Thursday 25 September 2014

Hallo Almal

Vandag was 'n lekker dag.  Ek was lekker vroeg op en het 'n paar dinge kon doen wat al lank oorstaan oor ek nie lus is om dit te doen nie.

Teen 9 uur het ek na my vriendin se booth gery en soetgoed gekoop vir my Scrabble oggend.  Ek en my vriendin sou die hele oggend Boggle en Scrabble speel.  Ek het sommer ook pasteie vir middagete gekoop vir ingeval ons later as 1 uur sou speel.  Toe is ek na haar toe.  Sy het vir ons ontbyt gemaak en nadat ons geëet het, het ons begin speel.  Eers 3 potte Boggle en toe 1 pot Scrabble.  Maar ons is lekker verroes, want ons het so lanklaas gespeel.  Ons gaan nou probeer om weer elke week 1 dag te speel.  Dis goeie oefening vir jou breinselle en ons was nogal moeg na die tyd.

Vanmiddag het ek verder gelees aan my boeke en 'n hele ent gevorder, maar ek is  nog ver van klaar af.  Die boek begin nou eers interessant raak.  Ek het 'n idee ek gaan more net lees, want ek wil hom klaar maak.  Kannie wag vir die einde nie.

Ons het nou geëet.  Sommer die oorskiet van gisteraand en nou gaan ek nuus kyk en watter program ookal daarna kom.  Dan gaan ek vroeg inkruip.

Lekker aand vir julle ook
Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment