Sunday, 7 September 2014

Liewe Lesers

Ek het te gou gepraat.  Vanoggend toe ek opstaan is my rug van voor  seer,so erg dat ek skaars kan beweeg. Theo het my toe darem 'n inspuiting gegee wat die pyn weggeneem het.  Nou voel ek heeltemal gesond, maar wat nou van more weer.

Dit was 'n stil en sonnige Sondag hier by ons.  Ons het nie veel gedoen nie en middagete het ons weer gebraai. Daar is darem niks so lekker soos 'n tjoppie op die vuur nie.  Na ete was ons almal lui en ons het wraggies al 4 aan die slaap geraak.  Ons het eers teen omtrent 5 uur gesurface.  Toe het ek Renate se heraansoek vir haar skool ingevul.  Aai die vrae wat mens jaar na jaar moet invul.  Gelukkig is dit nou klaar.  Ek het foto's geprint vir Renate se kultuuraand. Dis hierdie week en sy het deelgeneem aan die fotografie afdeling. Maar daar moet 'n hele plakaat van foto's wees.  Ons maak al 'n hele ruk aan die foto's bymekaar  en ons het 'n hele klomp. 'n Redelike variasie van goed. Die meeste is natuurlik in Frankfurt, Duitsland geneem waar sy onlangs vir karate was.

Sy neeem ook deel aan die Afr en Eng  skryfafdelings en gedigte en sy is 'n kultuurmonitor.

Ons sal maar Dinsdag kyk hoe gaan dit.

Ek het op hierdie Sondag vir julle geen meer nuus nie, behalwe natuurlik dat ons tyd aangeskuif het en ons nou weer op SA tyd is.  In die winter is ons een uur agter

Groetnis
Theresa

Saturday, 6 September 2014

Hallo almal

Ek voel vandag stukke beter, na ek 2 keer al van die antibiotika vir nierpypontsteking gedrink het.  Dit lyk tog of my vreeslike rugpyn van daar af gekom het.  Ek is net dankbaar ons kon  so gou die oorsaak kry, want veel langer sou ek die pyn nie kon uithou nie.  En ek het nogal 'n hoê pyndrempel. Op 'n skaal van 1 tot 10 is ek tussen 'n 8 en'n 9.  Ek kan dus erge pyn verduur.

Gister was dit Matriekafskeid hier by ons.  Ek moes al vroeg-middag begin om foto's te neem van almal wat gevra het voor die tye.  Van 6 uur af het die karre met die paartjies begin inkom.  Dit was op die skool se rugbyveld in 'n groot tent.  Daar was dis genoeg spasie vir al die toeskouers op die pawiljoene.  Ek het ook gegaan want een paartjie het my gevra om hulle af te neem as hul uit die kar klim.  Nadat hulle in die tent verdwyn het, het ek ook die hasepad gekies want dit was vrekkoud.  En boonop was daar soveel fotograwe dat 1 minder geen verskil sou maak nie.

Renate doen al die hele dag huiswerk,maar het nou 'n breuk gevat om haar voêlhok skoon te maak.  Dié lyk nou splinternuut. Sy is baie erg oor daardie voëltjie van haar, maar vandag het sy haar vir hom vervies, want hy byt haar die hele tyd.  Niemand weet waarom nie.

Theo soek intligting op die internet oor die vooruitgang van tegnologie vir Renate.  Sy moet Maandag 'n feitelike opstel daaroor indien van  400 woorde.  Dit is vir my belaglik om so'n opstel te gee met net 'n naweek tyd daarvoor.  Ek verstaan dit nie, en sal seker nooit verstaan hoe 'n onderwyser se kop werk nie.  Ek het niks teen hulle nie, van my beste vriende is onderwysers.

Die vlakoek wat ek bestel het, het die kinders klaar opgeëet.  Lyk my hulle was baie lus vir soetgoed en ek is nie so goed met koeke en terte nie.

Verder het ek die rugby gekyk.  Ek is jammer SA het verloor,maar ek dink die Aussies het verdien om te wen.  Hulle het baie meer balgesit as die Springbokke gehad en het oor die algemeen beter gespeel.

Groetnis
Theresa

Friday, 5 September 2014


Hallo

Hallo

My rug voel nog steeds nie beter nie, dus is dit weer 'n dag van leesi vir my. Nie dat ek omgee nie, ek wens  met die rugpyn wil sy loop loop kry.  Ek kan skaars loop.  Vandag sit ek foto's van Langstrand op.  Langstrand is presies in die middel vanSwakopmund en Walvisbaai geleë.  So omtrent 15 km van elk.  Dit is die speeelplek van die rykes.  Dis waar Brangelina ook gebly het toe sy haar dogtertjie , Sienna, verwag het, maaar daar is ook die goedkoper akkommodasie vir die wat goedkoper wil bly.Daar is ontsaglik baie woonstelblokke en ook huise wat mens kan huur.  Die strand is pragtig en daar is ook  jetty met 'n kroeg op die einde.  Daar is 'n fancy restaurant en ook 'n kiosk en goedkoeper eetplekke.  Daar is ook 'n getypoel waar kinders lekker kan swem en afdakke waar die ouers lekker kan sit en braai en piekniek hou. Regoor Langstrant oor die straat is daar 'n maatskappy wat 4 wiel avonture bedryf. Ons was al self met een van die toere en dat was ongelooflik om van 'n hoë duin af te kyk ondertoe.

 Sonsondergang by Langstrand
 Renate

 Sonsondergang





 Renate

 Reiers




 Seemeeue

 Jetty








 Visvang
 Speelplek vir kinders


 Braaivleisplekke




Groetnis
Theresa

Thursday, 4 September 2014

Goeienaand liewe lesers


Ek is so laat vanaand oor ek driewart van die dag aan my bed vasgekluister.  Onthou julle ek vroeêr die week van rugpyn gekla.  Wel vanoggend was dit so erg dat ek nie kon loop nie.  Nie eers pynpille het gehelp nie,  Nadat ek gestort hetm het ek sommer weer in die bed gaan lë..  Later het ek opgestaan en voor die TV gaaan sit en uit my Kindle gelees en later toe weer gaan lê.   My man vermoed dit is nierpypontsteking en dan kan ek die regte antibiotika kry.

Verder het ek niks gedoen nie en vanaand se blog gaan maar kort wees.  Hoop julle het almal 'n lekker en geseênde dag gehad.

Groetnis
Theresa

Wednesday, 3 September 2014

Hallo liewe lesers

Hier rondom my is dit doodstil.  Elfi het voor die TV aan die slaap geraak en ek het hom afgesit en Renate doen doodstil haar huiswerk by die kombuistafel.  Elke hond en kat het 'n plek om te lê en ek dag toe dis die perfekte tyd om my blog te skryf.  Netnou begin die warboel weer en dan sukkel ek om 'n tydjie af te knyp.

By ons hang die lente in die lug, maar dis nog nie heeltemal hier nie.  Ons beleef nog parykeer 4 seisoene in een dag. Op die oomblik is dit mooi weer sonder wind en sand en die lug is blou.  Oor 'n uur kan alles verander en die lug in so 'n grys kleur verander end die wind kan begin waai.  Die tuinman is hier, dus is alles wat vol sand was, buite gevee en skoongemaak.  Mens moet hier bykans elke dag vee was die wind waai. Dit waai ook by die water afvoerpype op die dakke vol sand en dit moet ook skoongehou word, vir ingeval dit reën, wat natuurlik hier nie so baie gebeur nie,  Die wind waai sulke klein duintjies teen die mure vas, wat nogal groter word so met die tyd as jy dit nie wegvee nie.

Renate het heel vrolik van die skool af gekom omdat sy 'n lekker science periode gehad het.  Sy het vir ons allerhande goed verduidelik en vertel dat jou nawel die middelpunt is waarom jou liggaam gesentreer is, en dit is altyd op jou voete gerig, anders sal jy val, of so iets.  Hulle moes ook op stoele sit - 4 wat na mekaaar toe kyk en dan draai jy rug tot rug om op die stoel en lê op die ander een se skoot,  as  jy dan die  stoele onder hulle uittrek, val hulle nie inmekaaar nie, maar bly so staan.  Ek verstaan niks daarvan nie. 

Jack is besig om bietjie sterker te word op sy hoë proteinkos, maar hy is niks vetter nie.  Dis nou maar eers 'n week wat hy die dieet volg en ek verwag dalk te veel te vinnig.  Maar hy is duidelik sterker want hy spring makliker op die stoele en banke.  Dit breek my hart om die hondjie so te sien en hoop van harte dat hy beter word.  Renate bly hoop dat hy gesond sal  word, en ander kere sê sy dis die begin van die einde vir Jack.  Aai die emosies ry maar wipplank met haar.  Maar sy is stiptelik met sy kos en pille en ons kan maar net hoop.

Ek gaan afsluit vandag met 'n gedig oor die lente. Hoop julle geniet hom.



SPRING
Cows graze on new grass
Days become longer and warmer
The hens are on their eggs to hatch
They keep them safe and warm with their feathers
until they hatch.

Ducklings with their fluffy wings look for water
It is spring on the farm
The swallows fly to the barn
The birds visit the gardens again
as it is in full bloom
More come as the weather gets hotter

Crops are sown
Patterns made by the tractor
sowing seeds in rows.

Rabbits emerge from their holes
and eat the young  shoots
Lambs  are born
Sheep dogs are working overtime to keep the flock together

Spring and barn owls have their young
The parent owls feed them
but there seems never to be enough
The owlets  keep asking for more
Other birds are also feeding their young
very bird with the same problem

This is spring
The most fairest season of them all.

©Theresa Potgieter
Walvis Bay
21/07/2014



Groetnis
Theresa

NS.  Nou is my wi-fi weer af en kan ek nie publish nie.  Die tegnologie wil nie altyd saamspeel nie.














Tuesday, 2 September 2014

Goeiemiddag julle

Dis 'n kouerige dag hier by ons.  Dit het tot gemisreën vanmiddag toe ons vir Renate by die skool gaan haal.  Dis maar die eerste dag van skool en die kind het al klaar soveel huiswerk dat dit haar al die hele middag aan die gang hou.

Ek is baie trots.  Sy het vir verlede semester eksamen 1ste op die Top 10 gestaan.  Dis 'n groot prestasie, maar sy het besonder hard daarvoor gewerk.  Nou vir die volgende semester wat voorlê - langer as 3 maande.  Teen daardie tyd is die kinders al flou gewerk en dan begin die eksamen eers.Maar daardie brug sal ons oorkom as ons daar kom.

My skuifdeur se  wieletjies bo en onder was stukkend en die alluminium-mense het vandag eers hier opgedaag om dit reg te maak.  Ek het al moed opgegee dat enige iemand sal kom om dit te kom regmaak.  Hulle het ook die skuifsifdeur hier weg om nuwe gaas oor  hom te gaan trek.  Die katte krap hom elke somer stukkend as mens die skuifdeur ooplos en net die gaasdeur toe hou.  Hulle wil buitentoe, maar ons wil nie hê hulle moet nie, want hier raak die katte weg as hulle te ver van die huis af dwaal.

Ek het vir die kinders 'n Vlakoek bestel by Kokketoor, maar dit het toe vanoggend nie opgedaag nie, maar sal moreoggend daar wees.  Hulle was baie teleurgesteld, want hulle is glo baie lus vir die koek.

Ek plaas vir julle een van gedigte oor die winter wat verby is.




Winter

'n Stofrooison
op die horison    
Kaal takke teen die lug
Blare fladder in die koue
Die note van 'n klavier
maak die koue draagbaar voor die kaggel
waarin 'n vuur brand

Die volgende oggend vind jy insekte fyn
met wind wat deur die bome suis
'n voëltjie wat sing

©Theresa Potgieter
Walvisbaai
25/7/2024


Groetnis
Theresa

Monday, 1 September 2014

Liewe Vriende

Dit was 'n heerlike lentedag by ons.  Die weer was lekker en die wind en sand het nie gewaai nie.  In ander woorde, dit was die perfekte dag.

Ek was toe vanogggend by my vriendinse opening van Kokketoor.  Dit was 'n bedrywigheid want die houtwerkmense was nog nie klaar nie, en moes so tussendeur die koeke en ander gebak doen wat hulle wou.  Al wat nou nog kort is die glas wat die rakke moet vorm in die onderste vertoonvensters van die kiosk, wat seker more sal gebeur.  Ek het nege uur daar opgedaag en daar was klaar al reeds heelwat verkoop.  Die groot koeke het gewaai soos soetkoek. Een het glads 3 gekoop .  Die klein koekies en pasteie was net so gewild.

Ek het met die man wat die koeke bak gepraat en hy het gesê dat hulle 'n groot industriële oond het waarin hulle tot 35 koeke op 'n slag kan bak.  Dan versier hy dit self plaas dit in die verpakkings.  Hy lewer by verskeie plekke in die dorp af.  Hy was vroeër by 3 Spar bakwinkels ,en toe hy aftree toe begin hy hierdie besigheid. Wel, solank ek dit nie hoef te doen is dit goed.  Ek en gebak is oos olie en vuur.  Ek  is niks lief vir bak, or for that matter, kook nie.  Elfi kook in ons huis en as hul gebak wil hê doen Renate dit.

Ons is besig om vir die vriendin 'n LIKE blady op Facebook oop te maak. Dis nou vir jou 'n ding.  Dit duur al die hele middag en dis nog nie klaar nie.  Hulle vra so baie vrae en dan kan jy nog foto's
daarop laai en dit vat baie tyd.  Ek het nogal 'n klomp foto's geneem vanoggend wat Elfi nou besig is om op te laai.  Maar ek dink die blad gaan mooi lyk as alles klaar is.  Al die inligting van Kokketoor is daarop tot hul spyskaart en tye wat hul oop is.

Ek was tot omtrent 1 uur daar en dit was vrek besig.  Die voorraad was byna uitgeput.  Ek dink daar was 1 grootkoek en 'n paar pasteie oor en  dit moet nog oopbly tot 6 uur.  Sy het toe haar ma gebel om dringend pasteie te bak en te bring.  Die groot koeke kan mens darem bestel as jy een wil hê.  My kinders wil juis hê ek moet 'n vlakoek vir more bestel.

Die skool begin more en Renate is besig om haar goed vir die nuwe kwartaal uit te sorteer en in haar tas te pak.  Alles is uit die tas na verlede termyn se eksamen. Dit lyk nogal vir my na 'n groot werk.  Maar sy wil nie hulp hê nie, want sy wil self weet waar el keding is, sodat sy nie in die klas hoef rond te soek daarvoor nie,

Ek groet maar vir eers
Tot more
Groetnis
Theresa