Monday 1 September 2014

Liewe Vriende

Dit was 'n heerlike lentedag by ons.  Die weer was lekker en die wind en sand het nie gewaai nie.  In ander woorde, dit was die perfekte dag.

Ek was toe vanogggend by my vriendinse opening van Kokketoor.  Dit was 'n bedrywigheid want die houtwerkmense was nog nie klaar nie, en moes so tussendeur die koeke en ander gebak doen wat hulle wou.  Al wat nou nog kort is die glas wat die rakke moet vorm in die onderste vertoonvensters van die kiosk, wat seker more sal gebeur.  Ek het nege uur daar opgedaag en daar was klaar al reeds heelwat verkoop.  Die groot koeke het gewaai soos soetkoek. Een het glads 3 gekoop .  Die klein koekies en pasteie was net so gewild.

Ek het met die man wat die koeke bak gepraat en hy het gesê dat hulle 'n groot industriële oond het waarin hulle tot 35 koeke op 'n slag kan bak.  Dan versier hy dit self plaas dit in die verpakkings.  Hy lewer by verskeie plekke in die dorp af.  Hy was vroeër by 3 Spar bakwinkels ,en toe hy aftree toe begin hy hierdie besigheid. Wel, solank ek dit nie hoef te doen is dit goed.  Ek en gebak is oos olie en vuur.  Ek  is niks lief vir bak, or for that matter, kook nie.  Elfi kook in ons huis en as hul gebak wil hê doen Renate dit.

Ons is besig om vir die vriendin 'n LIKE blady op Facebook oop te maak. Dis nou vir jou 'n ding.  Dit duur al die hele middag en dis nog nie klaar nie.  Hulle vra so baie vrae en dan kan jy nog foto's
daarop laai en dit vat baie tyd.  Ek het nogal 'n klomp foto's geneem vanoggend wat Elfi nou besig is om op te laai.  Maar ek dink die blad gaan mooi lyk as alles klaar is.  Al die inligting van Kokketoor is daarop tot hul spyskaart en tye wat hul oop is.

Ek was tot omtrent 1 uur daar en dit was vrek besig.  Die voorraad was byna uitgeput.  Ek dink daar was 1 grootkoek en 'n paar pasteie oor en  dit moet nog oopbly tot 6 uur.  Sy het toe haar ma gebel om dringend pasteie te bak en te bring.  Die groot koeke kan mens darem bestel as jy een wil hê.  My kinders wil juis hê ek moet 'n vlakoek vir more bestel.

Die skool begin more en Renate is besig om haar goed vir die nuwe kwartaal uit te sorteer en in haar tas te pak.  Alles is uit die tas na verlede termyn se eksamen. Dit lyk nogal vir my na 'n groot werk.  Maar sy wil nie hulp hê nie, want sy wil self weet waar el keding is, sodat sy nie in die klas hoef rond te soek daarvoor nie,

Ek groet maar vir eers
Tot more
Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment