes kyk na Renate se karatefoto's van Italie en dit het ons die hele middag besig gehou. Ons het dit sommer op die TV gekyk. Vanoggend het ons Kersliedere op Kyknet geluister. Daar was 'n mooi program op met al die bekende Kerswysies.
Boetie is nou besig om vir ons 'n skaapboud gaar te maak vir aandete, saam met pampoen, wortels en rys. Dis nou amper klaar en sal ons dus nie meer lank te wag voor ons eet nie. Die hongerte begin al knaag.
Ek hoop julle het ook 'n lekker Kersdag gehad wat julle ook al gedoen het. Geniet die res van die dag verder. Moreoggend kan ons almal laat le.
Weereens Geseende Kersfees
Groete

Wednesday, 24 December 2014
Liewe Vriende
Vandag was ' n heerlike sonskyndag. Net reg om by die see rond te le. Maat ons het nie see toe gegaan nie, want Theo het vanoggend nog gewerk. Hy het etenstyd gesluit vir die Kersgety. Verder moes ons nog 'n paar goed by die supermark kry wat ons voorheen glad nie in die hande kon kry nie, en raai wat, dit was weer tevergeefs.
Ons het Wortelkoek vir middagete geeet en daarna Pictionary gespeel en heerlik gelag vir almal se tekenkuns, of gebrek daaraan. Iewers het ons nog op kanaal 198 Die Wonderwerker oor Eugene Marais ook gekyk.
Boetie het my sopas gehelp om foto's van die nuwe hondjie van hul fone op my rekenaar te laai en ons het my Kindle geupdate
Die hondjie het 'n nuwe naam. Hy is nie meer Dobby nie, maar Minos. Dit pas vir my mooier by hom en dit is ook vir my 'n mooier naam.
Boetie en Renate is besig om Bobotie en geelrys vir aandete te maak. Moet se die geure wat van die kombuis hier inwarrel ruik nogal lekker
Na ete sal ons die Kersgeskenke oopmaak en 'n paar Kersliedere sing. Ons maak altyd op ou Kersaand geskenke oop. Dis seker my Duitse Agtergrond
Ek wil vir julle 'n Geseende Kersfees toewens vol vrede en vreugde en mag julle mekaar geniet.

Tuesday, 23 December 2014
Liewe Vriende
Vandag is 'n heerlike dag vir my. My groot kinders het van die Kaap giestermiddag omtrent om 6 uur hier aangekom met 'n pragtige Dachshund (worshondjie) wat Theo vir my vir Kersfees gekoop het. Hulle het dit so in die geheim gedoen dat ek nie eerns 'n vermoede gehad het nie. Die hondjie het al 'n maand by die kinders gebly voor hul hom nou kon saambring. Hy word die 28ste Desember 3 maande oud. Hy is swart met bruin merke aan die onderkant en op sy gesiggie en dis 'n langhaarworsie. Hy sal dus elke dag geborsel moet word. Hulle haartjies maak vreeslik kroesies wat saampak en dan moet mens die hele stuk uitknip om hom weg te kry. Ek is uit my vel uit bly oor die hondjie. Ek het een gehad wat 21 jaar oud geword het en wat aan die begin van die jaar dood is aan ouderdom. Al haar organe het ingegee.
Verder het nie een van ons vanoggen laat geslaap nie - want dis mos my dag wat ek nie bediendes kry nie. Want Dobby (vernoem na 'n kaboutertjie in Harry Potter) het ons al vroeg wakker gemaak vir sy toiletbreek en wou daarna nie weer stil le nie en het die hele tyd gehuil as jy hom op die bed sit en ook as jy hom op die grond neersit. Ek het toe maar opgestaan sodat hy kan speel en kort daarna het die ander 4 ook slaperig aan die gang gekom
Ek kan nie glo dis al amper Kersfees nie. Nog 1 en 'n halwe dag. Ek hoop van harte ons het 'n mooi Kersfees hierdie jaar. Ek weet nog nie wat ons gaan doen nie. Sal maar Vrydag besluit of of gaan kook of vleisbraai. Ons het nie ander familie of vriende wat kom nie. Hierdie jaar is dit net ons 6.
Ek hoop julle laaste kersfees voorbereiding verloop goed

Subscribe to:
Posts (Atom)