Saturday 13 September 2014

Liewe Vriende

Vandag is ek darem voos rugby gekyk.  Eers die Springbokke wat teen die Kiwi's verloor en vandmiddag die Wp teen die Lions. My moed is skoon in my voete.

Theo is hierdie naweek aan diens by die hospitaal en het ons 3 ander nie veel gedoen nie.  Hy was amper die hele dag daar en net vir kort rukkies by die huis, voor hulle hom weer uitroep.Soms wonder ek of als die moeite werd is.  Gedurende die week werk hy hom vodde en dan word hy nog in die nagte minstens 1 keer uitgeroep.  Oor naweke roteer hulle darem en is hy net so elke 4de of 5de naweek aan diens, maar is dan so moeg dat hy nie lus het om iets te doen nie.  Al wat hy doen is werk en slaap.

Elfie is besig om haar spinnekoppe te versorg en visse kos te gee en Renate is met een of ander Science projek besig.

Ek het nie nog nuus nie, dus sluit ek maar af met 'n gediggie van Ita Froneman:



Dream catcher

catch me a dream
before it slips like water through my grasp
whisper clear thoughts in my ear
oh wind of the sea
before it sighs
sinking empty to bottomless heart
oh catch me a dream
where mountain wolf soars
hear the call of his soul
touching my spirit
to waken my muse
oh catch me this dream
place of open spaces
where sea softly sighs
and fill my heart
with dreams caught
© Ita

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment