Friday 19 September 2014

Hi almal

Vandag is 'n heerlike sonskyndag hier by ons na die suidewind ons geister amper weggewaai het.  Die sand het soos mini duine teen my huis se mure gelê.  Gewoonlik is die suidewind sonder wind, maar gister nie. 

Ek was vanoggend nogal besig.  Het 3 sketse geskryf (een vir Huisgenoot)  en 4 gedigte.  Ek dink ek was genoeg produktief vir die dag.  Al wat ek nou nog moet doen is om die Huisgenoot storie nog 'n slag te redigeer en by die tuisnywerheid vir my kinders 'n koek te gaan koop vir die naweek.  Dis al 'n instelling by ons.


Ek sal my sketse plaas as ek heeltemal tevrede is met hulle, dan kan julle dit ook lees.
 


Ek plaas nog 'n paar foto's van die Sportprysuitdeling van Donderdagaand.

 Die o/19 Hokkiespan ontvang die trofee vir die beste Hokkiespan

 Karateka wat Oorsee of plaaslik internationaal deelgeneem het

Renate ontvan haar Sportvrou van die jaar by Johanna Benson, Goue Medalje wenner by die Paralimpiese spele

Dit is amper tyd om Renate by die skool te gaan haal, dus sluit ek maar af.

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment