Hi liewe vriende
VAndag was dit koeler as verlede week. Dit was heerlik om buite in die tuin te werk.
Ons was vanaand na Renate se Shotokan Karate prysuitdeling wat by die dojo plaasgevind het. Renate het baie goed gevaar. Hulle het mos verlede Donderdagaand gradering gehad en die uitslae is eers vandag gegee. Renate het gespring van 'n Pers Belt tot 'n Bruin Belt. Sy het rooi heeltemal geskip. En asof dit nie goed genoeg was nie, wen sy toe die trofee vir die beste Senior Vrou in die dojo vir 2014.
Ons is baie trots op haar. Ek sal more foto's opsit.
Verder het ons maar weer niks gedoen nie, Dit sal seker 'n tydjie vat om in te sak dat ons nou met vakansie is en dan weer goed te begin doen. Maar vir eers is dit lekker om niks te doen nie.
Ek gaaan nou TV kyk en dan gaan slaap. Ek is nogal moeg vanaand.
Lekker slaap
Theresa
Monday, 24 November 2014
Sunday, 23 November 2014
Hi
Vandag was maar weer 'n stil dag hier by ons. Na kerk het ons hamburgers met hoenderschnitzels gemaak en toe 4 episodes van Seisoen 11 se Gray's Anatomy gekyk.
Toe word dit tyd vir Renate om aan te trek vir die musiekkonsert oefening en om haar te gaan aflaai by die leidster se kerk. En nou terwyl ek skryf, kom Renate net terug. Sy se dit was baie lekker, maar dis net met onderwysers wat sy speel. Sy se dis bietjie intimiderend, maar dis glo al die onderwysers waarvan sy hou.
Ek en Renate het altwee vir die ATKV Pluimpies ingeskryf en ek het dit vanmiddag gedruk, in koeverte gesit en dit reggemaak om te courier. Die sluitingsdatum is die 30ste Nov. Renate het onder skrywers ingeskryf en ek in die verslaggewing afdeling.
Verder gaan ons vanaand seker weer eet en daarna nog 'n episode of 2 van Grays Anatomy kyk. Ons is almal verslaaf daarvan.
Lekker aand vir julle
Groetnis

Saturday, 22 November 2014
Hallo vriende
Ek het gister nie geskryf nie, want daar was nie veel om te vertel nie, behalwe dat die skool gesluit het vir 'n lekker lang vakansie en dat almal in ons huis bly is dis vakansie. Die hele huis het in vakansie-mode verander
Renate het met haar voeltjie gespeel, diie TV kon harder gestel word en die kinders het reeds soos wolwe begin eet. Ek moet se, die vakansie kon nie later begin het nie, dan was ons almal nou mal. Renate is klaar baie meer ontspanne. Sy het nog net 'n musiekkonsert oor vir die kerk waarby sy blokfluit moet speel en sy moet daardie stukke oefen. Maar sy is redelik goed met die blokfluit, dus neem dit haar nie einltik lank om hulle te ken nie. Moreaand het hulle hul eerste oefening van almal saam.
Vandag het ons ook nie veel gedoen nie. Theo en Elfi was winkel toe om 'n paar goed vir die naweek te kry en toe hulle terugkom het hulle net voor die TV onspan. Renate ook. Ek het gelees en so nou en dan TV gekyk. Ek lees nou 'n regte boek en nie met die Kindle nie, en ek moet se ek het so gewoond geraak aan die kindle dat ek sukkel om die boek met gewone daglig te lees. Ek moet die lig in die vertrek aansit om te kan lees, waar ek met die Kindle dit nie hoef te doen nie, want sy leesoppervlakte is reeds verlig.
Ons het vanmiddag se rugby, Die Springbokke teen Italie gekyk, en was nie besonder beindruk nie. Ek het gedink die Bokke sou baie beter speel as wat hulle het. Italie was net ongelukkig dat hulle nie ook doele gekry het nie.
Nou gaan ek saam met die familie TV kyk. Ons het klaar geeet. Eiers en brood met wors. Niemand was lus vir iets anders in hierdie hitte nie. Dit was toe nie die 15 grade wat hul voorspel het nie.
Julle moet 'n lekker aand he

Thursday, 20 November 2014
Hallo Almal
Vandag was weer vreeslik warm, al het dit vanoggend vroeg gevoel of dit gaan afkoel. Die weervoorspelling se darem ons sal more 19 grade wees en teen Saterdag 15 grade. Ek hoop hulle is reg. Die hitte begin ons nou onderkry.
Vandag kon ek weer nie in die tuin werk nie, want alles verlep ook wat jy plant in die hitte. Ek het maar weer vir Renate gehelp met haar Afrikaans wat sy more skryf en ons was teen so 11 uur klaar. Toe het sy gerus en nou is sy by die karate vir haar gradering. Sy is baie op haar senuwees, want weens die eksamen kon sy vir 3 weke nie die klasse gereeld bywoon nie, maar ek vertrou dat dit goed sal gaan.
Verder het ek gelees en voor die waaier gesit. Niks opwindends nie. Die middag was rustig met die 2 kinders wat gele en lees het ook.
Vanaand sal ons seker weer TV kyk en Theo sal werk aan ons Permanente verblyfregvorms. Ons moet volgende week almal gaan vir X-strale en mediese ondersoeke. Iets waarvoor ek min lus het, maar moet gedoen word vir die aansoek. Ons wil juis so vinnig as moontlik die vorms inhandig, want die Raad vir permanente verblyfreg sit in Januarie of Februarie en omdat ons al 10 jaar in Namibie bly, behoort hul nie ons aansoek af te keur nie.
Julle moet 'n lekker aand he verder

Wednesday, 19 November 2014
Hi
By ons was dit vanoggend weer ondraaglik warm. Teen middagtyd het ons darem wolke gehad waaragter die son kon wegkruip, nie dat dit die hitte minder gemaak het nie.
VAndag het ons net geleer. Renate het haar oefeninge en ander Afrikaans vir my gebring om haar te vra en te merk wat sy nie ken nie. Dit het ons nogal lank geneem om dit te doen, maar dis nou klaar en volgens my ken sy haar werk baie goed. Daar was maar min verkeerdmerkies wat ek moes maak. Die sal sy nou vanaand deurgaan en more weer al haar werk. Ek dink sy is goed voorberei vir Vrydag se eksamen. Sy het moreaand nog 'n karate gradering ook, sy sal dus vroeg moet klaarmaak want hulle moet al 5 uur daar wees en daarna sal sy nie tyd he om te leer nie en dalk ook baie moeg wees.
Daarna het ons Vallei van die Sluiers gekyk wat ons opgeneem het en netnou gaan ek Villa Rosa en Binnelanders kyk en daarna Kwela. Dan gaan ek slaap.
Julle moet ook 'n lekker aand he en lekker slaap

Tuesday, 18 November 2014
Hi Almal
Dit is ' n vrekwarm dag hier by ons. Dit voel selfs of die lugversorgers in die huis niks help nie. Ek het tot my tuinman huistoe gestuur oor die hitte nadat hy darem die plante natgemaak het.
Dinsdae is ek mos bediendeloos en dan doen ons nie veel behalwe tee drink en eet nie. Elfi is juis nou besig om kos vir aandete te maak. Ek het vanoggend gelees en vanmiddag vir Renate al haar oefeninge gevra en gehelp om ander goed ook tee leer. Mens kan net vir haar voorlees, dan onthou sy dit.
Vanaand sal ons seker TV kyk en vroeg gaan slaap. Of liewer ek sal want ek het gisternag weer sleg geslaap. Nie meer as 4 ure nie.
Ek heg vandag 'n opstel wat Renate vir die vorige eksamen geskryf het aan. Hoop julle geniet dit!

