Wednesday 3 September 2014

Hallo liewe lesers

Hier rondom my is dit doodstil.  Elfi het voor die TV aan die slaap geraak en ek het hom afgesit en Renate doen doodstil haar huiswerk by die kombuistafel.  Elke hond en kat het 'n plek om te lê en ek dag toe dis die perfekte tyd om my blog te skryf.  Netnou begin die warboel weer en dan sukkel ek om 'n tydjie af te knyp.

By ons hang die lente in die lug, maar dis nog nie heeltemal hier nie.  Ons beleef nog parykeer 4 seisoene in een dag. Op die oomblik is dit mooi weer sonder wind en sand en die lug is blou.  Oor 'n uur kan alles verander en die lug in so 'n grys kleur verander end die wind kan begin waai.  Die tuinman is hier, dus is alles wat vol sand was, buite gevee en skoongemaak.  Mens moet hier bykans elke dag vee was die wind waai. Dit waai ook by die water afvoerpype op die dakke vol sand en dit moet ook skoongehou word, vir ingeval dit reën, wat natuurlik hier nie so baie gebeur nie,  Die wind waai sulke klein duintjies teen die mure vas, wat nogal groter word so met die tyd as jy dit nie wegvee nie.

Renate het heel vrolik van die skool af gekom omdat sy 'n lekker science periode gehad het.  Sy het vir ons allerhande goed verduidelik en vertel dat jou nawel die middelpunt is waarom jou liggaam gesentreer is, en dit is altyd op jou voete gerig, anders sal jy val, of so iets.  Hulle moes ook op stoele sit - 4 wat na mekaaar toe kyk en dan draai jy rug tot rug om op die stoel en lê op die ander een se skoot,  as  jy dan die  stoele onder hulle uittrek, val hulle nie inmekaaar nie, maar bly so staan.  Ek verstaan niks daarvan nie. 

Jack is besig om bietjie sterker te word op sy hoë proteinkos, maar hy is niks vetter nie.  Dis nou maar eers 'n week wat hy die dieet volg en ek verwag dalk te veel te vinnig.  Maar hy is duidelik sterker want hy spring makliker op die stoele en banke.  Dit breek my hart om die hondjie so te sien en hoop van harte dat hy beter word.  Renate bly hoop dat hy gesond sal  word, en ander kere sê sy dis die begin van die einde vir Jack.  Aai die emosies ry maar wipplank met haar.  Maar sy is stiptelik met sy kos en pille en ons kan maar net hoop.

Ek gaan afsluit vandag met 'n gedig oor die lente. Hoop julle geniet hom.



SPRING
Cows graze on new grass
Days become longer and warmer
The hens are on their eggs to hatch
They keep them safe and warm with their feathers
until they hatch.

Ducklings with their fluffy wings look for water
It is spring on the farm
The swallows fly to the barn
The birds visit the gardens again
as it is in full bloom
More come as the weather gets hotter

Crops are sown
Patterns made by the tractor
sowing seeds in rows.

Rabbits emerge from their holes
and eat the young  shoots
Lambs  are born
Sheep dogs are working overtime to keep the flock together

Spring and barn owls have their young
The parent owls feed them
but there seems never to be enough
The owlets  keep asking for more
Other birds are also feeding their young
very bird with the same problem

This is spring
The most fairest season of them all.

©Theresa Potgieter
Walvis Bay
21/07/2014



Groetnis
Theresa

NS.  Nou is my wi-fi weer af en kan ek nie publish nie.  Die tegnologie wil nie altyd saamspeel nie.














No comments:

Post a Comment