Sunday 21 September 2014

Liewe Vriende

Vandag het ek niks te vertel nie, dus plaas ek 'n gebed wat ek 'n ruk terug geskryf het.



01GEBED  

Heer
Ek wil nou, vandag 
wees soos die kokerboom.
Laat my groei en
standvastig wortelskiet,
sodat ek kan  uitstaan 
as 'n baken van u standvastige liefde
in hierdie dor en verlate
woestynlandskap...


Asseblief Here,
laat ek vandag hier
 'n olyfboom wees -
Immergroen en taai.
Gee dat my takke en blare  
as vredesoffer vir baie sal dien.


Heer
maak my ook soos die vyeboom.
Laat my lang lugwortels
aan my geliefdes vasgroei,
hul omarm en ondersteun,
sodat hul van my soet vrugte kan eet
en in my skadu kan skuil.

Maak my Heer
vandag so lewenskragtig
soos 'n kremetartboom,
sodat U liefde steeds
binne my sal floreer en bly groei,
al is ek uitgbrand
en soms van binne hol...


Grietnis
Theresa

No comments:

Post a Comment