Saturday 27 September 2014

Goeiedag liewe vriende

Dit was nou mooi.  Die rugby.  Alhoewel ek in die eerste helfte nie gedink het ons gaan dit maak nie, maar hoe later hoe kwater.  Ons het die wedstryd op topstyl gewen.  Geluk aan ons bokke.

Vandag het die wind weer hier gewaai asof dit uit die mode uitgaan.  Dit huil om die huis se hoeke en jy hoor hom ook by die binnebraai se skoorsteen inwaai.  Dit klink soos 'n klomp motors wat reg langs jou huis verby ry,

Ek gaan vanaand net 'n paar foto's van Renate opsit.  Die foto's is geneem net voordat sy na 'n partytjie toe is.

Groetnis
Theresa








No comments:

Post a Comment