Thursday, 13 November 2014

Hallo vriende

Vanoggend was vir my baie besig.  Ek het met 'n vriendin gaan Chai tea drink. Terwyl ons lekker kuier kry sy skielik 'n migraine. Sy is naar en sy het kry maagkrampe. Binne 10 minute het sy soos die dood gelyk. Ek bied toe aan toe aan om haar dokter toe te vat. Sy sms toe die dokter of daar vir haar plek is, maar toe ons niks hoor nie het ek die ontvangsdame gebel en gese ons kom in. Hy't haar toe gespuit en ek het haar daarna huistoe geneem om te gaan rus. Ons het ook nog 'n aflewering van haar tuisnywerheid gaan doen by 'n plek. Sy se sy voel darem nou al beter.

Vanmiddag het ek weer gesit en lees aan 'n nuwe John Grisham. Die begin klink redelik interessant. Ek is mal oor sy boeke en het almal op my Kindle. Ek gaan hulle nou een vir een lees.

Renate se laaste dag van leer vir Biologie het aangebreek en ek dink sy is dankbaar. Sy het haarself op geleer daarvoor.

Julle moet 'n lekker aand verder he.

Groetnis
Theresa

Wednesday, 12 November 2014

Liewe Vriende

Ek het gisternag weer een van my slapelose nagte gehad.  Ek was drie uur nog wakker en het al 7 uur wakker geword.  Ek het dus net 4 ure slaap ingekry.  Ek is dus vandag nie die skerpste potlood in die pakkie nie.  Ek het nog probeer le tot minstens 9 uur, maar ek kon nie weer aan die slaap raak nie.  Ek het toe maar opgestaan.

Net nadat ek gesort het vanoggend, lui my selfoon onverwags.  Dis  toe my vriendin wat koffie wil kom drink.  Hulle is 2 jaar gelede hier weg omdat haar man by 'n nuwe maatskappy gaan werk het in Pretoria, maar hulle het hul huis gehou en ek het hul pos en so aan aangestuur.  Ek het ook die huissleutels gehad, vir ingeval daar 'n inbraak is (hulle breek baie hier in) en die sekuriteitsmense moes ingaan.  Wel, ons het lekker gekuier en sy het vir my 'n klomp boeke gebring om te lees wat sy klaar gelees het en nie meer wil he nie.  Onder andefe  A Thousand Splendid Suns van Khaled Hosseini wat The Kite Runner geskryf het. Hulle is nou terug van Pretoria af en gaan nou weer hier bly.  Ek is so bly.  My Scrabble partner is terug.  On speel een oggend 'n week, gewoonlik Donderdae Scrabble.  Een week by my en die volgende by haar en ons sorg dat dat daar ook iets lekkers te ete is.  Die een wat kom speel is vir die eetgoed verantwoordelik.   En ja,  sy't ook vir my 'n pakkie met die heerlikste lekkerruikgoed soos handeroom, body lotion, ens gebring.  En dis 'n groot pakkie vol.  Ek was so bly

Vanmiddag het ons weer warm gekry.  Die temp was hoog en vol humiditeit en die sand en wind het vir die vale gewaai. Jy sit met die waaier aan, dan sweet jy nog steeds.  Dit was vrekwarm. Mens kon niks buite in die tuin doen nie, en ek twyfel of enige iets wat ek geplant het, dit gaan oorleef of opkom.  Die mica in die sand waai die plante en struike dood.  Ons moet elke dag al die stuike en ook die huis afspuit.  Dis ook nie snaaks om 2 keer 'n week vensters te was nie.  Daai mica vreet alles op.

Ek het toe maar gesit en boek lees terwyl Elfi op haar rekenaar besig was en Renate geleer het.  Nog steeds Biologie want sy skryf eers Vrydag.Die eksamen moet nou klaarkry.  Die arme kind is klaar. En daar is nog 8 dae oor.  Gelukkig het sy darem 'n lang vakansie om na uit te sien en 'n Karate Gradering.  Ek het 'n lekker boek van John Grisham gelees en hom darem vanmiddag  al klaargekry.

