Wednesday 4 November 2015

Hi aann almal van julle

Vandag het ek gebruik om meer vertroud te raak met my tablet  Ek het nogal  baie goed geleer, soos om te google en op facebook te werk.   Ek is skoon poegaai.

Renate was half siekerig en het nie skòol toe gegaan nie.  Ek wil nie dat sy nou griep kry nie.  Die eksamen begin Donderdag met mondelinge oor hhul voorgeskrewe boekre en Vrydag skryf hulle Afrikaanse opstel vir die eksamen.  Hoop sy voel more heelwat beter  ek hou styf duim vas.

Elfi het vir vanaand heerlike macaroniven kaas gemaak.

Ek lees nou n baie snaakse  boek?  The hundred year old man who climbed out of the window and disappered  deur Jonas Jonasson.  Dis werklik baie snaaks. Kyk  of jy dit dalk kan kry in n boekwinkel of dalk in die biblioteek kan kry.

Groete
Theresa

Tuesday 3 November 2015

Hallo

Hallo Almal

Ek het tegnologies verder gevorder.  Manlief het vir my n Samsung galaxy tablet gegee.   Dit het my nogal n rukkie gevat voor ek en die tablet mekaar gevind het.  Ek is darem nou al so ver dat ek vandag my blog op hom kan tik.

Veel nuus het ek nie.   Ek is na my hospitalisasie steeds huisgebonde.  Dit voel vir my of dit die keer langer neem om weer sterk te word. Maar byggese, dit raak elke dag bietjie beter.  Hopelik is ek oor n week of twee weer my ou self.

Ons het  hierdie week ook uitgevind dat Kai, ons greenwing macaw  heeltemal blind is..  sy is so   gebore.  Theo vermoed al n ruk dat hy nie kan sien nie .  Ons veearts reel toe dat ons iemaand sien wat spesialiseer in voels.  Sy het bevestig dat Kai totaal blind is.  Dàar is geen bloedvate in sy oe nie.  Hy is dus   so gebore.   Gelukkig  het hy nie mettertyd blind geword nie.  Nou is hy goed aangepas by sy omstandighede en ken nie n lewe met sig nie. 
Hy is nogals more presies 3 jaar oud.  Elfi het tot vir hom n geskenk gekoop.

Nou ja,my nuus vir vandag is op.

Groete t,ot ons weer gesels

Theresa
theresa@afol.com.na

Sunday 25 October 2015

Hallo julle

Ek was weer vir lank stil, want ek het al weer in die hospitaal belad met 'n Superkiem in die niere en boonop longontsteking waarvan ek glad nie bewus was nie.  Ek het nie eers verkoue gehad nie en niks gehoes nie.   Ek was 12 dae in intensief en is so 'n week gelede ontslaan.  Dis lekker om by die huis te wees, al is ek nog swakkerig en onvas opmy bene. Dit voel so asof ek nooit voorheen kon loop nie, en nou vir die eerste keer dit moet aanleer.  Ek is egter baie dankbaar dat dit elke dag 'n bietjie beter gaan.

Ons was die afgelope week baie besig.  Maandag was dit eers  Renate se Prysuitdelingsfunksie vir kultuur en vir akademie.  Sy het ons as ouers baie trots gemaak.  By die Kultuur het sy 2 toekennings gekry.  Ster kreatiewe skryfster en vir ster Fotograaf van die jaar.  Nog 'n klompie ander kinders het ook toekennings gekry vir hulle bydrae op kultuurgebied.  Na die kultuurtoekennings klaar was, was dit die Akademiese Prysuitdeling se beurt.  Daar was seker nie trotse ouers as ons in daardie saal nie. Renate het met amper elke trofee vir haar graad rn vakke weggeloop.  Sy het die volgende toekennings gekry:

-  Certificate for the Best Academic Achiever in Grade 11 for Mathematics and Accounting - 85.22% average
-  Full Colours for Academics
-  Special award for Academics -Best average in English, Mathematics and Accounting
-  Merit Certificate for Afrikaans First Language 80.41%;  Mathematics Higher Level  96.62%;    Physical Science HL 94.14%;  Biology HL  96.76%;  Accounting HL  93.83%.  Average 88.41.  Best Average percentage in Mathematics HL;  Physical Science HL;  Biology HL and Accounting HL.
-  Special Award for Academics:   PriceWaterhouse Award
-  Trophy awarded for Academics:  Best average % for a great 11 learner inthe SciencField of Study

-  Trophy awarded for Academics:  Grade 11 learner or the year
-  Tablet, geborg deur Manica, Wbaai vir accounting.
Ons het net weereens besef hoe gelukkig ons is om so 'n pligsgetroue dogter te he.

Dinsdagaand was die inhuldiging van die Junior Stadsraad vir Walvisbaai.  Renate was reeds vir 2015 gekose vir die Raad, maar toe was sy 'n Junior.  vir hul 2de jaar op die JCC kry hulle portfeuljes.  Sy is aangestel as die Deputy CEO.  Aai, ek het skoon trane in my oe gekry oor sy so goed doen.  Ek moes omtrent 100 trappe op om by die raadsaal te kom en 'n hele paar keer het dit gevoel of my bene jellie word en wou ek moed opgee.  Ek is seker ons Hemelse Vader het my die laaste ent gedra en ook weer by die afloop van daardie trappe.  Maar ek is so bly ek het gegaan.

Gister het eenvan die plaaslike sportklubs 'n toernooi aangebied vir hokkie - Sparta 6-a-side.  Elke span mag net 6 spelers in he.  Hulle het hulle poegaai gehardloop en net 1 wedstryd verloor.  Hulle het 4 wedstryde gespeel, maaar ons het net die laaste twee gaan kyk.  Ek voel nog steeds te papperig en swak om die hele dag daar te sit.  Gelukkig kon ek darem 2 vandie wedstryde sien.

Manlief het kos gekoop en ons gaan nou eet.

Groetnis tot volgende keer
Theresa Potgieter

NS.  As julle iets wil se of 'n bydrae vir die blog wil maak, stuur vir my 'n e-pos na theresa@afol.com.na



Sunday 5 July 2015

Lanklaas gesels

Hallo liewe vriende

Dit lyk asof ek darem nou aan die gesond word is.  Vandat ek laas met julle gesels het, het ek 2 bloedklonte deur my longe gehad.  Die gevolg is dat ek nou Warfarin moet drink wat die klonte wat nog in die are is, oplos en ook die bloed dun maak.  Vir my maak dit ook duiselig en ek slaan sommer op enige plek flou neer.  En waar ek voorheen nooit koud gekry het nie, is ek nou so koulik dat ek byna gedurig met 'n trui of baadjie sit.

So staan ek een aand met bakke oorskietkos in die waskamer voor die yskas om dit daar te bêre.  Ek het net die deur oopgemaak toe ek voel my kop begin draai.  Voor ek kon vasgryp aan iets om my staande te hou, slaan ek reg op my regterskouer en sy op die teelvloer neer.  Dit was onuithoudbaar seer en ek het gedink ek het iets gebreek.  My skouer of my arm.  Gelukkig is daar toe niks gebreek nie, maar toe sit ek met daardie pyn in my skouer en arm.  Ek het gehuil van pyn so groot as wat ek is.  Agv van die Warfarin mag ek geen spierverslappers of pynpille van enige aard drink nie en die arm mag ook nie gips of 'n stywe verband omkry nie.  Ek het 'n sling gekry wat nie eintlik veel gehelp het vir die pyn nie.  Ek het letterlik 'n week doodstil gesit en so min as moontlik beweeg om die pyn te verminder en letterlik aanmekaar gehuil van die pyn.  Mens kan dit aan niemand beskryf nie.  Na so 3 weke het die pyn draagliker geword en was dit nie meer so onuithoudbaar as ek beweeg nie.  Dit is nou al amper 10 weke of meer, ek is ook nie eintlik seker nie, maar my skouer is nog steeds seer as ek beweeg of iets swaars optel. Tik is ook moeilik want ek moet my arm oplig.  Die pyn gaan tot in my hande en vingers.  Dit is die bicepspier wat so seer gekry het, maar die nagevolge is erg.  Ek tik nog meeste van die tyd met my linkerhand en hier en daar 'n woord met my regterhand.  Maar hy word te gou seer en lam.  Ek kan darem al redelik met die muis op 'n plat oppervlak werk sonder dat dit te seer word.  Nou edit ek maar al my ou foto's.  Wou dit al lankal doen, maar dis 'n tydsame werk en nou het ek die tyd.

Renate-hulle se prefekondervraging en toesprake is hierdie week.  Ek weet nie wanneer die verkiesing is nie, want die eksamen begin al oor 'n week.  Ek verstaan nie hierdie skool se eksamenskrywery so in die middel van 'n termyn nie, want daar is amper 'n maand nog skool na die eksamen verby is.  Ek is gewoond aan eksamen skryf aan die einde van 'n kwartaal of termyn.  En hier gaan die sportoefeninge dwarsdeur die eksamen aan en selfs ligawedstryde word tydens die eksamen gespeel.  In my tyd het alle sport voor die eksamen gestop en daar was nie sprake van wedstryde teen ander skole of tussen swkoolspanne nie.  Hou maar styf duim vas vir Renate vir hierdie eksamen asseblief.  Sy wil graag haar goeie punte van verlede termyn verbeter

Dit was die 2de Julie ons 32ste huweliksherdenking.  As mens daaraan dink is dit al 'n leeftyd lank en het ons 'n hele paar sakke sout in dié tyd opgeeet.  But still going strong.  Ons hoop vir nog 32 jaar.  Ek het vir Theo 'n koffietafekboek oor die soogdiere van Suider-Afrika en hul beskrywings persent gegee en hy het vir my Photoshop Elements 13 bestel, maar dit het ongelukkig nie betyds gekom nie.  Nou het ek darem iets om na uit te sien hierdie week, want dit sal seker darem nie langer as 'n week vat om hier uit te kom nie.  Ek edit nou maar stadig aan die ou foto's want ek wag vir die nuwe program  Ek werk nog al die jare met Photoshop Elements 2 en gebruik Picasa saam met dit om reguit te maak en rooi oe uit te haal.  Picasa doen dit vinnig en pynloos terwyl dit met Photoshop 'n hele operasie is en dit kom nie altyd so goed uit nie.  Moet sê dis vir my lekker om my foto's te edit en 'n lekker stokperdjie.  Die flaminke kom ook nou weer stadig terug en een van die dae kan ek weer by die lagoon gaan sit en foto's van hulle neem.  Ek kamp partykeer sommer 'n hele oggend daar uit met my 600mm lens en driepoot en kry soms die mooiste foto's.

My arm raak nou seer van die getikkery en gaan ek julle eers weer groet.

Tot ons weer gesels, lekker bly

Groete

Theresa

Sunday 17 May 2015

hi

verskoon asb die gebrek aan hoofletters en spelfoute.  Ek het geval en my regterskouer in sy kanon in geval. Die senings is geskeur en gerek en dit is vreeslik pynlik.  As ek my arm beweeg, skiet daar 'n steekpyn van my skouer af tot in my vingerpunte.  vrekseer.  Ek het voor die yskas gestaan om iets terug daarin te sit, toe ek flou word en reg op my regterkant val.  dit is vandag al 3 weke en ek kan geen veranderingvoel nie,  ek dra 'n sling waarin my arm leen met elkebeweging voek ek hom, veral hier bolangs by die bo-armspiere en my skouer.  die dokters se dit kan tot 8 weke vat om te herstel - nie gesond wees nie, maar so dat ek die arm makliker kan beweeg.  Sal seker sodra ek my arm weer vryelik kan beweeg, moet gaan vir fisio.  ek mag agv die bloedverdunningspille wat ek vir die bloedklonte trek nie gips kry nie, ook nie 'n verband wat styf sit nie en geen pynpille, spierverslappers of salwe nie.  maar nou het ek klaar gekla

Renate hulle gaan hierdie week die Visrivier canyon stap en sy het nou net haar rugsak klaar gepak.  ek het nie besef daar is so baie beplanning daarby betrokke nie.  hul werk 'n spyskaart uit vir elke ete en die klere moet lig wees.  omdat daar so baie rotse en hierdie jaar water in die rivier is, het hulle ook 'n hikingstok nodig,  dit vou klein op soos 'n kaneradriepoot.  dis om hul balans te behou en om die diepte van die water te toets. hulle vertyrek moreoggend metdie bus Hobas toe van waar hulle dan Dinsdag gaan afdaal na die rivier. Dit is nogal moeilik en neem so 3 na 4 ure,  dan stap hulle nog 'n ent voor hulle kamp opslaan  So 7 km.  Die volgende 2 dae stap hul elke dag 25 km ev Vrydag is hulle 12 uur die middag by Ai-Ais waar hulle weer lekker kan stort en 'n ordentlike bord kos eet.  Renate is baie klein gebou enons is bang die rugsak is dalk te swaar gepak.  maar hulle gaan met 'n skoolgroep en die leier is 'n onderwyser wat dit al 20 keer gestap het.  hy het belowe om hul rugsakke deur te gaan enreg te pak en ook uit  te gooi watEk hoop net nie sy kty te veel blase op haar voete nie. dis pynlik en moet elke dag verbind word. die grootste deel van haar noodhulpkassie bestaan uit pleisters en medikasie vir blase.

Die skoolvakansie eindig vandag en van more af is die kinders weer in die tuig en begin al die buitemuurse bedrywighede ook weer.  Dit gaan 'n besige kwartaal wees, met amper elke naweek hokkie.   renate gaan juis die week na die Visrivier WINDHOEK TOE VIR 'n groot hokkietoernooi.  Ek hoop dat haar voete teen daardie tyd al weer gesond en blaasvry sal wees, sodat hulle lekker kan speel.

my arm is nou moeg getik so met die een vinger saam.  ek gaan dus eers groet.  Ek skryf weer so gou as wat ek irys het om te vertel

Groete tot ons weer gesels
Hopelik sal dit al beter gaan met die getikkery en kan ek my ander hand oook al weer gebrtuikal is dit net om tehelp tik

Theresa

Monday 4 May 2015

Af Arm

Hallo liewe vrirde

Ek was al weer "af siek",  Hierdie keer het ek flou geword en op my regterarm geval.  Die arm het van bo van my skouer af seergekry tot in my hande,  Die sening in my skouer is geskeur of gerek af tot in my elmboog, waar ook iets fout is.  Dit voel die hele tyd of iets girts-girts maak. Die deel van die arm onder die elmboog gee sulke steekpyne tot in my gewrigte.  En my hande is ook seer.  Ek was nie vir x-strale nie, want Theo se daar is g'n nut in nie,  Al is die skouer en elmboog gebreek of gekraak, kan daar niks aan gedoen word nie.  Dit is die gevolg van die bloedverdunningspille, die Warfarin.  Die sening bloei binne in agv die dun bloed en as daar 'n breuk is of iets is uit potjie, moet ek geopereer wod, en met die Warfarin, wat my bloed dun maak, sal ek my tydens 'n operasie dood bloei.  Daar is wel stollings medikasie wat ek vir 'n week of 2 kan vooraf gebruik, maar dan sit ons weer van voor af met die klonte en die dikte van die bloed is nou eers, verlede week weer laat toets, vir die eerste keer vandat ek siek geword het, net reg.  Nou is my arm in een van daai blou slingers en hel-uit seer, maar daar is geen ander heenkome nie vir 7 tot 8 weke nie.  Ek kry pynpille maar mag ook nie anti-inflannatoriese middels gebruik nie,  Dit is glo ook nie goed saam met die bloedverdunningspille nie. Ek moet my dus so stil as moontlik gedra en die pyn verduur en mag uit en aantrek as ek bad en in die sling my arm gebruik as ek eet.  Ek sit-le in my gemakstoel voor die tv met my laptop op my bors en maag gebalanseer en met die linkerhand tik ek lettertjie vir lettertjie nou aan die blok.  Ek is seker al 'n driekwartuur besig,Namibiese All Tean Karatespan gekies wat plaasvind sodra ons skole weer hier begin, die 17de Mei.  Dit vind in Johannesburg plaas en hul oefen elke aand 2 weke in Swakop, so 30 km ver, Daar is 3 kinders van Walvis en ons neem elke 3 dae beurte om te ry.

My hand is nou lam getik en daarom gaan ek nou koebaai se.  Ek wil nog van die Visrivier stap vertel, maar sal more.  Die groot dilemma is dat Renate moet kies, want dit en die karate oorvleuel. O ja, ek sien hier is nie regtig plek vir julle om kommentaar te lewer of terug te skryf nie.  Hier is my e-pos as jy dalk graag sou wou:  theresa@afol.com.na  Skryf gerus vir my ook.  Ek sal dit baie waardeer as ek van julle ook ietsie kan hoor

Lekker dag verder
Groete
Theresa
theresa@afol.com.na

Thursday 16 April 2015

Liewe Vriende

Ons het 'n baie besige paar weke agter die rug.

Eers het ons heerlik langnaweek gehou - van Goeie Vrydag tot Paasmaandag.  Ons as gesin, het die tyd gebruik om saam in die duine te gaan ry en weer 'n slag te soek en te kyk na al die klein diertjies in die woestyn.  Mens het permitte nodig om daar te ry, maar ons was verstom om toergroepe met honderde toeriste raak te loop waar die toeriste die ekosisteem van die woestyn verniel.  Hulle het selfs van die duine uitgeklim, al is daar spesifieke areas gemerk waar mens wel kan duine klim.  Dit lyk vir my asof die toeriste nie omgee hoeveel hulle van die land kan vernietig nie.  Wat my verstand te bowe gaan is dat die toerleiers almal Namibiërs is.  Kan hulle dan nie die mense beter inlig en keer as hul wil uitklim op plekke waar dit verbode is nie. Ons het Saterdag en Sondag vir 'n slag weer die omgewing verken deur die hele Duinegordel van Walvisbaai af tot in Swakopmund en terug Walvis toe te ry.  Vrydag en Maandag was ons maar net rustig en het gerus.

Verlede Dinsdag, na die langnaweek, het ons skool, Walvisbaai Privaat Hoerskool, 'n Woestynfees aangebied.  Die 1ste spanne van Hokkie en al die ander rugbyspanne en netbalspanne was betrokke. Daar is omtrent gesport dwarsdeur tot Saterdagmiddag.  Ons 1ste Hokkie Dogtersspan het 2 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel.  Een van dié waar hulle gelykop gespeel het, was nogal 'n Suid-Afrikaanse skool, Alberton Hoërskool.  Ons het goed vergelyk met hulle en die wedstryd het met 1 elk geëindig.  Die ander drie wedstryde wat hul gespeel het was teen plaaslike spanne van hier en Swakopmund.  Een was gelykop en die ander twee 4-0 en 11-0.  Dit was ook die eerste keer die seisoen dat die dogters kans gekry het om as 'n span saam te speel.  Die seunshokkie het ook goed gevaar.

Hier was verskeie skole uit die Republiek wat teen Namibiese skole kom rugby en netbal speel het. Met party het dit goed gegaan en met ander minder goed.  Maar alles gesien, dink ek nie ons Namibiërs hoef ver terug te staan vir die Suid-Afrikaanse skole nie.  Nie in netbal nie en ook nie by die rugby nie.  Saterdagmiddag toe alles afsluit, was almal vodde.  Die kinders wat deelgeneem het, die toeskouers en al die ouers wat by die verskillende stalletjies en kosstalletjies moes werk.  Daarna dink ek nie het enige iemand veel gedoen, behalwe om die rugby op TV te kyk en 'n vleisie te braai nie, en ek het al voor dit aan die slaap geraak.  Ek het natuurlik weeroorboord gegaan met foto's neem en het die hele week daaraan gewerk en edit.

Hierdie week het die kinders hul eksamenvraestelle begin terugkry en daardeur gewerk.  Ons weet nog nie wanneer die rapporte beskikbaar sal wees nie.  Die skool sluit more om 10 uur.  Dalk kry hulle dit dan.  Ons is nogal nuuskierig oor Renate se rapportpunt, want dit klink of dit baie goed gegaan het.  Sy het bv vir haar 1ste  Biologie Hoër vraestel 100% gekry.  Die onderwyser het glo gesê dat toe hy aan die einde van die vraestel kom, hy moes teruggaan om 'n fout of foute te gaan soek.  Hy kon egter niks kry nie.  Hy was verstom dat die kind vir 'n Hoër vraestel volpunte kry, want dit gebeur nie maklik nie.  In sy 28 jaar van skoolhou was dit die eerste keer wat dit gebeur.  Saam met haar kwartaalpunt van 100% en die prakties en 2de vraestel waar sy saam 6 punte verloor het, is haar Rapportpunt nou 98%.  Vir Science Hoër is haar rapportpunt 92%.  Sy het ook in Afrikaans en Engels, albei eerste taal Hoër opgekom, maar daardie punte, sowel as die Wiskunde en Accounting het sy nog nie die totale punt nie.  Ons voel baie trots.

Ek gaan nou eers weer groet tot 'n volgende keer

Mooi bly
Theresa



Tuesday 31 March 2015

Hallo julle almal

Die afgelope naweek was 'n besige paar dae vir ons.

Saterdagoggend het ons al dou voor dag (5 uur) opgestaan om vir Renate Karate toe te vat in Swakopmund.  Dis eintlik nie so ver nie, 35 km, maar mens moet altyd die digte mis op die pad in gedagte hou.  Dit neem in die mis tot 'n uur of langer om die afstand te ry.  As dit mooi weer is, net 'n halfuur.  Maar jy kan nooit vooraf voorspel nie.  Die weer was toe mooi en ons was lank voor half 8 daar.  Gelukkig kon ons toe darem heel voor sitplekke kry in die nuwe sportkompleks.  Dit het goed gegaan met haar.  Dit was die Swakopmund Shotokan Open Champioenships.  Sy het die goue medalje gewen in die kumute afdeling en brons by die Kata.  Ons het seker so 1 uur daar weggekom en het toe gaan pizzas koop om te eet.  Teen half 3 was ons by die huis en het ons maar net rondgesit, behalwe Renate wat nog vir eksamen moes leer en ek wat my 666 foto's wou aflaai op die rekenaar en hulle edit.  Sjoe, dit was harde werk en ek was eers Sondagaand klaar en kon ek dit op facebook pos


Saterdagnag het ons bietjie reen gehad waaroor ek baie bly was.  Toe hoef ons nie die grote tuin Maandag nat maak nie.  Sal dit maar weer more moet doen.

Sondag het lekker rustig aangebreek.  Ons was die heel dag rustig hier by die huis rond en Theo en Elfi het met hulle Macaws gespeel en gesels.  Theo is ook nie eenkeer deur 'n siek pasient uitgeroep nie.  Vyf uur kry hy toe 'n oproep van ons Sekuriteitsmaatskappy.  Daar is by sy spreekkamer ingebreek.  Hulle haal elke keer die venster uit sy spreekkamertjie se raam omdat dit agter is.  Dit is die 4de keer wat dit die jaar gebeur.  Nog nooit voorheen is iets gesteel nie.  Hulle soek laptops en kameras en sulke goed wat hul weer maklik  kan verkwansel.  Die keer egter het hulle die plek omtrent leeggedra.  Die 3 desktop rekenaars is weg, 'n digitale fotoraam, calculaters en allerhande ander goed.  Dit moes al Saterdagnag na die reen gebeur het, want oral was modderspore en die merke van 'n voertuig in die modder  buite die venster wat hul uitgehaal het en netjies teen 'n muur staangemaak is.  Die alarm was aan, maar die sekuriteitsmaatskappy se hul het geen sein ontvang dat die alarm afgegaan het nie.  Ons vermoed dis 'n inside job, want dit lyk of die inbreker presies geweet het waar al die ogies is.  Die hospitaalwag wat rondtes doen, het die uit venster gesien en die sekuriteit gebel Sondagmiddag.  Theo moes lank daar wag vir sekuriteit en die polisie om op te daag en ook om vas te stel wat alles weg is.  Mens kom mos altyd na die tyd agter wat nog weg is.  Gelukkig het ons darem versekering, maar ek is bang hulle begin weier om uit te betaal omdat dit so gereeld gebeur.Theo moes toe nog 'n nagwag ook huur om die oop spreekkamer deur die nag op te pas.

Gister het hulle darem die venster kom terugsit en het ons kwotasies vir die gesteelde goed begin aanvra.  Ons moet ook 'n kwotasie kry vir die Mediese program waarop die hele stelsel, rekeninge en pasient inligting, loop en dis nogal 'n duur storie  So om en by N$20 000 en dalk nog meer, want die ouens wat dit moet kom instaleer en die netwerke weer opstel, vra ook 'n aardige bedraggie.  Ons sukkel egter so om kwotasies in die hande te kry.  Dit lyk asof niemand hier iets wil verkoop en geld maak nie.  En dis van die uiterste belang dat ons die rekenaars en program so vinnig as moontlik weer aan die gang kry.  Dalk as Theo vanaand by die huis kom, het hy al beter nuus.

Renate hou more op met eksamen skryf.  Nogal is Wiskunde haar laaaste vak.  Gister het sy Engels geskryf.  Vandag sit sy al amper sonder ophou voor die boeke om seker te maak sy gaan deur al die Wiskunde. Gelukkig is Wiskunde haar beste vak en kry sy gewoonlik volpunte daarvoor. Ek sal tog bly wees as die eksamen verby is, want dit was 'n besige tyd.  Die eksamen het in die middel van die 1ste termyn geval en het alle buitemuurse aktiwiteite soos normaal voortgegaan.  Dit was nie vir my reg nie.  Hulle het selfs 'n groot sporttoernooi in die middel van die eksamen in Windhoek gehad waarvoor hulle 5 dae weg was.  5 dae waarin daar nie studeer kon word nie.  Toe reen dit boonop en Renate wat vir die 1ste span hokkie daar was en 10 wedstryde moes speel. AGV die reen het die hokkiebaan verspoel en kon hulle net die eerste dag se 2 wedstryde speel.  Sy kon liewer by die huis gebly het en geleer het.  Daar is ook aan hulle studietyd daar belowe, wat natuurlik nie gerealiseer het nie.  Sy moes dus dubbeld so hard werk toe sy teruggekom het.

Theo het nou net tuis gekom en Elfi is besig met aandete.  Ek gaan julle dus eers groet.

Ons praat gou weer
Groete
Theresa

Friday 27 March 2015

Hi liewe Vriende

Vandag was maar stillerig, net met die gewone huiswerk wat gedoen moes word. Vreeslik eentonig. Ek het darem 'n paar foto's van juwele geneem om te oefen vir 'n photoshoot wat ek volgende week vir 'n vriendin moet doen, wat nuwe juwele vir haar winkel ingekry het.  Ek het dit sommer klaar geredigeer ook.  EK het nou 'n baie beter idee van watter stellings en lense ek moet gebruik.  Die makrolens werk die beste.  Ek het ook nie slegte resultate met my 300mm lens gekry nie.

Ek en Renate het hierdie jaar albei vir die ATKV pluimpies ingeskryf en wonder bo wonder kry ons verlede week briewe dat ons al2 toekennings ontvang op Donderdag, 26 Maart.  Dit was egter nie vir ons moontlik om dit by te woon nie, want Renate het vandag Biologie geskryf.  Nogal 'n lywige vak en baie moeilike werk. Maar,se die reels, as jy nie daar is om jou prys te ontvang nie, verbeur jy dit en staan dit oor tot die volgende jaar.  Tensy jy egter iemand nomineer om dit namens jou in ontvangs kan neem.  Ons het nogal gesukkel om iemand te kry om die gala-aand by te woon, maar gelukkig het ek hierdie wakker vriendin wat 'n neef het wat in Windhoek bly en wie se vrou ook 'n toekenning ontvang.  Sy het dit sommer gou-gou met hulle gereel om ook ons toekennings te ontvang.  Dis ook uitgesaai op die NBC se Afrikaanse Radiostasie en ons het bankvas voor die radio gesit en luister.  Ek het dit ook opgeneem.  Ons het elkeen 'n deelnemerssertfikaat ontvang, wat ek nie dink te sleg is vir 'n eerste poging nie en as mens in gedagte hou dat Renate maar in gr 11 is en teen volwassenes moes deelneem.  Ook nie almal wat deelneem kry so 'n sertifikaat nie.  Ons is dus redelik in ons skik.

More is dit die Shotokan Kus Karate Kampioenskappe in Swakop en ons moet al half 8 daar wees. Dit beteken ons moet al half 6 opstaan as ons wil speling laat vir die mis wat dalk ons rit kan vertraag.  In goeie weer ry mens net 'n halfuur, maar soggens is die mis so dik dat dit jou soms 'n uur of langer neem om die skamele 35km af te le..  Ek vertrou dat sy goed sal doen.  Sy het 'n bruin gordel, maar neem in die Swart gordel afdeling deel.  Al wen sy ook niks, is die ondervinding alleen al die moeite werd.  Sy val net-net in die senior kategorie en dis waarom dit gebeur.  Hulle gaan slegs volgens ouderdom en gewig, en die meeste kinders het teen daardie tyd al swart gordels.  Sy het vir 2 jaar opgehou met karate. Dis hoekom sy nou bietjie agter is. Sy het egter in 1 jaar gevorder van blou na bruin en het ook by die World Cup in Italie verlede jaar 2 silwer medaljes gekry.

Ek moet nou amper vir Renate gaan haal by die skool waar hul Biologie prakties geskryf het vanmiddag.  Ek groet dus tot more.

Lekker middag en aand vir julle
Theresa

+

Thursday 26 March 2015

Hallo Almal

Ek was vir 'n lang ruk weg weens siekte, maar dit gaan deesdae met my soveel beter dat ek weer kans sien om met die blog aan te gaan.

Febuarie , 'n jaar gelede het ek skielik vreeslik siek geword.  Ek is in die hospitaal in Swakop opgeneem onder 'n internis, wat elke 3 maande vir 'n week daar kom werk.  Die diagnose was uiteindelik 'n erge superkiem wat ek in my niere opgedoen het, en wat met ekstra sterk antibiotika behandel moes word.  Ek is eers in ICU opgeneem vir 3 dae want ek was bewusteloos.  Daarna vir 3 dae in High care waarna ek toe na 'n gewone skaal geskuif is, waar ek nog 10 dae moes bly, terwyl die antibiotika per drup voltyds aan my toegedien is.  Ek was daarna so swak, ek moes van voor af met behulp van 'n fisioterapeut begin loop en kon nog steeds nie verder as omtrent 10 tree stap sonder om om te val toe ek ontslaan is nie.  Ek moes by die huis verder kom oefen en herstel.Verder het ek ander funksies verloor, soos bv my hand-oog-koordinasie.  Ek kon glad nie skryf nie, nie eers my handtekening nie, en toe ek weer wou begin klavierspeel waarvoor ek baie lief is, kon ek dit ook nie meer doen nie.  Die gebrek aan hand-oog-koordinasie het natuurlik ook gesorg dat ek nie weer so goed kon stap nie.  Ek wou gedurig omval, want my balans was ook aangetas.  So het die stappery darem al hoe beter geraak en kon ek darem al stap sonder om elke paar tree te wil omval.  Dit het ook my vrtmoe om te bestuur aangetas, en het ek 'n paar maal by parkeerplekke in ander motors vasgery.

So het 'n jaar verby gegaan, sonder dat ek ooit kon se dat ek honderd persent gevoel het.  Ek was kort-kort siekerig, al was dit net 'n verkoue of maagaandoening en dan die alewige nierpypontstekings waarvoor geen antibiotika later meer gewerk het nie.  Al het ons elke keer laat toets watter kiem dit dis wat my niere aanval.  Dit is so dat as jy te lank en veel antibiotika drink, dat geeneen meer werk nie.  Ek dink dis wat my gebeur het.

Febrarie hierdie jaar raak ek waaragtig weer siek.  Hierdie keer eers met nierontsteking en daarna heeltemal iets anders.  Ek kry onhuidhoudbare borskaspyne, maar die EKG wys geen hartprobleme of hartaanvalle nie.  Maar die pyn raak al erger.  Dis sulke skietpyne wat voel of dit reg deur jou hart gaan.  Ek le by by die huis met 'n drip en kateder in, maar na 2 dae besluit my man dis weer tyd om hospitaal toe te gaan.  Gelukkig is 'n ander internis by Swakop se hospitaal aan diens en hy is heel bekwaam.  Na ek opgeneem is, laat hy onmiddelik weer 'n EKG vir my hart doen en neem borskasplate.  Op die plate wys daar toe 2 duidelike gaatjies waardeur bloedklonte gegaan het.  Dis toe al die tyd wat met my fout was.  Ek is dadelik op bloedverdunningspille, Warfarin, gesit om my bloed dunner te maak.  Op daardie stadium was ek al so swak dat ek skaars die entjie van die bed tot by die badkamer kan loop sonder om heeltemal uitasem en uitgeput te wees.  Ek kon  ook nie maklik terug in die bed kom nie.  Die dokter het streng instruksies gegee dat ek glad nie uit die bed mag beweeg nie, maar dat die verpleegpersoneel vir my bedpanne bring indien nodig.  Nie dat een van hulle die moeite gedoen het om na hom te luister of die instruksies op die kaart te lees nie.  Ek moes maar elke keer aansukkel badkamer toe met hierdie hengske pyn wat my amper laat flou raak.  Toe ek dit aan hom noem, en hy die verpleegsusters daaroor aanvat, het hulle dit doodeenvoudig ontken.  Ek is seker ek het langer in die hospitaal moes bly oor sy instruksies nie nagekom is nie.  Intussen het die pille begin werk en die bloed dunner gemaak, met die gevolg dat ek permanent erge borspyne gehad het.  Dit voel of 'n trop wilde perde op jou borskas rondtrippel.  Seker soos die dunner bloed deur die are begin beweeg.  Ek het regtig gedink ek gaan dood en al wat die verpleegsters doen is lag. Aan elke pasient word 'n healthcare helper toegewys om jou te help bad ens.  Myne het onmiddelik vir my gese dat sy rugprobleme het en my dus geensins kon help nie.  So het ek 6 dae in die hospitaal gele sonder dat ek eenkeer gewas is, my hare geborsel is of my gesig afgevee is.  Sy het haar nie aan my gesteur nie en was bloot geirriteerd as ek die klokkie lui.  Om by die susters te kla, het ook niks gehelp nie, want hulle glo jou eenvoudig nie en sy het gese dat dit ek was wat nie wou was of skoon nagklere aantrek nie, aangesien dit my so uitput.  Die pyne het darem begin minder raak en nog x-straalplate het gewys dat daat nie nog klonte deur my longe is nie.  Die internis het my na 6 dae ontslaan, omdat my man 'n dokter is en self my bloed kon laat trek en ontleed totdat dit op die gewenste vlakke was,  Ek was so bly toe hulle my in die rolstoel daar uitgestoot het, want ek het tot toe nog nie gedink dat ek sou bly leef nie.  Ek het toe al reeds met moeite vir my man en kinders koebaai-briewe geskryf. Ek wens niemand die behandeling toe wat ek in daardie hospitaal gehad het nie.  'n Siek mens verdien darem beter as dit.  Jou hele Menswaardigheid word aangetas, so erg dat jy self nie meer wil lewe nie.  Ek moes ook soms tot 11 uur die nag wag voor ek my medikasie gekry het en party kere het hul doodeenvoudig nooit eers daarmee opgedaag nie.  Ek het dus ook nie my medikasie op die voorgeskrewe wyse ontvang nie.

Tuis het dit soveel beter met my begin gaan.  Die eerste oggend het my huishoudster 'n lekker bak warm water en seep gebring en my behoorlik gewas en skoon nagklere aangetrek,  Net dit het my al weer lusser vir die lewe gehad.  Die borskaspyne was nog erg, maar darem baie minder erg as in die begin.  Ek is gepamperlang, my medisyne gegee, gewas, toilet toe gehelp en terug en dit het my nog steeds 'n week of langer gevat voor ek weer soos 'n mens begin voel het en my menswaardigheid herstel het.  Dis nou 6 weke later en ek voel 'n nuwe mens.  Ek wil se ek voel beter as wat ek in jare gevoel het.  My handoog-koordinasie is baie, baie beter en ek loop ook beter.  Ek voel nie soos die afgelope jaar of ek die hele tyd wil omval nie.  Ek stap nou al redelike ente sonder om uitasem te raak, eet beter en voel sommer ook baie beter. Ek is nog vir 3 weke afgeboek waarin ek glad nie mag bestuur nie.  Ek kry floutes van die bloed wat te dun raak en dit moet nog heeltemal stabiliseer.  Die vlakke wissel nog baie.  Dis net om die presiese persentasie medikasie te kry om dit stabiel te hou.  Ek het 'n hele paar keer al van die floutes neergeslaan.  Gelukkig is die ergste besering nog net toe ek my hele linkerduim en hand lelik verstuit het soos dit teen die rand van die bad gekap het.  Hier en daar het ek 'n bloukol, maar dis nie erg nie.  Hulle kon glad nie agterkom van waar die bloedklonte gekom het nie, en my man is van mening dat die vorige internis my oorgedoseer het met pille en dat dit die klonte veroorsaak het. Meer as die helfte van my pille is verander en ek drink minder as 'n kwart van die hoeveelheid wat ek voorheen gebruik het.  Ek is ook weer meer helder van verstand en voel nie die hele tyd soos 'n zombie nie.  En daarvoor is ek besonder dankbaar

Verder gaan die lewe aan.  Renate skryf eksamen en oefen hokkie vir 'n groot toernooi wat die skool oor 2 weke aanbied.  Hulle het ook Karate Kuskampioenskappe in Swakopmund hierdie naweek waaraan sy ook gaan deelneem.  Hierdie slag sal dit nie so maklik wees om te wen nie want hulle het die bruin en swart belt divisies saamgegooi.  Sy moet dus met haar bruin belt teen swart belte deelneem.  Maar ek vertrou dit sal goed gaan.  Dis in elk geval goeie kompetisie vir haar en doen sy baie ervaring op.

Ek en my vriendin het vanoggend lekker Scrabble gespeel.  Dit hou mens se brein aktief en aan die gang.  Ons speel in Engels wat nie een van ons se moedertale is nie.  Sy is Duits en ek Duits en Afrikaans.  Dit maak dit nog meer uitdagend en ek leer elke slag 'n paar nuwe Engelse woorde.  My kinders speel dit ook graag, maar in Afrikaans.

Later vanmiddag gaan ek vir my een vriendin foto's van juwele neem wat sy in haar winkel gaan verkoop en op haar webblad wil plaas.  Ek dink ek sal my makrolens moet gebruik en die lig sal net reg moet wees.  Te helder lig laat die juwele te blink op die foto's uitkom en dan lyk dit nie mooi nie.  Mens moet met sagte skakerings probeer werk.  Ek hoop ek kry dit reg want dis nogal moeilik.

Ek dink ek het genoeg geskryf vir die dag en gaan nou eers vir julle totsiens se.  Ek sal probeer om van nou af weer elke dag 'n ietsie te skryf.

Mooi loop
Theresa

Saturday 17 January 2015

Hallo Vriende

Ek is vanoggend in groot pyn.  Ek en my vriendin het gister gaan stap en daar rek my hamstring (weet nie nou dadelik wat dit in Afriikaans is nie. Ek het sukkel-sukkel darem tot by die huis gekom.  Nou is dit so seer dat ek terug is op die krukke.  Mense ek kan nie eers begin om te vertel hoe seer  dit is nie.  Dis soos 'n pyn wat van jou knie tot in jou heup skiet elke keer wat jy die been beweeg.  Ek hoop net die ergtste gaan gou verby, want so 'n hamstring neem maar glo lank om gesond te word.  Ek sal ook versigtig wees dat hy gou gesond word.  Ek is sommer vies vir myself, want ons het nou net op dreef gekom met die stappery.  So 2 km op 'n keer 4 keer 'n week.

Woensdag het die skole begin en Renate graad 11.  Dit klink nou na besigheid.  Hulle het al op die eerste dag huiswerk gekry.  Gelukkig hoef ons nie boeke oor te trek nie, hulle gaan sommer voort in hulle Graad 10 boeke.  Die oortrekkering sal nou seker so stuk stuk inkom soos die ou boeke volraak.
Gelukkig het die na-uurse aktiwiteite nog  nie begin nie.  Dis net die karate wat al aan die gang is.  Hulle oefen nou al vir 3 weke vir 'n Engelse span wat glo teen hul wou deelneem en op die einde sonder verskoning nie opgedaag het nie.  Dit wys jou die Europeers het ook soms nie maniere nie.

Vandag is ons rustig en elkeen doen sy eie ding.  Ek sit en McGyver kyk.  Daar is op een van die kanale met van sy  episodes op en dit laast my terugdink aan my jongmens dae.  My Klein Theo was so 6-7 toe hul dit gewys  het en hy het alle probeer namaak, partykeer met katastrofiese resultate.  Dis goed om so na te dink aan hul klein dae.  Hy was ook mal oor die Ninja Trutles en het hul goed ook baie probeer namaak.  So klim hy eendag met moeite op die huis se muur en verseg om daar af te klim.  Na ek allees probeer het bel ek sy pa by die spreekkamer om te kom help.  Toe hy daar kom, sit die klin vabond nog steeds op die dak. Pa se hy moet afklim, want hy gaan daar afval, maar sy slim antwoord is dat Batman so op 'n dak kan sit en verskeie ander karakters ook.  Toe is Boetie se antwoord ere dat as die Turtles dit kan doen, kan hy ook. Pa verduidelik ernsig dat hy nie 'n Turtle is nie, dat dit net 'n storie is  en hy nie self kan afspring nie, toe Theo skielik van hul Godsdienlessie by die kleuterskool onthou.  Ek is tot enige iets in staat as God wat my krag gee.  Die juffrou het gese mens moet aktyd liewe Jesus se hand vashou dan sal jy niks oorkkom nie  Dit is toe dat Pa daar kwaad word en vir hom skree, Liewe Jesus hou hom nie met stront op nie.  Gedwee het Theo hom van die dak laat afhaal en die juffrou die volgende dag by die sool gaan aansprekke.  Hy het ook nooit weer daar opgeklim nie.

Minos het vanoggend self gestort.  Net voor ek in die stort wil klim(ek draai altyd die water voor die tyd aan), sien ek die sjampoo is op en loop na die kassie waar die ekstra een is.  Toe ek omdraai is Minos in die stort en net so vinnig daaruit.  Eers het ek nie gedink hy was diep genoeg in om nat te word nie, en stel toe nie ondersoek in nie.  Toe ek klaar gestort is, en in die kamer kom sien ek hom in 'n klein hopie le.  Nat van kop tot tone.  Foeitog.  Ek het dadelik 'n handdoek gaan haal en hom afgegdroog.  Ek was sy held, maar ook nie vir lank nie.  Hy het die laaste bietie water uitgeskud en met Toon begin speel.

Dis dan my nuus vir vandag.  Mag julle 'n lekker dag hê

Groetnis
Theresa


















s

Tuesday 13 January 2015

Liewe Vriende

Nou moet ek eers my bril afhaal om te kan sien wat ek skyf.  Die mutifocal werk nie vir my nie.  Ekan glad nie daarmee lees nie, maar ver sien ek goed.  As ek dus iets na wil lees soos 'n boek of op die Kindle moet ek my bril afhaal.  Almal lag altyd daaroor, maar ek is dit al gewoond en lag gewoonlik saam.

Die laaste 2 dae was skrikwekkende  dae.  Renate se nuwe skooldrag moes gekoop word.  Ek het darem al die baadjie en die truie verlede jaar gekoop, maar nou is dit nog die broeke (wat Woolies nie het of inkry nie(, die sweetpak, baggy shorts en 'n pet en hemde wat haar pas. Dan moet die skooltas ook blou wees.  Daar het ek my voet neergesit.  Die russakkies wat hul verkoop is skaars groot genoeg  vir die graad 1's se boeke, wat van graad 11.  Ek her toe 'n gewone skooltas gaan koop en die verskeidenheid was nie vreeslik goot nie en dis alles Quick Silver of Billabond wat vrek duur is en die sakke het nie afskortings in nie,dus die boeke gaan in elke geval verniel.  Toe moes ons ry om haar sweetpak te laat kleiner maak.  Sy het 'n small gevat nadat die 14 haar nie gepas het nie.  Gelukkig is die vrou wat die naalwerk doen goed en  sal sy sekerlik 'n behoorlike werk doen.  Ons kan nie sweetpak volgende week gaan haal.  Die erekleure wapens het sy dadelik aangewerk waaroor ek baie dankbaar is.  Want ek en naai is nie groot vriende nie.  My bediende doen dit gewoonlik maar dis nie altyd so reguit nie.

Verder het Minos ons nuwe worshondjie eers  vir my en gisteraand die hele nag wakker gehou.  Hy het nie einde nie.  Ek gaan hom nou buite sit sodat hy sy energie kan uitspeel, want ek dink dit is die probleem.

Ek en Karin speel weer more Scrablle en ek sien vreeslik uit daarna al kry ek meeste van die tyd 'n kafferpak.  Maar dit hou mens se verstand aan die gang.

Ek het aan die begin van verlede jaar 'n klein beroerte gehad en dit het my bloed suiker laat styg tot dertig   Ek was  was vir 3 dae in intestief in 'nkoma en 3 dae in hoe sorg voor hul my oorgeplaas het na 'n gewone saal waar ek vir 10 dae aanmekaar  antibotika gekry het deur 'n drup. Die infeksie het by my blaas begin.  Wat snaaks is, is dat ek geen pyn in my blaas ondervind het nie, ook nie die blaasinfeksie wat dit vooraf moes gegaan het nie.  So wys dit hoe maklik iets kan verkeerd loop in 'n oogwink.  Ek was glo byna dood.  Daarna moes ek weer loop en my hande gebruik agv die beroerte.  Ek moes leer skryf. dinge optelen en in mekaar mekaar vleg, Alles wat hulle by 'n arbeidsterapeut doen. Ek kan nog steeds nie bei of hekel nie.  My verstand het dit verloor.  En my kreatiwiteitis weg.  Ek kan nie gedigte of stories skryf nie. Ek is vreeslik lief om klavier te speel, mar dit is heeltemal weg.  Ek klink soos 'nbeginnertjie wat soek soek na die note.  Ek het besluit om dit maar op te gee en liewer my aandag aan die tikwerk te bestee.  Daarom het ek die blog begin, om myself te dwing om minstens een dag 'n week iets te tik.  Dit gaan nou al baie beter en sal ek een van die dae weer so vinnig soos algyd kan tik

Dis nou al vir vandag

Aooi bly en lekker dag

Theresaa

Saturday 10 January 2015

Liewe vriende

Vandag was 'n redelike stil dag by ons.

Ons het vanoggend gou dorp toe gegaan om melk ens te koop en toe lekker rustig by die huis gewees.

Ek het my boek "Me before you" deur JOJO Moyes klaar gelees.  Dis 'n baie mooi boek en ek beveel aan dat as jy dit in die hande kan kry, jy dit gerus maar kan koop om te lees.  Dis een van daardie boeke wat jy op jou boekrak wil he.  Een van haar ander boeke is One plus One.  Ek kry nie name van haar boeke nie.  Ek lei dus af dat sy 'n nuwe skrywer is wat nog net hierdie 2 boeke gepubliseer het.

Dis nou omtrent 5 uur en ons gaan netnou take aways soek.  Renate gaan na 'n afskeid wat een van haar vriendine hou.  Die res van ons gaan vanaand maar net nus en tv kyk of lees.  Elfi begin ook nou om haar visse en ander diere kos te gee en dit neem haar tot half 8 om klaar te maak want sy gee aan elkeen aandag.

Vanuit 'n rustige Walvisbaai groet ek tot volgende keer.

Theresa

Thursday 8 January 2015

Liewe Vriende

Ek het lanklaas geskryf.  My 2 oudste kinders uit Kaapstad het tot gister hier gekuier en het ek werklik nie tyd gehad nie.  Ons was te besig.  Hulle is darem al veilig by die huis.  Hulle was so 5 uur daar.  Nou kan my siel weer rus.Veral na Kersfees en die grootste mallemoes in die winkels verby was, het ons winkel toe gegaan en sommer rondgeloop en hier en daar iets gekoop.  Ons was by die see en het Pelican Point toe gery om hulle weer die ligtoring te wys.  Ek dink hulle huil as hulle weer na hom moet gaan kyk.  Ons het terselfdertyd sommer 'n lekker piekniek ook gehou.

Verder het ons flieks en series gekyk en ek het van my foto's geredigeer en ek is nog nie klaar daarmee nie.  Dit was net te veel.  Vir die volgende week of twee is dit ek en die res van die foto's.

Ek en Renate was vandag skool toe om haar laaste skooldrag te gaan koop.  Toe ons by die huis kom is alles te groot.  Die groottes spring van 14 na 'n small en ek het gedink die small sal haar pas want sy word volgende maand al 17.  Nou is dit more terug skool toe met die groot goed en dan gaan ons haar skryfbehoeftes kry en nuwe langbroeke en hemde.  Sy's uit alles uitgegroei.

Ek hoop ons kry alles gedoen sodat sy die laaste naweek en 2 dae van die vakansie kan geniet.  Ek en een van gaar maats se ma het klaar planne gemaak om Maandag die 2 by die 1 of ander restaurant te gaan bederf.  Ek hoop hulle geniet dit.

Moremiddag het ons en Renate 'n afspraak by die skool om haar vakkeuses en grade te bespreek vir gr 11.  Hier kies ons kinders eers hul finale tale in graad 11.  Hoop die afspraak loop reg af want ek kan nie saamgaan nie.  Lyk my ek het 'n spier in my lies gerek en ek is op  krukke en daar is blykbaar net 'n styl opdraand om by die klas uit te kom, en dit gaan ek nie met krukke probeer nie.  Nou van Theo af by die werk vir daardie tydjie sodat hy kan saamgaan.

My nuus is nou op
Gesondheid en guns
Theresa