Monday 8 September 2014

Hallo julle

Vanoggend was 'nn deurmekaar oggend hier in die Potgieter-huis.  Die tyd het mos aangeskuif terug na SA tyd, maar ongelukkig skuif mens se innerlike horlosies nie aan nie.  Almal was baie vroeg al gecollar en getie en nêrens om heen te gaan nie.  En ek was so vaak, daai ekstra uurtjie se slaap sou die verskil gemaak het.  My rug was vanoggend effens beter, so dat ek darem redelik maklik kon beweeg, maar ek het op die ou end maar pille gedrink, want die pyn is 'n knaende pyn.  Dit hou nie op nie,

Vanoggend het ek Renate se foto's vir haar klaar geprint en halfpad of die bord geplak.  Toe sy van die skool af kom, het die onderwyseres besluit dat die foto's nie uitgestal sal werk nie,maar net oor die monitor gewys sal word, want die uitstalruimte in die saal is te min.  Ek was nie baie gelukkig nie,hulle kon vroeer laat weet het, dan was al die moeite nie verniet nie.  En dit kos tyd om alles mooi te plak en te merk waar elke foto moet kom, sodat hulle mooi inpas op die bord.  Gelukkig het ek dit met Prestik geplak, sodat mens die bord weer vir iets anders kan gebruik, al is dit nou nie vir die foto's nie.  Die bord kom al so lank saam met ons.  Dit was die Science Fair bord en allerhande uitstallings s'n.  Ek het eintlik my geld goed bestee om daardie bord destyds te laat maak.

Renate het weer vreeslik vrolik van die skool af gekom en het aanmekaar gepraat vir 2 ure lank oor alles en nog wat - sy wil gym om haar kuite mooi te kry vir  die matriekafskeid (dis eers oor 2 jaar), ook oor hoe haar rok en date vir die matriekafskeid moet lyk, van hoeveel huiswerk daar is en honderde staaltjies oor die onderwysers.

Ek self was die heeldag besig om foto's te sny en in te pas op 'n bord.  Daar was vanoggend werklik net genoeg tyd om dit klaar te kry.  Elfi moes die kuideniersware gaan koop, want ek was bang ek kry nie klaar nie.  En dit alles verniet.  Op 'n stadium moes Elfi ook inspring en help.

Hoop julle het more 'n lekker dag vol seen en emmers vol lag en vreugde

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment