Thursday 31 July 2014

Jack die Cavalier King Charles Spaniel

Hallo almal

Vandag gaan ek oor ons troeteldiere  begin skryf en dit gaan lank vat want ons het baie.  Jack,die Cavalier King Charles Spaniel is vandag aan die beurt.

Cavalier King Charles Spaniels
"what do you know of a dog's life?
How much are you really aware
of tthe intricate threads
That we weave in our heads
when you think we're asleep in the chair?
                   "Paws for thought" byAbigail

Daar word vier kleure erken.  Die Blenheim (soos Jacl is),tri-colour (swart,wit en tan),swart en tan en die ruby.  Die soort hond is baie vriendelik, die ideale kinderhond en kom ook maklik met ander troeteldiere oor die weg.  Hulle eis egter  baie aandag van mense.

Ons het ons Cavalier gekry na ons oudste spruit ook een gehad het en besef het watter goeie kinderhonde hierdie soort hond is.  Hy was geduldig en het nooit gegrom of gehap na haar as sy hom per ongeluk seergemaak het nie.

Toe Renate 'n hond wil hê, het ons dadelik aan 'n Cavalier gedink. En toe begin die soektog.  Daar is baie min geregistreede breeders van die honde en die Suid-Afrikaanse weergawe is effens groter as die oorspronklike soort.  Ten einde laaste het ons een opgespoor in die Kaap.  Ons het op daardie stadium op Uniondale gebly, so ongeveer 110 km van George, waar daar 'n lughawe was. Jack is toe seremonieel soos 'n hond verpak en het as pakketpos op die lughawe opgedaag.  Toe ons die kleine hondjie uit die kassie haal, was Renate dadelik verlief op hom.  Sy het opsluit geweier om hom terug te sit in sy hok en selfs die bangpraat van plassies wat dalk op haar kan gebeur , het haar nie afgeskrik nie.  Die hondjie het die hele pad terug Uniondale toe op haar skoot gesit en haar gesig gelek.  Renate was toe 5 jaar oud.

En so het Jack in ons lewens gekom.  Pens en Pootjies daarin geval.

Hy het dadelik met die ander honde gebond en het by die Duitse Hershond sy middagslapies geneem.  Maar snags het Jack geweier om in sy mandjie te slaap.  Hy wou opsluit bed toe.  Ten einde laaste en van blote uitgeputheid het ons hom by Renate in die bed gesi ten daar slaap hy nou nog.






Dit was en is nog steeds 'n vreugde om hulle saam te sien speel.  Jack laat enige iets toe, van in 'n pram gestoot te word tot om aangetrek te word in 'n Arsenal hemp.  Hy is veral lief vir die see en  hardloop sulke mal draaie om Renate om haar aandag te trek om saam met hom te hardloop.  So hardloop hulle kilometers ver op die strand.








Hy het 'n goeie verhouding met die ander 3 kinders en vergeet die 2 oudstes nooit,al kom hulle slegs een keer per jaar huis toe.  Hy weet dadelik wie hulle is.

Toe hy een keer vir haar weghardkloop en sy hom nie kan kry nie, was sy oortuig hy is by die polisiestasie, want sy het soms met hom daar gaan kuier.  Dit was langs ons huis.  Sy het ingegaan en gevra of hulle nie haar "Ching Tjong" spaniel gesien het nie en wonder bo wonder was hy daar.  Ons was bang dat iemand hom dalk gesteel het.
Hy weet natuurlik dis die begin van die groot bederf.  Kort-kort lê hy op iemand anders se skoot waar hy gecuddle word en met iets lekkers soos 'n stuk biltong en selfs roomys bederf word.

Jack by Elfie vas aan die slaap
Slaaptyd

Hy't ons hele Scrabble pot beduiwel



Jack is baie bederf.  Toe my moes begin eet, kon hy nie self eet nie.  Ons moes hom leer eet en soos mens kan dink is dit moeilik met 'bak pap in die een hand en wriemelende klein hondjie in die ander arm.  Toe maak ek 'n plan en sit hom op een van die sitmakerstoele neer en voer hom soos 'n baba.  Hy het nogal mooi stilgesit en niks gemores nie.  Hy wou vir baie lank net so eet.  Dis maar omtrent 6 jaar terug wat hy self begin eet het en baie keer lê Renate op haar maag en voer die hondepille vir hom een vir een. Hy het ook sy eie stoel by die eetkamertafel en sit tydens elke ete daaren wag om te kyk wat ons vir hom oorlos.

Hy is gek na die hondekoekies wat mens in  sakke koop en wet presies waar dit weggesteek is.Dan gaan staan  sy by daardie ka sen gil tot sy 'n koekie kry.  Verder lê sy nie op die grond nie, maar op my leerbanke, en in die winter moet daar 'n kombers op wees voor sy die moeite sal doen om op te klim.  Sy lê veral saam met die kinders op die banke.  In die winter lê sy onder die komberse by jou voete, want dit is darem te koud om bo-op die bed te lê.

Ons almal mal oor Jack en 'n lojaler troeteldier sal jy nie kry nie (al is sy hart so groot soos 'n taxi- julle weet waarvan ek praat) en hy het in die jare wat ons hom het al baie diep in almal se harte ingekruip.  Hy word nou oud en spring nie meer so maklik op die bank, bed of 'n stoel nie, maar ek dink hy het nog 'n paar jaar om te gaan.

Jack kry ook op sy verjaardag 'n partytjie en al die honde in die buurt word uitgenooi. Die spyskaart is gewoonlik dieselfde.  Gebraaide wors.  So kry hy natuurlik Kersfee presente wat hy self probeer help om oop te maak. Verder is hy en Renate getroud en elke herdenking word gevier en bewaar die een wat  vergeet.  Hy het ook sy eie Facebook profiel waarop van sy foto's en manewales te sien is.

Ons is baie lief vir jou, Jack. Jy is diep in ons harte ingekruip.

 Hy en Boetie stoei oor sy bal
 Lê, Jack, lê
 Hier sit hy by Vera aan die etenstafel op sy eie stoeltjie
 Jack speel blokkies saam met Renate
 Jack op die strand by die see
 Wat dink jy moet ons kyk?
Jack gaan selfs met Renate tennisoefening toe en sit doodstil en wag tot die klaar is


Dit is dan die eerste van die mal inwoners in ons huis.

Blessings
Theresaa

Wednesday 30 July 2014

Melk, Batterye en Ou Wapad foto's

Goeiemore almal

Die hele Potgieter-huishouding is al van vanoggend af in rep en roer. Ons krag is af en die visse het suurstof nodig, anders vrek hulle.  Van hulle is baie sensitief.  Ons het nou al die hele dorp op en af gejaag om batterye vir die spaarpompies te kry.  Mens hou mos nie so baie spaar batterye aan aan nie.  En nog steeds het ons nie genoeg nie.  Die krag kom aan,bly vir 2 minute aan en gaan weer af.  Aanmekaar.  Ek weet nie wat doen julle ouens wat in Suid-Afirka bly met die beurtkrag nie, want dan is dit vir ure af.  Ek sal mal word as so iets gebeur.  Dit gebeur wel daat die krag vir 'n dag af is, maar dan kry ons kennisgewingdat die krag van sê nou 7 uur die oggend tot 5 uur die middag gaan af wees. Maar dan is mensgewaarsku en kan jy die nodige voorsigmaatreêls  doen soos om die batterye aan die koop en die pompies aan mekaar te koppel sodat jy meer as een tenk met 'n pompie kan gebruik of jy kan genoeg stuurstofpille , wat 'n houer van omtrent 250 pille is, wat jy moet aankoop om suurstof vir die visse te voorsien.  Die ding met krag hier, is dat as dit onverwags afgaan, weet jy nie vir hoe lank dit gaan wees nie.  Dit kan enige iets van 5 min tot 6 ure wees en by Erongo Red ( ons kragverskaffer) kry jy net elke keer die antwoord "we are busy with you problem.  The problem will be solved soon".

Die krag het sopas aangegaan en dit lyk of dit darem nou reg is. Ek hoop so, want 'n gejagery deur die dorp is nie my idee van pret nie.  En natuurlik sal mens nooit genoeg batterye by een winkel kry nie, jy sal elke winkel in die dorp moet besoek en hoop jy kry genoeg.  My dogter, Elfi, is nou net terug van een van haar soektogte. Ek wonder hoeveel batterye het sy gekry.  Dit kan seker nie skade doen om 'n paar in voorraad te hê hie.En so terloops, ons rotte het sopas van 1 van 3 toe aangegroei. My dieretuin word al groter en groeter.

Om saker verder te beduiwel, kry ons nie melk te koop  nie.  Die regering wil nie meer Clover of ander melkmake invoer nie, want hullle wil  hê Nambië se melkverskaffer, Namibian Milk Diaries moet melk vir die hele land verskaf.  Dis amper soos die Koop Suid-Afrikaans ding.  Maar nou werk dit nie uit nie.  Gister was daar nie 'n bottel melk in hierdie dorp te kry nie,want as hulle nie het nie, lewer hulle eenvoudig nie af nie.  Dis chaos, want ons hou van vars melkof bokssmelk en nie poeiermelk nie, maar lyk my ons sal maar 'n smaak daarvoor moet begin ontwikkel.  Die winkels se rakke staan ook leeg ,sonder hul Suid-Afirkaanse produkte.  Die wat van Duitsland af kom is egter vol, maar dis onbetaalbaar duur.

Maar dis nou genoeg gekla, ek ek nou weer 'n paar foto's van die ou Wapad by Uniondaale oplaai.  Dit is regtig mooi daar, nê

 Groetnis tot volgende keer
Theresa

Die Ou Wapad, Uniondale, Suid-Kaap, Suid-Afrika




















 Ou murasies