Friday 26 September 2014

Liewe vriende

Ek het toe vandag, soos ek gesê het ek gaan doen, heeldag boek gelees en ek is klaar met hom.  Dit was baie spannend en vir dié wat graag lees, sal ek hom beslis aanbeveel.

Nou ja, met die dat ek net gelees het, het ek nie nuus nie, behalwe dat die wind ons uit die dorp waai vandag.  Die sand was ook erg en die strate is ook vol sand.  Ek hoop ons het more 'n mooier dag, want vandag se wind was erg.  En 'n klomp maande met rr'e in  lê nog voor, dis Oktober, November en Desember.  Die Namibiêrs glo dis in die maande met 'n r in wat die ooswind so laat waai.

Lekker aand vir julle verder en geniet die wedstryd tussen die Bokke en die Wallabies more

Groetnis

Theeresa




No comments:

Post a Comment