Vis of vlees
Bedonnerd
Beneuk
Bemoerd
Altyd vies sonder om te weet vir wie of wat. Ek pas nêrens in
nie.
Ek is nog vis nog vlees.
My ma sê as jy nog vis nog vlees is, is jy in jou tienderjare. Jy pas nie meer by die kinders in nie, maar
jy is ook nog nie 'n grootmens nie. Mens
is so tussenin.
My lewe bestaan min of meer in 'n skooltas.
Boeke, handboeke, potlode, penne, liniaal,
wiskundestel.
Ek is vry, maar hoekom voel ek partykeer so ingehok soos 'n voël
in 'n traliehok, met nêrens om heen te gaan nie.
Dit is ek? Moeilik. Ongehoorsaam. Foutvinderig. Soms voel ek nodeloos. Niks is ooit na my sin nie. Niks wat ek doen
of sê is ook ooit na iemand anders se
sin nie.
Ek is 'n tiener. Verlore
in hierdie wêreld vol rede en reëls.
Ek wil uit die boks lewe.
Nie toegekram in 'n klein vierkantige boksie nie.
Ek is die reën, die donderslag, die blits. Ek is 'n spoelsteen in 'n groot maalstroom
van kind- en tienerwees, Glad geskaaf en
gevorm en steeds weet ek nie wie of wat
ek regtig is nie.
Ek is somer. Ek is lente. Meestal huppel die dag met 'n groot rooi
glimlag oor my siel, en spring met rooi tekkies reg dwarsoor die maan. Ek is winter en herfs, droë, oranje populierblare
wasgewaai teen die ogiesdraadheiding.
Ek het 'n i-Pod, 'n Playstation, 'n Wii en 'n selfoon. Ek Mix-it, sms, Facebook en Whatsapp. Ek het
pëlle.
Ek is 'n lappieskombers, 'n hutspot, 'n kaleidoskoop van kleur.
Groenpers droefnis en vlamgeel blydskap wat baklei teen mekaar.
El is 'n gevangene. Grootmens vasgevang in 'n kind se liggaam.
Ek is 'n eiland omring met mense.
Ek is Renate.
Ek is sestien jaar oud.
Ek is in graad 10.
Ek is mens.
Ek is alles en niks.
Ek is ek.
Woorde 315
Monday, 17 November 2014
Hallo
Vandag het nogal 'n besige dag uitgedraai.
Ek moes vroegerig lughawe toe gaan om 'n vriendin van my af te haal. Sy het van die Kaap af gevlieg, nadat sy met die MSC Opera op 'n vierdag reis was vanaf Durban tot in Kaapstad. Dit klink hemels. Sy en 'n vriendin het dit saam gedoen. Ek wil dit ook nog eendag doen. Dit kan mos soos tweede honeymoon wees. Mens moet seker net oppas dat jy nie te oud raak voor jy dit doen nie, anders sal mens dit nie so baie geniet nie. En dit moet vir 'n spesiale geleentheid wees soos 'n goue of silwer bruilof wees. Ons is nou al 33 jaar getroud, nou wonder ek wat noem mens die 35ste jaar. Om vir 40 te wag is te lank vir my,
Toe ons by haar huis kom, het ons nog heerlik tee gedrink en gesels. Sy is so opgewonde oor alles en sy se sy het elke oomlik van dit geniet. Sy wou vir my iets wys en daar kry ons nie haar tas oop nie. Sy het die sleutelslot se kombinasie vergeet. Miskien onthou sy dit gou, maar anders sal sy maar die slot moet afsaag. Ek vergeet ook so my kombinasies en pinnommers. Nou maak ek hulle almal dieselfde. My kaaarte het een nommer en alles op die internet het ook dieselfde naam en password. Want as ek dit nie neerskryf nie, weet ek, ek gaan dit nie onthou nie.
Renate het darem vandag gese dat sy nie te sleg Accounting geskryf het nie. Alles wat moes ballanseer het. Ek is nou bly dis agter die rug. Nou bly net Afrikaanse Taalleer oor vir Vrydag. Maar dis 'n hengse hoop werk om te leer en vir 'n kind wat in Engels skoolgaan en meestal Engelse maats het, is dit nogal moeillik. Sy praat amper net Afrikaans by die huis. Maar ons sal hierdeur ook kom.
Vanoggend was dit 'n mooi dag, maar toe ek van Hannelore se huis af terugry na ons huis toe, toe waai die sand weer van die duine se kant af. Ai, ek wens dit wil nou ophou, want ek wil plant en solank die wind waai, is dit nie die moeite werd nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)