Dis al my nuus vir vandag.

Hoop julle het 'n lekker aand verder
Groetnis

Theresa

Tuesday, 11 November 2014

Hallo vriende

Vandag was weer Dinsdag wanneer my bediende nie kom nie. Dis dan die dag wat ek mos heeltemal af vat en alles doen wat vir my lekker is.

Vanoggend het ek op die rekenaar gewerk en vanmiddag het ek en Elfi die fliek "Verraaiers" gekyk. Ek was heel beindruk daarmee. Dit lyk tog of Suid Afrikaners kan flieks maak. Daarna het ek en Elfi gesit en gesels terwyl Renate Biologie geleer het en aan haar Engelse opstel oor sonette gewerk het.

Ek het nie veel meer nuus nie.

Lekker aand vir jou verder.

Groetnis
Theresa

Monday, 10 November 2014

Liewe Vriende

Die wind en sand waai al weer hier by ons. My tuinman het vanoggend die geute van die huis skoongemaak en dit was 'n aardige hoop sand wat hy daar uitgee het.Meeste mense hier in Walvis het nie eers geute by hulle huise nie - dis glo nie nodig nie,want dit reën nooit.  Wat natuurlik ook weer waar is, maar in ons 10 jaar hier het ons 2 keer groot reëns gehad en ons is maar bly oor die geute al verskaf hulle ekstra werk.

Renate het vanoggend Science geskryf en dit het glo goed gegaan. Ek is bly vir haar part.  Ek het vanoggend bietjie gedig en geskryf en op FB rondgespeel.  Elfi het kruidnierware gaan koop en ek het haar help uitpak.  Toe was dit al half 1 en tyd om Renate by die skool te gaan haal en kort daarna was Theo hier vir sy etensuur.

Vanmiddag het ek besluit om 'n boek van Dean Koontz, waaraan ek van die 1ste bladsy af nie aanklank gevind het nie,klaar te lees. Dit was 'n pyniging.  Die boek het my so min geintereseer dat ek al klaar die naam vergeet het.  Nou sal julle seker wonder hoekom ek hom aanhou lees het?  Dis net as ek 'n boek begin lees moet ek hom klaar lees.  Al neem dit my 'n jaar en 'n klomp ander boeke tussenin, maar klaar sal ek hom maak.  Vandag voel ek nogal bly dat ek dit met daardie boek reggekry het,  Nou kan heerlik voortlees aan boeke wat my interesseer.

Die res van die dag gaan ons seker nie veel doen nie.  Net rustig wees.  Behalwe Renate.  Sy leer al die hele middag en beplan reeds vir vanaand ook, aan haar Biologie wat hul Vrydag skryf

Geniet julle aand verder
Groetnis

Theresa

Sunday, 9 November 2014

Liewe vriende

Ek voel heelwat beter na my val. Die pyn in my spiere begin uitgaan, net my knie voel nie te lekker nie. My nek voel ook reeds heelwat beter.

Ons het vandag 'n "power outage" gehad en het van omtrent 10uur af geen krag gehad nie. Binne 'n uur is dit toe weer aan en Elfi wil al haar visse van die batterypompies afhaal. Gelukkig het sy nie ver gevorder nie toe is die krag weer af. Die slag het dit lank weggebly. Die krag kom glo 6uur vanaand weer permanent aan, want hulle doen herstelwerk by al die kragstasies in die dorp. Dis nou weer aan en ons hou maar duimvas dat dit nog vir 3ure gaan hou.

OIns het vandag toe nie eintlik iets rerig gedoen nie, want wat kan jy ook doen as die krag die heeltyd af is. Ek is te blind om in die skemerte te sit en werk.

My nuus is maar min vandag en julle moet 'n lekker dag he.

Groetnis
Theresa

Saturday, 8 November 2014

Liewe vriende

Vandag voel dit asof 2 treine oor my is.  My hele liggaam se spiere is seer, tot my ribbebene.  Dit is darem amper weer tyd vir pille en 'n inspuiting,  Dit gee darem redelike verligting.  Nie gou werk ek in 'n sanderige blombrdding.

Elfi en Theo was dorp toe terwyl ek hier om my stoel sit en wag vir beter dae.  Ek dink my knie se ligament het geskeur want as ek loop beweeg hy ronte n maak sulke snaakse geluide.  Theo se ek moet 'n paar dae wag,dis dalk net water op die knie. Nou doen ek dit mqqr, my been vil nie lekker daamwerk nie.  Renate het tot vir My OumA se ou kierie gaaan uitsnuffel  iewers in 'n kas  Nou loop ek maar met hom, dit help vir die seer knie.

Theo en Elfi was die hele oggend weg en het kruideniersware gaan koop en kos en speelgoed vir die voëls gekoop,  Renate sit en leeer Physics en Biologie.  Die Physics skryf sy Maandag en Wiskune (2 vraestelle) Vrydag.  Sy leer nogal hard want dis haar 2 gunstelingvakke.  As dit klaar is, is sy amper klaar met eksamen,  Dan lé daar basies net Accounting oor,  Ek sal bly wees as hierdie senestger  die op 21steNov sluit.  Dan het die kinders 3 weke langer vakansie want ons sou die 12 Des gesluit het. Nou is daar 'n Nasionale verkiesing  en hulle sluit die skole vroeg

Ons aansoeke vir permanenteverblyfreg is ook nou ingedine.  Hulle sê as dir Raad Februarie sit, sal ons dit kry.  Dan hoef ons nie meer jaarliks vir werkspermitte aansoek te doen nie

Ek gaan vanmiddag die rugby kyk en julle.  Hoop al die regte spanne wen

Groetnis
Theresa

Friday, 7 November 2014

Liewe Vriende

Ek hetr vandmiddag so hard geval dat ek sterretjie gesien het. EK was in 'n bombedding besig en toe ek deur die los sand loop om sydeur toe te gaan, swik my voet en ek val met 'n slag neer.  Reg met my gesig op die interlocks en 'n hewige slag met my kop. En daar kom ek nie op nie. Ek neem eers introspeksie van wat gebreek of stukkend kan wees, maar alles lyk normaal.  Gelukkig sien die tuinman my raak waar ek daar onvleiend op die grond lê en kom dadelik tot my hulp.  Toe ek staan weet ek darem nis is gebreek nie. Net met ego het 'n hengse knou weg.  My bril het ook so gebuig dat ek hom nie eers kon terugsit nie.  Gelukkig was die oogkundiges nog oop en Elfi het my gou soontoe gevat.  Gelukkig kon hulle hom reg buig.  Nou voel ek die naskok van die val eers. My hele lyf is seer,my knie is effens uit lit uit want hy maak so snaakse geluid as ek op hom trap. En my nek is seer en styf,  Kan  hom nie op of af  beweeg nie

Verder het die dag darem heel ok verloop.  'n ou Vriendin van my het kom koffie drink en ons het lekker gesels. Na ek in die tuin was, het ek besluit om die res maar tot maandag te los en dan voort te gaan.  Ek het my op my stoel neergeplak en gelees. Heelwat veiliger as om in 'n blombedding  rond te krap op soek na goed wat ek al 'n ruk terug geplant het en niks daaarvan kon opspoor nie.  Die wind was die laaste tyd te erg dink ek.

Renate het vanoggend Engels geskryf en sy se dit was nie te erg nie.  Elfi moes vanmiddag weer tandarts toe want een van haar tande het middeldeur gebreek.  Sy't nie 'n afspraak gehad nie en het amper2 ure gewag voor sy gehelp is en dit nadat sy gister daar was en die tandarts nie die een los stukkie raakgesien het nie.  Dit kos ons mos nou weer 'n konsultasie, want hierdie was 'n ekstraksie.  Theo sê hy gaan dit nie betaal nie,want dis waarvoor sy gister spesiaal gegaan het.

Ek gaan nou  Binnelanders kyk en dan reguit bed toe.  Ek voel of 'n trein my getrap het.

Groetnis
Theresa