Ek voel nog steeds nie te goed nie, dus plaas ek weer iets wat my dogter lank terug grskryf het:;
FEëTJIELAND IN MENSELAND
In die heel agterste hoekie ons tuin woon twee skilpaaie,
Esiotrot en Midget, en
vier skilpadfeëtjies. Jaa...jy lees reg! Rêrige egte feëtjies
met silwer vlerkies,
towerstokkies, rokkies met blinkertjies en allerhande ander tierlantyntjies.
Hulle
blyplek is 'n klein dorpie onder 'n paar Bougainvillastruike wat
sommer so 'n
woesterny gemaak het soos hulle inmekaar gegroei het. Als is
toegegroei, maar
onderin is dit oop en lyk soos 'n sooort van 'n grot.
Heel voor, aan die kant, is 'n kleinerige ronde opening en as
mens inloop, ek
bedoel mens moet inkruip, is dit skielik skemer en heerlik koel.
Die skilpadfeëtjies het eers alleen daar gebly, maar nou is daar
al baie ander
feëtjies wat in die weggesteekte feëtjedorpie ingetrek het.
Daar bly nou al roosfeëtjies, katjieppieringfeëtjies,
katfeëtjies,
hondefeëtjiesboomfeëtjies, kinderfeëtjies, musiekfeëtjies selfs
2 kabouters. Hulle
sê hulle is kan-alles-doen-kabouters! Ek weet darem nie so mooi
nie! Wie het
dan al van kan-alles-doen-kabouters gehoor. Hulle dra rooi
pakkies en hulle
kaboutermutse is groen en daar is ronde blou tossels aan die
punte. 2 Hulle
langpunt skoene wat soos kano's lyk, is blou en het 'n rooi
tossel voor waar die
punte opbuig. Hul name is Kwas en verf en ek moet darem sê dat alles mooi
netjies geverf is en dat daar nooit iets stukkens is nie. Tot
die lekkende kraan wat
agter teen die muur onder die bougainvillas staan, lek lankal
nie meer nie. Ek is
nogal spyt daaroor, want die mos het altyd so mooi groen daar
gegroei. Toe ek
kla daaroor, het Kwas kwaai gesê mens mag nie so met water mors
nie.
Die plek waar hul dorpie nou is, was eintlik eerste myne. Dit was my speelplek
toe ek nog klein was. Ons het eenkeer na die Kangogrotte gaan
kyk en dit het vir
my net soos onder die struike gevoel en gelyk. Ek het toe vir
Pappa gevra of ek
my houtpophuis met meubels in my eie grot kan sit. Pappa het dit
geoen en met
klippe vir my 'n paadjie gemak tot by die huisie, en ook al om
die huisie sodat ek
nie altyd op die klam grond hoef te sit as ek speel nie.
Die skilpadfeëtjies se werk is om die hulle die merke op die
silpaaie se doppe te
verf. Elke keer wat 'n skilpad verjaar, moet 'n ekstra lyn op
elkeen van die
patrone sy dop geverf word.
Elke skilpad het gewoonlik twee feëtjies. Ek wonder of julle kan raai hoekom?
Nie? Ag julle, dis soo maklik!Skilpadfeëtjies is net so stadig
soos skilpaaie. Dit
neem twee feëtjies 'n hele mensjaar lank om die nuwe jaarkringe
te verf. Hulle
kry skaars klaar, dan verjaar ou silpad weer en begin die hele
proses van voor af.
Sjoe! Dit moet harde werk wees en ek het hulle vreeslik jammer
gekry en toe
gaan soek ek my klein tafeltjie en stoeltjies en my klein
teestelletjie en begin elke
dag vir hulle 'n beker koekdrank of melk neersit.
Jinne,en kon hulle baie
drink! Ek kon nie vorbly nie en boono is hulle vol fiemies
ook. Sonneblom, die geel fëetjie drink net geel koeldrank.
Robyn, die rooi feëtjie
drink weer net rooies, en dis seker maklik om te raai dat Smarag
groen en
Turkoise blou drinkgoed verkies.
Op daardie stadium het
net die vier skilpadfeëtjies in die pophuis gebly en ek het
nog elke dag met my Bratz en Barbiepoppe daar huis-huis gespeel.
Een
oggend toe ek weer daar kom, is die hele huis vol feëtjies. Ek kon my oë nie glo
nie. Daar was feëtjies oral waar jy kyk. Ek het gedink dis nag
en ek droom en toe
knyp ek my oë vir tien tellis styf toe, maar toe ek hulle
oopmaak, was alles nog
net soos voor ek hulle toegemaak het. Dit was rêrig, rêrig waar en my eie klein
paradys het skielik in 'n sprokieswêreld verander. Daar was
omtrent 40 feetjies
en die een was mooier as die ander. Hulle het om my gevlieg en
op my geklim
en met hul sagte, soet stemmetjies vir my gesê om nie bang te
wees nie en dat
ek baie gelukkig is, want net spesiale kinders kan hulle sien.
Skielik het die pophuis nie meer alleedaar gestaan nie. Daar was
nou ook die
allerbeeldskoonmooiste paddastoelhuisies.
Hulle het my toegelaat om hulle te help om hul huisies te
versier. Toe besluit ons
daar moet 'n tuintjie ook wees. Maar Verf hetbaie beterweterig
gesê dat ons
maar daarvan kan vergeet, want niks groei in die koelte nie. Ek
het vir Mamma
gaan vra en sy het my kwekery toe gevat. Die tannie daar was
baie gaaf en het
vir my plante gegee wat van koelte hou. Sy het gesê ons moet
Camomille plant
vir gras, dan kan die feëtjies dit afpluk en sommer tee daarvan
maak en dan hoef
dit nie met 'n grassnyer gesny tee word nie. Sy het ook vir my blomme
soos
Impatience en Columbines gegee wat in koelte groei . Ek dink nie
sy glo aan
feëtjIes nie, want sy het 'n paar keer na Mamma gekyk en vir
haar geknipoog en
eenkeer sommer hardop gelag toe ek iets gevra het. Maar wat, ek
gee nie om
nie. Dis sy wat uitmis.
Hulle was net so vol fiemies oor die kleure van die
paddastoelhuisies as wat hul
oor hul kos en koeldrank is...Die dakkies moes rooi, die
steeljies 'n mooi ligte
bruin, die mure liggeel en die deure en
vensterrame almal die mooiste groen. In
die vensters pronk die mooiste gordyne. Party met kolletjies,
ander met strepe of
blomme. Daar is ook 'n poskantoor van 'n ou uitgeholde stuk
dryfhout. Hulle los
hulle briefies daar en ek pos myne vir hulle ook daar. Dan vat
ek hulle s'n, want
dis gewoonlik almal vir my. As daar vir die feëkoningin of
Kabouterkoning een is,
gaan pos ek dit in die rooi posbus op die hoek van ons straat.
Op die gronvloer van die
pophuis het hulle 'n feëtjiewinkel oopgemaak. Daar is
alles wat feëtjies kan nodig kry: van piepklein botteltjies
heuning en konfyt tot
fraai feëtjieklere, krale en blinkertjies. Daar s ook nou 'n haarsalon en 'n
gimnasium. Feëtjies oefen ook, of jy dit nou wil glo of nie.
Die lekkerste lekker is die koffiewinkel. Daar kry mens die heerlikste nektarsap
en granaatsap en fyngebak, soos piepklein botterbroodjies met
rooskonfyt,
jasmynkoek en Brunfelsia-muffins. My ma sê mens noem 'n
Brunfelsia 'n
"Yesterday, today and tomorrow", maar vir my klink
Brunfelsia mog die mooiste.
En hoekom sal daar op die wit hospitaalbandjie om sy stam
Brunfelsia staan as
dit nie sy naam is nie.
Aai, grootmense darem!
Hulle is skilpadfeëtjies omdat hulle die merke op die silpaaie
se doppe verf. Elke
keer wat 'n skilpad verjaar, moet 'n ekstra lyn op elkeen van
die patrone sy dop
geverf word.
Elke skilpad het gewoonlik 2 feëtjirs. Ek wonder of julle weet hoekom? Nie?we'll,
skilpadfeëtjies is net so stadig soos skilpaaie. Dit neem 2
feëtjies 'n hele
mensjaar lank om die nuwe jaarkringe te verf. Hulle kry skaars
klaar, dan verjaar
ou silpad weer en begidie hele proses van voor af.
Sjoe! Dit moet harde werk wees en ek het hulle vreeslik jammer
gekry en ek
gaan soek toe my ou poppe teestel Toe begin ek koue koeldrank in die dag op
hul stoepe neersit in die poppeteestelletjie se koppies. Jinne,
hulle kan nogal
baie drink ,hoor en is hulle fol fiemies.golddust, die geel
fdetjie drink net
geelkoeldrank, Robyn, die rooi feetjir drink ndt rooies, en dit
is xeker maklik om te
raai dat Smarag groen en Turkoise bloues verkies.
Ek gaanvolgende jaar al Hoërskool toe en ek kuier nog steeds
elke middag in die
miniatuurdorpie in ons tuin. Feetjies is wonderlikke wesentjies
wat vir hul grote
nogal wys is. Hulle het my al baie gehelp as ek in die
moeilikheid was.
Feetjies baklei ook nooit. Hulle is altyd mooi en ordentlik met
mekaar en help
mekaar graag met alles. Ek dink ons mensekinders kan baie by
hulle leer.
Hulle hou ook vreeslik baie van musiek. Staccato is die musiekfeëtjie dartel
heeldag rond. Nog voor ek
smiddae behoorlik my skooltas in die hoek gegooi
het, hardloop ek met my musiektas vol fluite in die een hand en
my viooltas in die
ander, tuin toe.
Saam oefen ons dan Rimsky Korsakov se "Die dans van die
hommelby". Ek op
my dwarsfluit en sy op haar piepklein piccaalofluitjie. Ons speel
ook graag stukke
van "Die karnaval van die diere"
van San Saens. As ons die deel van die olifant
speel, speel ek op my bas blokfluit. Ons speel ook graag Tchaikovsky se
" Serenade for strings " op ons viole. Maar dis nie so lekker as ek moet staan en
viool speel nie, want
dan voek ek soos 'n reus. Die feëtjies is nie eers se lank
soos my hand nie. Daarom gaan sit ek maar altyd op een van my ou
kinderstoeltjies. Ons speel ook duette en sy raak vreeslik ongeduldig as ek 'n
fout maak. Dan oefen ons dit weer en weer tot dit perfek
is.
My musiekjuffrou wil altyd weet hoekom ek my fluit en
vioolstukke so goed ken,
maar nie my klavierstukke nie. Dan smile ek maar net liefies vir
haar, want sy
hoef ook nie alles te weet nie...of hoe?
Renate Potgieter
Hoop julle geniet hom
Groetnis
Theresa
No comments:
Post a Comment