Hallo Julle
My hand voel soveel beter dat ek al kan probeer tik, al gaan dit hoe stadig. Daar is nog 'n lit of 2 wat nog nie beter is nie, maar oor die algemeen gaan dit beter.
Ek het vandag die boks met kersversierings uitgehaal. Hopelik sal ons darem die boom more versier.
Hulle het vandag 'n vakansiedag. Lekker. Ons het ook verlede week een gehad maar ek weet nie wat sy naam was nie - in elk geval onuitspreekbaar en onskryflik.
Ons ou nog lekker vakansie en ek lees nog al die pad. Vandag was lekker stil want hier was nie 'n huishulp nie. Renate speel PLAYSTATION, want sy moet sokker oefen sodat sy vir Boetjie kan wen.
Die oudstes ry nou Sondag van die Kaap af hiernatoe. Dan is hulle so 2/3 uur se kant hier die 22ste as hul op Keetmanshoop oorslaap. Ek kan nie meer wag nie. Die tyd raak nou kort. Dit was 'n lang jaar asn mens hul nooit sien nie.
Julle moet lekker vakansiedag hou verder
Groetnis
Theresa
Tuesday, 16 December 2014
Friday, 12 December 2014
Liewe vriende
Ek het die laaste paar dae nie geskryf nie omdat hier nie iets noemenswaardig gebeur het nie. Ons het maar rond gele en tv gekyk en gelees, dis eintlik nog steeds so. Ons geniet die vakansie gate uit.
Gister het ek die yskas uitgepak en skoon gemaak en van al die ou goed ontslae geraak. Dis een ding voor kersfees afgemerk. Vandag wou ek die kersboom opslaan, maar ek het eers my hare gaan sny en daar so geval dat my hele linkerhand nou verstuit is. Ek het eers gedink dis gebreek, maar Theo se dis net verstuit. Alhoewel ek moet se my vingers voel of hulle almal verstuit is. Hopelik word dit gou beter.
Vanoggend half 9 is Renate al uit die huis uit om 'n tafel in Probst te gaan versier vir 'n maaitjie se verjaarsdag. Sy't vandag verjaar en hulle wou vir haar 'n verassingspartytjie reel. Dit klink of hulle dit baie geniet het.
Verder het ek nie nog nuus nie en sal weer skryf sodra daar iets is om te vertel.

Saturday, 6 December 2014
Liewe Vriende
Vandag het ek regtig geen nuus nie. Ons het almal laat gele vanoggend en lui teen 10 uur se kant gaan stort en aantrek.
Daarna het ons 'n paar episodes van Masterchef SA gekyk tot nou. Tussendeur het ons hamburgers geeet, wat nogal baie lekker was.
Theo het ook so 'n rukkie geslaap, want die afgelope week was weer erg met baie na-uurse roepe. Gelukkig is hy nie die naweek aan diens nie en kan dus lekker rus, maar volgende naweek is dit weer sy naweek wat hy vir die hospitaal werk, en dis baie nagroepe.
Ek sien vreeslik uit na my groot kinders se kuier. Ek wil hierdie week die kersboom opslaan en kyk of daar dalk 'n tydjie is om Lebkuchen, 'n Duitse koekie, te bak. My seun is mal daaroor. Mens kry die speserye vir dit nie maklik in die hande nie, maar 'n Duitse Vriendin van my in Duitsland het vir my daarvan aangestuur. Dit proe soos 'n gemmerkoekie, net met baie meer speserye in en dis sag.
Julle moet 'n lekker aand he verder
Goedheid en Guns

Friday, 5 December 2014
Liewe Vrinne
Ek het nie gisteraand geskryf nie, want ons het eers half elf van ons ete af gekom, en toe is ek te moeg.
Ek, Hannelore en Lola het heerlik gekuier en land en sand aanmekaar gesels. Toe ons sien is dit al so laat. Dit was voorwaar 'n lekker kuier met ou vriende. Ons het besluit ons gaan dit nou meermale doen sodra Lola van London terugkeer. Sy gaan vir haar seun kuier en ook haar kleindogter. Op die foto's lyk dit soos die oulikste ou dingetjie. Ons sal seker nog meer foto's moet kyk as sy terugkom.
Vanoggend het ek, Elfi en Renate ons laaste kersinkopies gaan doen en kersfeespapier gekoop. Nou kry jy my nie gou weer in die middeldorp nie. Dis net mense en taksi's waar jy kyk en van parkeerplek is daar nie sprake nie. Maaar gelukkig is ons geskenke gekoop en sommer vanoggend toegedraai ook.
Dis vandag 'n jaar terug wat Hannelore se man oorlede is en ek het haar gaan haal om saam met my koffie te gaan drink. Net dat sy nie so alleen die hele middag sit nie. Ons was tot 4 uur weg, waarna sy 'n ent gaan stap het en vanaand kom haar ander vriendinne met wyn en eetgoed kuier. So sal hierdie hartseerdag vir haar ook verbygaan.
Dis vanaand pizza-aand hier by ons en Theo en Elfi het gou gery om vir ons pizza's te gaan kry.
Mag julle almal 'n lekker aan verder he

Wednesday, 3 December 2014
Hallo Vriende
Vandag was 'n heerlike dag met net genoeg wolke om die son 'n bietjie te verdof.
Ek en Hannelore het vroeg iets by Probst gaan een vir ontbyt en toe ander besigheid gedoen. Sy soek
'n telefoonboek en kan jy glo, in die hele Walvisbaai se poskantoor en Telecom is daar nie een te vinde nie. Dis blykbaar weggesluit in 'n stoor. Ek wonder of hulle die sleutel verloor het? Maar sy sit nog steeds sonder 'n telefoonboek.
Verder het ons gou by die plaaslike koerant se kantore gister se koerant gaan koop want daar was 'n foto van Renate in en gister het ek die koerant misgeloop by die verkeersligte. Ek dink ek was te laat. Hier is deesdae soveel mense dat as jy nie vroeg spring nie, is jy dit kwyt. Dit werk in die winkels ook so. Hulle pak elke dag voorraad uit, maar as jy middagtyd daar kom is die rakke leeg.Ek dink ons het nog 'n Spar of Pick 'n Pay nodig. Die winkels wat ons hier het, kan nie meer aan die inwoners se behoeftes voorsien nie. Dis uiters ongemaklik. Jy moet letterlik al 8 uur in die winkel wees en dan is die brood en broodrolletjies nog nie klaar gebak nie en moet jy later nog 'n keer gaan.
More gaan ek en Hannelore met ons Spaanse vriendin uiteet by een van die beste restaurante op die dorp. Ek sien baie daarna uit. Sy was nou vir 2 maande in Spanje en het seker baie om ons te vertel. Volgende week gaan sy al weer Engeland toe om by haar seun en sy gesin te gaan kuier. On moes dus mooi kyk om 'n datum vir die ete te kry wat ons al 3 pas.
Julle moet 'n lekker aand he

Tuesday, 2 December 2014
Goeiemiddag Almal
Ek dink ek het verkoue of griep onder lede. My spiere is seer, so ook my kop en my sinusse. Ek is ook lam en tam en dis aaof vandag nie aan die gang kan kom nie. Sal maar vanaand vir Theo iets vra.
Die kinders het vanoggend 7.30 Renate se Rapport by die skool gaan haal. Sy het baie goed gedoen en 'n gemiddeld vir die jaar van 88%. Ons is baie bly en baie trots of haar. Su het vir 4 van haar vakke bo 90% gekry, vir Afrikaans EErste Taal HG 82 en vir Engels 1ste Taal Hg 70%
Daarna het hulle Playstation gespeel en doen nou nog. Renate se sy is uitgehonger vir playstation speel want in die kwartaal speel sy dit nooit nie. Net in die vakansies.
Verder ek het maar gelees - het nie veel gedoen nie. My bediendes was ook nie vandag hier nie. Dus het hier nie veel aangegaan nie. More kom hulle darem weer.
Ek gaan nou eers vir julle totsien se
Lekker dag verder

Monday, 1 December 2014
Hallo Almla
Ek het nie gisteraand geskryf nie, want ons het te laat van die Kerssangdiens by die huis gekom.
Mensig daar was baie mense. Die Gemeenskapskerk, die grootste kerk op ons dorp, was 6 uur al volgepak. Die diens sou 7 uur begin, maar toe ons half 7 daar kom, was net nog 'n paar plekker in die moederskamer leeg. Ons kon gelukkig nog genoeg sitplekke daar kry.
Die aand was 'n belewenis en Renate het in die orkes gespeel, maar van waar ek gesit het kon ek haar nie sien nie. Die moederskamer het net 2 vensters en mens kan nie die linkerkant of regterkant van die verhoog daarvandaan sien nie en die orkes en begeleidster het heel links gesit. Ek het darem haar fluit se klank herken, want sy was die enigste een wat met so 'n fluit gespeel het en ook sekere stukke. Die atmosfeer in die kerk was asemrowend alhoewel ons in die moerderkamer die meeste daarvan gemis het. 4 Gemeentes was betrokke. Volgende keer neem ek my sit plek al 5 uur in, om seker te maak ek het 'n plek. Al moet ek daai 2 ure wag. Die diens is afgesluit met al die deelnemers op die verhoog met kerse wat brand en die gemeente ook. Dit was 'n gepaste einde vir 'n wonderlike diens.
Vanoggend het ons nie veel gedoen nie. Ek was ook ni lus nie, dit het gevoel of die slaap my wou oorval. Seker die gevolg van gisteraan se laat aand. Ek is nie gewoond om so laat te gaan slaap nie en dan nog boonop 7 uur wakker te word nie, sonder dat ek weer aan die slaap geraak het nie. Vanmiddag voel ek net dof, maar darem wakker. Ek het darem al gelees en saam met die kinders TV gekyk.
Elfi gaan seker netnou begin kos maak en dan is Theo amper hier. Hy werk nie so laat vandat dit vakansie is nie. Dis of die pasiente al op vakansie begin gaan het. Maar hy kla nie, hy het die rus ook nodig.
Ek heg vir julle 'n paar foto's aan.
Groetnis
Theresa
Karin en Klara bo en onder 'n kantprofiel van Hannelore

Hier laai ek foto's op die blog
Renate leer Rekeningkunde
Die items wat by die Weinachtsmarkte te koop was ne hoe die mense dit geniet het
Knuspelhauschen
Karin en Klara bo en onder 'n kantprofiel van Hannelore
Subscribe to:
Posts (Atom)