Thursday 18 September 2014

Hallo Almal

Hier was dit vandag maar 'n stil dag met al die gewone takies.  Vanmiddag het ons 'n fliek op DStv gekyk, Amazing Racer, dit was nogal baie goed. Verder is Theo besig om te leer vir 'n seminaar wat hy Saterdag moet bywoon oor Veiligheid in die werksplek en hulle gaan 'n toets daaroor skryf. Hy is dus hierdie week gedurig aan die studeer, wanneer pasiënte hom nie uitroep nie, en dit gebeur mos gewoonlik baie as jy eintlik iets anders wil of moet doen.  Maar hy so te sê deur die werk, moet dit net nog 1 of 2 keer deurlees.

Renate het vanmiddag niks aangehad nie, dus was dit nie nodig om te ry nie.  Ons moes net gou na skool vir haar beste vriendin 'n present gaan koop vir haar verjaarsdag.  Sy het al gister verjaar maar moreaand is die partytjie.  Die tema  is die  50's.  Nou is dit 'n gesoek na die regte kleredrag, wat ook  nogal 'n ding afgee.

Ek het vandag nie nog nuus nie, dus groet ek maar.

'n Ou windpomp naby Windhoek

Groetnis
Theresa


No comments:

Post a Comment