Friday 5 September 2014


Hallo

Hallo

My rug voel nog steeds nie beter nie, dus is dit weer 'n dag van leesi vir my. Nie dat ek omgee nie, ek wens  met die rugpyn wil sy loop loop kry.  Ek kan skaars loop.  Vandag sit ek foto's van Langstrand op.  Langstrand is presies in die middel vanSwakopmund en Walvisbaai geleë.  So omtrent 15 km van elk.  Dit is die speeelplek van die rykes.  Dis waar Brangelina ook gebly het toe sy haar dogtertjie , Sienna, verwag het, maaar daar is ook die goedkoper akkommodasie vir die wat goedkoper wil bly.Daar is ontsaglik baie woonstelblokke en ook huise wat mens kan huur.  Die strand is pragtig en daar is ook  jetty met 'n kroeg op die einde.  Daar is 'n fancy restaurant en ook 'n kiosk en goedkoeper eetplekke.  Daar is ook 'n getypoel waar kinders lekker kan swem en afdakke waar die ouers lekker kan sit en braai en piekniek hou. Regoor Langstrant oor die straat is daar 'n maatskappy wat 4 wiel avonture bedryf. Ons was al self met een van die toere en dat was ongelooflik om van 'n hoë duin af te kyk ondertoe.

 Sonsondergang by Langstrand
 Renate

 Sonsondergang





 Renate

 Reiers




 Seemeeue

 Jetty








 Visvang
 Speelplek vir kinders


 Braaivleisplekke




Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment