Tuesday 23 September 2014

Hallo Almal

Vanoggend was dit koud met die suidewind wat veral by die lagoon erg gewaai het.  Ek was nie te warm aangetrek nie, en die koue het deur murg en been gesny. Vanmiddag was dit weer oosweer en sand.  Dan waag ek dit nie om uit te gaan as ek dit kan verhelp nie.  Daai mica waai in plekke in waar jy nie geweet het jy plekke het nie.

Ek en my vriendin, Hannelore, was vanoggend by die WAC fest.  Dit staan vir Walvis Bay arts and Crafts Ass.  Daar is allerhande snuisterye te koop en so voor Kersfees is dit 'n goeie plek om vroeg jou Kersinkopies af te handel.  Daar is kerse, geborduurde handdoeke en waslappe, geverfde kombuisgoed, lanterns, die mooiste houtwerk, lampe van volstruiseiers, gelamineerde skinkborde en natuurlik baie kersversierings ook. Daarna het ons gaan koffie drink en iets eet en toe het ons langs die lagoon gaan sit en na die flaminke gekyk.  Ongelukkig was die oggend toe om en moes Renate by die skool gehaal word.

Vanmiddag het ons maar rustig by die huis deurgebring.  Renate moes leer vir 'n biologie toets en ons het haar skaars gesien.  Van  Elfie se witrotte  het mekaar gebyt oor daar kleintjies is en sy het meer as die helfte van die middag die rotte rondgeskuif sodat daar nie nog moeilikheid kom nie.  Sy moes tot 'n ekstra vistenkie gaan koop vir die een rot wat nie 'n woonplek  hier kon kry nie.  Maar alles is nou uitgesorteer en al die rotte is ok.

Ek plaas vanaand Frankfurt se fotos wat Renate geneem het toe sy in Duitsland was.  Gisteraand wou die internet nie saamwerk nie.

 Die plesierboot waarmee die kinders gery het en hulle uitsig vanaf hulle bootrit









No comments:

Post a Comment