Sunday 7 September 2014

Liewe Lesers

Ek het te gou gepraat.  Vanoggend toe ek opstaan is my rug van voor  seer,so erg dat ek skaars kan beweeg. Theo het my toe darem 'n inspuiting gegee wat die pyn weggeneem het.  Nou voel ek heeltemal gesond, maar wat nou van more weer.

Dit was 'n stil en sonnige Sondag hier by ons.  Ons het nie veel gedoen nie en middagete het ons weer gebraai. Daar is darem niks so lekker soos 'n tjoppie op die vuur nie.  Na ete was ons almal lui en ons het wraggies al 4 aan die slaap geraak.  Ons het eers teen omtrent 5 uur gesurface.  Toe het ek Renate se heraansoek vir haar skool ingevul.  Aai die vrae wat mens jaar na jaar moet invul.  Gelukkig is dit nou klaar.  Ek het foto's geprint vir Renate se kultuuraand. Dis hierdie week en sy het deelgeneem aan die fotografie afdeling. Maar daar moet 'n hele plakaat van foto's wees.  Ons maak al 'n hele ruk aan die foto's bymekaar  en ons het 'n hele klomp. 'n Redelike variasie van goed. Die meeste is natuurlik in Frankfurt, Duitsland geneem waar sy onlangs vir karate was.

Sy neeem ook deel aan die Afr en Eng  skryfafdelings en gedigte en sy is 'n kultuurmonitor.

Ons sal maar Dinsdag kyk hoe gaan dit.

Ek het op hierdie Sondag vir julle geen meer nuus nie, behalwe natuurlik dat ons tyd aangeskuif het en ons nou weer op SA tyd is.  In die winter is ons een uur agter

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment