Saturday 6 September 2014

Hallo almal

Ek voel vandag stukke beter, na ek 2 keer al van die antibiotika vir nierpypontsteking gedrink het.  Dit lyk tog of my vreeslike rugpyn van daar af gekom het.  Ek is net dankbaar ons kon  so gou die oorsaak kry, want veel langer sou ek die pyn nie kon uithou nie.  En ek het nogal 'n hoê pyndrempel. Op 'n skaal van 1 tot 10 is ek tussen 'n 8 en'n 9.  Ek kan dus erge pyn verduur.

Gister was dit Matriekafskeid hier by ons.  Ek moes al vroeg-middag begin om foto's te neem van almal wat gevra het voor die tye.  Van 6 uur af het die karre met die paartjies begin inkom.  Dit was op die skool se rugbyveld in 'n groot tent.  Daar was dis genoeg spasie vir al die toeskouers op die pawiljoene.  Ek het ook gegaan want een paartjie het my gevra om hulle af te neem as hul uit die kar klim.  Nadat hulle in die tent verdwyn het, het ek ook die hasepad gekies want dit was vrekkoud.  En boonop was daar soveel fotograwe dat 1 minder geen verskil sou maak nie.

Renate doen al die hele dag huiswerk,maar het nou 'n breuk gevat om haar voêlhok skoon te maak.  Dié lyk nou splinternuut. Sy is baie erg oor daardie voëltjie van haar, maar vandag het sy haar vir hom vervies, want hy byt haar die hele tyd.  Niemand weet waarom nie.

Theo soek intligting op die internet oor die vooruitgang van tegnologie vir Renate.  Sy moet Maandag 'n feitelike opstel daaroor indien van  400 woorde.  Dit is vir my belaglik om so'n opstel te gee met net 'n naweek tyd daarvoor.  Ek verstaan dit nie, en sal seker nooit verstaan hoe 'n onderwyser se kop werk nie.  Ek het niks teen hulle nie, van my beste vriende is onderwysers.

Die vlakoek wat ek bestel het, het die kinders klaar opgeëet.  Lyk my hulle was baie lus vir soetgoed en ek is nie so goed met koeke en terte nie.

Verder het ek die rugby gekyk.  Ek is jammer SA het verloor,maar ek dink die Aussies het verdien om te wen.  Hulle het baie meer balgesit as die Springbokke gehad en het oor die algemeen beter gespeel.

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment