Ek het vanoggend met 'n migriane wakker geword wat net nie wil breek nie. Ek dink ek het te laat die imigril's gedrink om hom te kon stop. Mens moet hulle drink as die kopseer voel kom, dus ek was werliklik te laat. Ek het vanoggend tot nou die krieket gekyk. Suid-Afrika was regtig baie gelukkig oor die onervarendheid van die Zimbabwiërs,, anders het hulle vandag ver verloor. Want ons het nie goed gekolf nie. Dis 'n feit soos 'n koei. FAF du Plessis met sy honderdtal teen Australiê het liederlik gefaal
vandag, maar ek verstaan ook dat jy nie in elke wedstryd dieselfde kan speel nie. Gelukkig het hulle darem gewen en dis al wat saak maak. En 'n bonuspunt gekry. Hulle is nou op 9, Australië op 5 en Zombabwe op 0.
My kop is regtig te seer om te skryf vandag, dus gaan ek maar op my uitskopstoel in die TV kamer sit en niks doen, dan plaas ek vir julle 'n skets wat ek nou die dag oor my kinderjare in die Vrystaat geskryf het. Hoop julle geniet dit.
Groetnis
Theresa
DIE SLANGDANSER
Om op 'n plaas in die hartjie van die Vrystaat te kon grootword
was 'n groot
voorreg. Ons het 'n
sorgvrye kindertyd gehad, met baie vars lug, die oop ruimtes
van die Vrystaat en veiligheid.
Natuurlik lewer die plaaslewe ook sy kwota gevaar op. Slange, veral rinkhalse,
was nogal volop op die plaas.
Toe ek so ongeveer ses jaar oud was, het ek 'n
noue ontkoming met een gehad. Hierdie ondervinding het my met 'n
lewenslange fobie vir
slange gelaat.
Agter die rondawels en die hoenderhokke was die kampie waar die
graanskuur
was. In daardie kampie
was ook 'n hele laning bloekombome. Toe een van die
bome dood is, het my pa die boom laat afkap as brandhout. Al wat van die boom
oorgebly het, was 'n stomp wat ongeveer so vyftig sentimeter
breed en ongeveer
sewentig sentimenter hoog
was. Presies in die middel van daardie boomstomp
was 'n ronde gat. Op die
oppervlak was die gat ongeveer handbreedte, maar as
jy jou hand ingedruk het, kon jy voel dat dit breër raak
ondertoe, amper soos 'n
bottel. Hoe groot die gat
aan die onderkant was, het ek egter nie geweet nie.
Die holte in die stam was dan ook die geheime bêreplek vir my
kosbaarste
besittings. 'n Readers
Digest, 'n plastieksakkie vol prente en artikels wat ek uit
tydskrifte en koerante geknip het en 'n
paar tekeninge en versies.. Daar was 'n
paar mooi klippies van versteende hout en 'n groen
dennebolletjies wat ek
opgetel het en geglo het my gelukbringer was.
Een spesifieke oggend, na ek vir 'n rukkie nie daar was nie, het
ek toe ses jaar
oud, en my vyfjarige sussie met ons oppaster, Tsibidi, in
daardie rigting gestap.
Ek onthou dat ek vir hulle die een of ander prentjie wat daar
versteek was, wou
gaan wys.
Ek het nou al lankal vergeet watter prent dit was. By die boomstomp aangekom,
het ek hoogs opgewonde vooruit gedraf. My hand was al uitgestrek, net reg om
in die holte te steek, terwyl ek al babbelende agtertoe gesels
het. Ek was omtrent
teen die boomstam toe ek oor my eie voete struikel. Met dié wat ek vorentoe val,
kyk ek vorentoe en vas in die oë van 'n rinkhals wat halflyf uit
die gat in die
middel van die boomstomp oprys. Ek was yskoud geskrik en lam van vrees,
want op daardie oomblik het ek besef dat ek óf bo-op die slang
gaan val, óf naby
genoeg dat hy my sal kan raak pik. Vir die eerste keer in my
kort lewetjie het ek
gewéét dat ek op daardie spesifieke oomblik, die dood in die oë staar.
Maar ek het nie op die slang geval nie en hy het my ook nie gepik
nie. Tsibidi
het soos 'n pyl uit 'n boog vorentoe geskiet , my aan die arm
beetgekry en
agtertoe geruk. Saam het
ons omtrent vier meter weg van die stomp geval.
Sussie het van pure skok doodstil bly staan terwyl sy die een na
die ander
bloedstollende gil oor die werf laat weergalm het.
Dit was dan ook nie lank nie, 'n kwessie van 'n minuut of drie,
toe is almal wat op
die werf was, daar. Slang
se kind het teen daardie tyd reeds weer in my
heiligdom in verdwyn, en niemand kon verstaan waaroor die bohaai
gaan nie.
Tsibidi, met my styf in haar arms, het die hele relaas in Sotho
afgerammel.
Die plaaswerkers was almal Sotho's. Een, wat ons Tate Hans
genoem het, was
al ouerig, maar wyd en syd bekend vir sy gevegte met
slange. Hy het almal, my
ouers inkluis, beveel om terug te staan en nader geloop. Van een van die ander
bloekombome het hy 'n tak afgebreek , die blare afgestroop en
dit met sy
knipmes skerp gemaak. Daardie
stok het hy in die gat gedruk en begin steek,
terwyl hy teen die stomp geskop het. Hy het verduidelik dat hy die slang wou
kwaadmaak sodat hy moet uitkom.
Na 'rukkie het die slang jou wrintiewaar sy
verskyning gemaak. Tate
Hans was egter reg vir hom! Die slang
was al meer as
halflyf uitgeseil, toe gooi hy die stok weg en begin al om die
stomp dans. Dan
hiernatoe, dan agterom, dan dié kant toe, so al in die rondte. Teen dié tyd was
die slang se hele lyf al uit die gat en het hy soos 'n koning op
my troon gelê. Met
sy kop plat getrek, het hy halflyf, omtrent 'n halwe meter hoog gestaan. Die wit
band om sy swart nek was duidelik sigbaar. Met dié dat Tate Hans so heen en
weer dans, pik die slang elke keer in sy rigting. En hy
spoeg! Ons kon die gif
deur die lug sien trek. 'n
Rinkhals mik vir die oë en is gewoonlik baie akkuraat.
Die gif brand glo soos vuur en die oë moet dadelik, met melk (so is vertel)
uitgespoel word om skade te voorkom. Tate Hans het egter geweet
om net buite
die slang se tref- en
reikwydte te bly.
Ek was versteen. Hoe kon hy dit doen? Sê nou die slang pik of spoeg hom raak
en hy gaan dood. Destyds
was serum nie altyd geredelik beskikbaar op die klein
dorpies nie, en het ons reeds 'n paar honde as gevolg van
slangbyte verloor.
Tate Hans kon die mooiste stories vertel en hy was nooit te
besig om een van sy
vele staaltjies met ons te deel nie. Ek was baie lief vir hom. Ek wou my gesig in
Tsibidi se skouer druk om nie te sien as hy
raak gepik word nie, maar
dit was asof 'n vreemde soort magiese krag my getrek het, en ek
het vasgenael
bly kyk...
Hierdie gedansery het vir wat vir my soos 'n ewigheid gevoel
het, aangehou. In
werklikheid kon dit nie langer as vyf of sewe minute gewees het nie.
Teen dié tyd
was rinkhals se kind al moeg en het sy pikbewegings al stadiger en
stadiger
geraak. Hy kon ook na
elke probeerslag nie meer heeltemal regop kom nie.
Hans het aanhou dans tot
die slang poegaai was. Die
oomblik wat die slang nie
meer sy kop kon optel nie, het Tate Hans soos 'n vetgesmeerde
blits vorentoe
geskiet, die rinkhals aan sy stert gegryp, hom opgetel en met 'n
geweldige
sweepslag teen die grond geslaan, voor hy met sy voet die kop verbrysel het.
Ons het almal spontaan begin hande klap. Triomfantlik het hy die slang oor die
doringdraad gaan hang. Amper soos ‘n Laksmanvoëltjie wat sy
prooi aan ‘n
pendoring inryg. Die Sotho’s het geglo dat dit die maat sou lok, veral indien dit
'n broeipaar was. Dan
kon dié ook van kant gemaak word.
Theresa Potgieter
Walvisbaai
No comments:
Post a Comment