Tuesday 9 September 2014

Naand Almal

Dit was vandag koud hier al het die son geskyn.  'n Geniepsige windjie het heeldag gewaai.
Hoop dit gaan goed by julle en dat julle 'n lekker dag gehad het.

Vandag het ek nie veel om te vertel nie.  Vanoggend was ek lank op FB en het gedigte gepos en ook 'n paar  geskryf.  Vanmiddag het Renate 'n hokkiewedstyd aangehad wat ek gaan kyk het.  Dit was 'n wedstryd tussen die res van die skool en die matrieks.  Almal wat nie hokkie kan speel nie word ook nader getrek om te speel en van reels nakom is daar nie veel sprake van nie. Eintlik was dit 'n onooglike wedstryd en baie deurmekaar, want die kinders het met gewone klere gespeel en jy kon nie uitmaak by watter span elkeen nou eintlik behoort nie.  Maar vir die kinders was dit groot pret.  Die res van die skool het 1-0 gewen tot die matrieks se verleentheid.

Aan die einde van Mei en begin Junie het Renate die geleentheid gehad om saam met Shotokan Karate se Nasionale span Duitsland en Italie, te besoek.  Sy het 2 silwer medaljes verower by die team kata en fighting.  Namibie het algeheel 2de gekom na Italie wat die toernooi aangebied het.  Ons is baie trots op haar. Daar le nou nog 2 kompetisies vir haar oor hierdie semester, een is 'n internasionale wedstryd teen SA en die ander een is NAKU waar al die soorte style karate teen mekaar deelneem.

Ek sit 'n paar foto's op van haar individuele fight op,  Sy is die een met die bruin belt en ek groet sommer daarmee

Krediet vir Konrad Knouds vir die foto's
Mooi dag vir julle more
 Terni, Italie















No comments:

Post a Comment