Monday 15 September 2014

Hallo

Ek het vandag heeltemal verslaap en eers 9 uur wakker geword, na ek die hele nag lank rondgerol het.  Gelukkig was ek darem uitgeslaap en het ek darem nie die hele dag soos 'n zombie rondgeloop nie.
Ek het die gym laat skoonmaak vandag.  Dit het soos 'n klein woestyn gelyk daarbinne en daar staan nog 'n hele klomp bokse wat uitgepak moet word.  Miskien moet ek een of ander tyd 'n plan daarmee maak.

Renate het nou net van die karate af gekom en is heel opgewonde daaroor.  Hulle het Saterdag 'n kompetisie wat NAKU genoem word,  Dit is verskillende style teen mekaar. Verder het sy vanmiddag boogskiet by die skool gehad, maar sy kom nie reg met 'n regterhandboog nie.  Toe laat hulle haar met 'n linkerhandboog skiet, en sy kry dit perfek reg.  Ai, die kinders darem.  Na al die rondryery vandag, Renate het nog aan 'n taak by 'n vriendin ook gaan weerk, was ek teen 5 uur vodde.  Gelukkig het Elfie kos gemaak en kon ek net rustig sit.

Ek sit foto's op vanaand wat Renate geneem het tydens haar toer Duitsland en Italië toe. Sy wil die foto's inskryf vir die skool se kultuurprysuitdeling. Die foto's is almal in Frankurt am Main geneem

Groetnis
Theresa


















No comments:

Post a Comment