Wednesday 10 September 2014

Liewe Vriende

Dit was 'n mistige more wat in 'n lieflike dag ontaard het.  Die son skyn, die wind waai nie,  dus waai die sand nie en dis lekker warm.  Mens het lus om soos 'n akkedis op 'n klip in die sonnetjie te gaan lê.

My vriendin. Hannelore, het my gisteraand gevra om vanoggend saam met haar Swakopmund toe te ry.  Sy moes oogarts toe en toe ons daar kom, doen die man sommer die prosedure in sy spreekkamer.  Sy het in 2010 'n lensoorplanting gehad en nou het daar vog opgebou sodat dit so waterig lyk.  Met die laser was dit 10 minute was sy uit.  Al wat anders was is haar pupil vreeslik vergroot is.  Sy moet nou 'n paar dae 'n donkerbril dra as sy uitgaan in die skerp son en dit behoort binne 2 dae weer reg te wees.

Daarna het ons gaan ontbyt eet by 'n kwekery.  Ons het mense daar ontmoet wat ons ken en na 'n rukkie het hulle geloop, toe kry ons 'n briefie wat sê ons moet ons ete geniet, hulle het klaar daarvoor betaal.  Hoe vriendelik tog. Ons het lank in die kwekery rondgedwaal en na die mooi plante gekyk wat nie die wind hier in Walvis sal oorleef nie.  En ek wil tog so graag 'n mooi tuin hê, maar hier is dit ons nie beskore nie.  Net as jou goed mooi begin groei, waai die ooswind alles stukkend.  Dit help om 'n muur om jou erf te hê, maar stukkend waai hy hulle.

Daarna het  ons 'n vriendin van haar gaan opsoek en lekker gekuier, sommer by haar winkel. Toe het ons gaan kyk watter flieks wys, ons was lus vir fliek, maar alles het toe al reeds begin wys.  Toe sien ons die Spook vanUniondale wys die naweek, nou gaan ons def probeer om te gaan. 

Dit was toe al laterig, half 4, toe besluit ons maar om huis toe te kom.  Die pad was sleg besig met omtrent 30 lorries.  Die pad tussen Walvis en Swakop word nie verniet die pad van die dood genoem nie,

Ek was so 4 uur by die huis.  Elfi het geslaap en Renate is besig om haar huiswerk te doen.  Gelukkig het sy vandag geen buitemuurse aktiwiteite aan die gang nie.  Ons beplan 'n rustige aand van TV kyk en niks doen nie.

Ek gaan vandag die foto's van Renate-hulle se team kata by die Wêreldkampioenskappe opsit.  Elke  beweging van die 3 kareteka wat optree moet absoluut gelyk wees.  Renate is die een links agter.





















 Hulle het omtrent net 15 min geoefen en toe 'n silwer medalje gewen, wat ek nogal dink is goed aangesien daar oor die 30 lande was wat deelgeneem het.

Julle moet mooi bly tot more
Groetnis
Theresa


No comments:

Post a Comment