Wednesday 17 September 2014

Liewe vriende

Vandag is ek 'n baie trotse ma.  Renate het gister by die skool se sportprysuitdeling 'n erekleure balkie vir haar karate gekry en sy is aangewys as Senior Sportvrou van die Jaar.  Ons was totaal verstom, want ons het dit nie verwag nie.







Dis sulke regte eendeweer hier by ons.  Dis bewolk en koud en nou en dat motreën dit ook.  Dis net reg vir pannekoek en in die bed lê met  'n lekker boek. 

Vanoggend het ek nie veel gedoen as die gewone takies in die huis nie.  Vanmiddag het ek Renate gevat vir die Junior Stadsraadvergadering en ek moet haar seker netnou weer gaan haal.  Gaan vir Elfi omkoop om dit te doen want ek kry regtig te koud.

Dis dan al van my vir die dag

Mooi bly tot more
Theresa

No comments:

Post a Comment