Thursday, 18 May 2017

Sonde met die Duitsers

Toe ek klein was, was daar 'n duitse bakkery op die dorp.  Die  tante het 'n broer gehad.  Ons het hom as Herr Lintner leer ken en dis ook hoe ons hom aangespreek het.  Ek kan nie onthou wat hy vir 'n lewe gedoen het nie, maar wel dat hy viool gespeel het. Nogal goed ook.   In Duitsland was hy in 'n orkes voor hulle SA toe geëmigreer het. Soms het die Lintners kom kuier vir 'n naweek en is ons dan op die mooiste vioolmusiek getrakteer.  So besluit Herr Lintner een Kersoggend net voor ons kerk toe ry, dat hy sy viool gaan saamvat om die diens bietjie op te kikker.  Dit was maar 'n klein ou gemeentetjie en ons het op daardie oomblik vir jare reeds nie 'n orrelis gehad nie en het gedink dis 'n goeie plan.

Aangekom by die kerk , het hy sy boekstaander staangemaak met 'n spul musiekboeke daarop en begin  speel. In sy sak was sy silwerflessie vol Schnapps wat ek hom daar sien inglip het,  net voor ons by die huis weggery het.

Die eerste paar goed wat hy gespeel het was gewyde- en Kersliedere.  Iewers onthou ek, het ek die "Ave Maria" en "Kom herwaarts getroues" herken. Die priester was die oggend laat en soos die tyd aangestap het, hoe lekkerder het Herr Lintner begin speel. Vioolspeel is egter harde werk en natuurlik het die arme man dors geword ook.  Eers was die slukkies uit die flessie ver uitmekaar, maat hoe later hoe kwater.  Die slukke het met kleiner frekwensies begin kom en so ook die musiek beïnvloed. Hoe meer Herr Lintner  van die Schnapps gedrink het, hoe vroliker het die musiek geword.  Toe die priester uiteindelik opdaag en met die diens wil begin, is ons vioolspeler egter op 'n "roll".  Die klanke van "Die Wolgalied", "Gern hab ich die Frauen geküsst" en ander operette gunstelinge  vloei uit die strykstok en dawer deur die klein kerkie.  Op hierdie stadium het 'n paar mense , onder andere my pa al vir hom gaan sê dat hy nou  moet ophou. Die diens gaan begin. 

Die Schnapps het egter sy werk gedoen en hy het eenvoudig geweier en voortgespeel. Teen dié tyd het my ma al begin lag, nie hardop nie, maar daardie binnelag wat jou hele lyf laat skud en jou oë laat traan.  Ek vra hoekom sy so lag?  Sy kry egter nie 'n woord uit nie en beduie net ek moet na die priester kyk.  Op sy gesig kon jy die donderweer sien, en  soos hy homself probeer inhou, hoe rooier raak sy gesig.  Maar toe Herr Lindner lostrek met "Finiculi Finicula", was dit vir hom te veel en die bom bars.
"Kry daardie man uit my kerk uit", bulder hy van die altaar af . Herr Lindler stop waragtig vir 'n paar sekondes en vra "aber warum doch?" (maar hoekom dan?) en speel onmiddelik lustig voort. Teen dié tyd lag almal al openlik en dit maak Vader Ludwig net nog kwater.

Weer bulder hy, "Gooi hom uit. Ek wil hom nie in my kerk hê nie".  Ek onthou my pa en Oom Richie Kaplan,  die eienaar van die kafee,  het opgestaan en na Herr Lindner geloop en saggies met hom gepraat.  Elkeen het hom aan 'n arm beet gekry en hom na die deur se rigting probeer lei. Toe hy egter agterkom wat aan die gebeur is, ruk hy los en strompel met die paadjie af kansel toe. Hy gaan staan voor die priester, steek sy vinger amper in die vader se oog en sê:  " Hierdie idioot!  Wat weet hy van goeie musiek?".

Toe strompel hy terug, gryp sy viool, staander en boeke en storm die kerk uit terwyl hy aanhoudend in Duits swets.  Nou ja, teen hierdie tyd het almal geskater van die lag, die arme priester het uitgestorm,  sy toga al halfpad konsistorie toe uitgepluk, en nie weer te voorskyn gekom nie.  Een vir een het die laggende gemeentelede begin opstaan en uitgeloop.

Buite het almal op die kerk se stoepie nog vir 'n halfuur of so gesels en gelag  voor almal die tog terug huis toe aangepak het.  Al het ons nie daardie dag die Woord van God gehoor nie, was ons harte nog steeds gevul met die Heilige Gees. En soos een ou oom daardie oggend op die kerk se stoep opgemerk het:  " laughter and music are as good for the soul as a million preaches" . En as God nie wou hê ons moet lag nie, sou hy ons nie die vermoë gegee het om dit te doen nie.  Buitendien, waar in die Bybel staan dat jy nie in die kerk mag lag nie.

Ons almal is daardie dag huis toe sonder 'n Kersdiens, maar met 'n lied in die hart en 'n glimlag om die mond.

Theresa Potgieter
Walvisbaai
2017



Thursday, 4 May 2017

RAMPE EN BLAPSE EN WAT EK DAARUIT GELEER HET!

Hallo liewe lesers

Ek was lank van die lug af, maar my rekenaar se MS Word is nou uitgesorteer en kan ek weer blog.
Vandag heg ek vir julle 'n stukkie aan wat ek geskryf het.  Hoop julle geniet dit. 
Groete tot volgende keer

Ek dra hierdie griffel van my op aan al my oud VLV vriendinne van Danielskuil.


Agtergrond:
'n Paar jaar terug gesels ek en Facebook vriendin Ellen Botha een dag oor broodbak. Nie die soort brood wat met die hand geknie en dan gebak word nie, maar die soort waar jy al die bestanddele in die broodmaker gooi. Dan meng daai wonderwerk dit self, hy knie en hy laat rys, knie weer af, laat rys weer en bak dan sommer die broodjie. Boonop kan jy hom vra om die brood op 'n spesifieke tyd reg te hê ook! Al wat jou dan te doen staan is om 4 ure later of wanneer ookal, die broodjie uit te haal en te geniet.
Wel, die liewe Ellen bied toe so ewe aan om my te leer broodbak…
Liewe Ellen, lees eers hier, sodat jy kan weet waarvoor jy jou gaan inlaat, sou ek besluit om van jou aanbod gebruik te maak!
Ek het hierdie skets min of meer 22 jaar gelede vir 'n VLV-kompetisie geskryf. Die oorspronklike titel was "Wat die VLV vir my beteken." Ek het 'n biejie aan hom geskaaf en van die laaste paragrawe nuut geskryf, maar in wese is dit dieselfde skets wat ek toentertyd vir die kompetisie ingeskryf het en gewen het. Ek het ook die titel verander. Ek dra dit op aan Tannie Mercia Van der Ryst van Daniëlskuil, wat altyd my VLV-ma was en wie ek gister na 25 jaar weer ontmoet het. Sy was met een van die MSC bote in Walvis en hulle kon afklim. Ons het die hele oggend om gesels: waar is dié en daardie oud lid, wie lewe nog en wie is nie meer saam met ons nie, oor VLV konferensies wat ons jaarliks in die verskillende areas gehou het en waar elke tak sy beste uitgestal het.
RAMPE EN BLAPSE EN WAT EK DAARUIT GELEER HET!
Dit was 'n goeie klompie jare gelede. Die presiese dag kan ek nie onthou nie, maar dit was in Desember 1985. Dit was 'n Sondag en dit was warm. Op dié dag val Manlief met my (hoog swanger met ons tweede) en ons eenjarige dogtertjie in die pad Daniëlskuil toe. Om eerlik te wees, ons het nie eens geweet van die bestaan van so 'n plek nie, laat staan nog waar dit is! Ons moes dit opsoek in Skoonpa se padkaartboek.
Die doel van die ekskursie was 'n werksonderhoud wat Manlief met die plaaslike dokter daar gehad het. Hy (dis nou Manlief) was pas klaar met sy hospitaaljaar in Kroonstad, maar met 6 maande wat moes verloop voor hy vir sy diensplig moes aanmeld, moes ons iewers 'n heenkome vind. Hy was dus op die uitkyk vir locumwerk of ‘n assistentspos vir 6 maande.
Dis toe hoe dit kom dat ons daardie oggend oppad Daniëlskuil toe is. Ventersburg, Winburg, Bloemfontein, Dealesville, Boshoff, Kimberley en Barkley-Wes kom en gaan. By Delportshoop se padpredikant draai ons af om koeldrank te koop en so met die eerste oogopslag van hierdie klein myndorpie, besluit ek in my enigheid dat as Daniëlskuil so lyk, kan Manlief alleen daar gaan bly en werk. Ek gaan terug na my ma toe. Dit voel soos 'n ewigheid voor ons uiteindelik Daniëlskuil binnery en ek 'n sug van verligting kan slaak. Dit lyk heelwat beter as wat ek verwag het. Na die aanvanklike ses maande het ons die praktyk gekoop en uiteidelik elf jaar daar gebly.
Nou ja, gebore en getoë op 'n Vrystaatse plaas, het ek grootgeword in 'n VLU-huis. Dit was dan ook nie lank nie, toe kom die behoefte en ek begin rondvra. "Is hier nie 'n VLU-tak nie?" "Nee, nie VLU nie", hoor ek, "in die Kaap noem ons dit VLV".
En so beland hierdie Vrystaatse kakiebos by die Kaaplandse VLV. Ek vind gou uit hoe talentvol hierdie vrouens van Griekwaland-Wes nou eintlik is. Hulle bak en brou en hekel en brei en doen sommer alles. En ek? Ek kan nie hekel nie, ook nie brei nie. Voor 'n naaimasjien en stoof is ek 'n ongeluk wat wag om te gebeur. Ek kan darem so op 'n manier beet inlê, van blommerangskikking weet ek 'n kleine bietjie-biejtie, ek kan foto's neem en op skool kon ek darem opstelle skryf.
Na so 'n jaar van vergaderings bywoon, begin ek ook deelneem aan die kompetisies. Eers net hier en daar, maar met verloop van tyd en met baie aanmoediging van die ouer lede, kom die selfvertroue om ook onbekende terreine te betree.
Ek gaan neem boeke oor brei- en hekelwerk in die biblioteek uit en daardie winter kry my kinders elkeen 'n handgebreide trui. Die lyfies bietjie kort en moue heeltemal te lank, maar kinders is nie vol fiemies nie. En al moet ek dit nou self sê, met die moue so twee keer omgevou, het hulle glad nie te sleg gelyk daarin nie.
'n Paar jaar later, toe Anchor Gis aankondig dat paasbolletjies (Hot Cross Buns) daardie jaar se geborgde kompetisie is, begin ek drome droom van hoog uitgerysde paasbolletjies en 'n silwer skinkbordtrofee.
Die dag voor die kompetisie bak en brou ek vir 'n vale; ek knie, laat rys, knie weer af, laat rys weer. Bak. Wag. Toe die gaar bolletjies uit die oond kom, swel ek van trots.
Die volgende middag by die saal bekyk ek ‘n ieder en ‘n elk se bolletjies met 'n arendsoog. Niemand s'n lyk naastenby so mooi soos myne nie, en ek weet sommer in my hart der harte, vandag stap ek met die eerste prys weg...
Die vergadering begin en die bolletjies raak vergete. 'n Hele entjie die vergadering in vra die beoordelares 'n spreekbeurt. Ek kyk op van waar ek in die sekretaressestoel sit en sien hoe sy een van my broodjies in haar hand omhoog hou en vra wie dit gebak het. As dit enigsins moontlik is, word my kop nog 'n bietjie groter en die eie-ek maak my wys dat hulle so perfek is dat sy nie kan wag om dit bekend te maak nie. Trots staan ek op om almal se bewondering en gelukwensings te ontvang. O wee, wat ‘n ontnugtering! Asof deur 'n waas hoor ek haar vra: "Hoekom is hulle so geel aan die binnekant?" Van iewers hoor ek myself antwoord met 'n yl stemmetjie: "Moet hulle dan nie so wees nie?" Ek gaan sit vinnig en bid dat die aarde my tog maar moet insluk. Tuis aangekom later daardie middag, vang my oog toevallig die botteltjie op die kombuistafel - dis die borrie, nie die kaneel nie...
'n Paar maande later verskyn daar op die kompetisielys die volgende: FUDGE (blokkies verpak in 'n 500ml fles). En ek droom van vooraf. Resepteboeke word uitgehaal, afgestof en behoorlik bestudeer. Ek verstaan weliswaar nie veel van al die stadiums by die kook van lekkers nie. Hoe belangrik kan sagtebal- en hardebalstadiums tog nou wees? Verder volg ek die resep egter tot in die fynste besonderhede. Ten einde laaste staan die 500ml bottel, gevul met sagterige blokkies fudge, in die yskas.
Die vorige skande nog vars in my geheue, handhaaf ek by die saal 'n lae profiel. Na die vergadering sluip ek nader om die kommentaar te lees. Weer is daar die wrede ontnugtering! Die kommentaar lui as volg: "Die kompetisielys het blokkies in 'n 500ml fles voorgeskryf, nie een fudge met 'n volume van 500ml nie!" Tot vandag toe nog weet ek nie wat gebeur het nie, en om te vra waar ek dan gefouteer het…daarvoor was ek te skaam.
Intussen het ek berus. Die VLV en ook die lewe gaan nie net daaroor of jy kan naaldwerk doen of bak nie. Daar is baie ander gebiede waarop ek my kan uitleef. Wat wel saak maak, is die liefde wat jy daarin stort, en juis daarom dink ek dis hoekom my kinders, ten spyte van al my floppe en brandoffers in die kombuis, glo dat ek die lekkerste lasagne suid van die ewenaar maak. Drie van die vier het al die noordelike halfrond se ware Italiaanse Jakob geproe! Oor my naaldwerkvermoë word steeds soos die graf geswyg.

By die VLV het ek dus nie net geleer broodbak, brei, hekel en naaldwerk doen nie. Wat ek wel geleer het, is die waarde van samehorigheid, liefde vir en aanvaarding van mekaar en die self, maar veral die waarde van vriendskap. Toe my dogter eenkeer in 'n Afrikaanse eksamenvraestel moes aandui waarvoor die afkorting VLV staan, het sy vol selfvertroue geskryf dit is die ”Vereniging van Lewenslustige Vroue”. Sy het 'n punt vir oorspronklikheid gekry by die onderwyser wie se vrou self 'n VLV-lid was.
Hierdie lewenslesse wat ek as jong vrou geleer het, dra ek nou na al die jare nog met my saam en probeer die feilbare ek steeds, om elke dag my lewe daarop te skoei…
Theresa Potgieter
Walvisbaai
 

Tuesday, 27 December 2016

Liewe Lesers

Sjoe, die Oujaar se uurglas is besig om uit te loop en ons vat nie grond nie.  Hoop julle almal het 'n Geseende Kersfees gehad en dat julle 'n lekker tydjie met julle geliefdes gehad het.  Nou nog net die laaste stukke Nuwe Jaar toe.

Ons het 'n verskriklike besige tyd gehad.    Renate se eindeksamenpunte het die 21ste uitgekom. Ons was die 20ste genooi vir die Departement van Onderwys se perskonferensie in Windhoek  vir die bekendmaking van die uitslae.  Die beste 5 kandidate in die Higher vakke en die beste 10 in Lower vakke. Ek en Renate is toe met die shuttle wat van hier af Windhoek toe ry en terug gery en vir 2 aande in 'n gastehuis gebly.  Ons het met dieselfde shuttle weer teruggekom Walvis toe.

Ons het geweet Renate gaan goed doen in die eksamen, want sy is 'n harde werker, maar sy het ons sprakeloos gehad.  Sy is deur die Minister van Onderys aangewys as nr 1 in Namibie.  Ons is so trots op ons ou laatlammetjie.  Na die bekendmaking van die uitslae het die pers en NBC (Televisie) haar gepeper met vra en onderhoude.  Sy was uit haar vel van geluk en het aanhoudend  geglimlag.  By my het die trane van dankbaarheid en trots gevloei.  Mens kan nie vir 'n ander  beskryf hoe dit voel om so trots te wees nie.

Nou wag ons om die uitslag van die Mediese keuring te hoor.  Dis senutergend, dié gewagtery. Sy  is by al die universiteite wat Medies aanbied op 'n waglys.  Die uitslag van die keuring word eers in die nuwe jaar bekendgemaak.  Hou tog asb vir haar ook duimvas.

Ons oudste kinders het nie vir Kersfees huis toe gekom nie, dus was dit net ek en Theo met Elfi en Renate.  Theo is nog in Turkeye, maar hy het 'n kersete gemaak het vir hom en sy meisie. Inge het saam met haar geliefde en sy ouers Kersfees gehou in die Kaap.  Ons het hierdie jaar nie geskenke uitgeruil nie, maar het 'n regte Christusfees gehou.

Ek wens julle almal 'n Voorspoedige Nuwe jaar toe.  Mag 2017 vir julle inhou als wat mooi en goed is, vrede, vreugde, gesondheid, blydskap, emmers vol lag en tonne liefde.

Ek groet vir  eers.
Mooi bly
Theresa

Sunday, 25 September 2016

Liewe Lesers

Hierdie jaar  is vinnig besig om ons verby te steek en eerste by die laaste dag van 2016 aan te kom.  Hoekom vlieg die tyd deesdae so vinnig?  Voel dit dalk net so omdat ons ouer word en nie meer die pas kan volhou nie..  Hoe dit ook al sy, Kersfees is minder as 3 maande weg en daar was so baie goed wat ek nog wou doen, maar nou het die tyd my ingehaal

Renate is besig met eindeksamen.  Sy het darem al die Afrikaanse en Engelse mondelinge gedoen en Donderdag skryf sy haar eerste vak, Biologie.  Sy werk hard en ek vertrou dat dit goed sal gaan.
Ons het Donderdag aand Walvisbaai Privaat Hoerskool se senior prysuitdeling bygewoon.  Ons het woordeloos en dankbaar gestaan teenoor ons kind wat elke moontlike prys ontvang het.  Hierdie is 'n lys van haar prestasies.

1. 
Merit Award for English 1st Language HL 84.17%
                           Afrikaans 1st Language HL 76.25%
                           Mathematics HL 95.25%
                           Physical Science HL 92.62%
                           Biology HL 97.62%
                           Accounting HL 94.00%
                           Average 89.99%
2.
Best averages in English 1st Language HL
                              Mathematics HL
                              Physical Science HL
                              Biology HL
                              Accounting HL
3. 
Trophy Award for Academics Best Grade 12 learner in
Mathematics
4. 
Trophy Award for Academics Grade 12 Learner of the year
5. 
Deloitte Award Most versatile Studend Award
6. 
Trophy Award for Academics The Mayor;s Shield for the best
Grade 12 learner in the Science Field of Study
7. 
Trophy Award for Academics "Wel ter tale" trophy
8. 
Special Award for Academics Best average in English,
Mathematics and Accounting
9. 
Full Colours for Academics
10. 
Trophy Award for Academics Principal's Award
11. 
Trophy Award for Academics Senior Optima Ludi
                                    Grade 8 - 91.70%
                                    Grade 9 - 86.20%
                                   Grade 10 - 87.20%
                                   Grade 11 - 88.41%
                                   Grade 12 - 89.99%
                                   Avarage     88.70%
12. 
Trophy Award for Academics SENIOR DUX

Boonop was sy Onder-Hoofmeisie en Deputy CEO van die Junior stadsraad  ook herdie jaar.

Ons is so trots op haar en bid dat dit met haar sal goedgaan in die eindeksamen

Groete vir almal van julle
Tot volgende keer
Theresa




Thursday, 8 September 2016

Liewe Vriende

Ons het 'n besige laaste 2 weke gehad, met die reelings vir
Renate se Matriekafskeid  hierdie gewese Vrydagaand.  Die rok was darem al 3 maande terug bestel. Hare en naels en grimering geboek en gedoen. Op die ou einde het die Rolls Royce waarmee sy sou gaan, die gees gegee.  Ons het toe by vriende 'n Range Rover gekry.  'n 2006 model.  Nou nie vintage soos sy wou he, maar sy was tevrede.  Ons het vir  hulle nommerplate met  hulle name en Matreks 2016 op laat maak en dit op die kar gesit.  Die kleur van die nommerplate was die kleur van haar rok

Renate het die oggend van die groot dag, eers gaan ontbyt eet met hulle groep.  Twaalf uur moes ons vir die hare by die Salon wees.  Renate se hare het stunning gelyk.  Daarna is ons na die Hotelkamer wat ons vir die dag bespreek het waar ons haar met Sushi bederf het.  3 uur het sy vir die grimering gegaan.  Die meisie wat dit gedoen het, het 'n goeie job daarvan gemaak.  Sy het beeldskoon gelyk.
Daarna weer terug hotel toe om aan te trek.  Renate het 'n donker perske-kleur rok laat maak en sy het prentjiemooi gelyk, saam met die hare en die grimering.  Die skoene wat ons die hele Windhoek plat gesoek het na, was perfek by die rok.  Die date het betyds opgedaag en ons kon nog self 'n paar foto's neem.  Daarna is hulle na 'n professionele fotograaf vir nog foto's,  Renate het eers laat ingestap by die saal en na die foto's het ons terug gegaan na die hotel waar ons saam met haar en haar metgeself Hot Chocolate gedrink het.  Daarna is hulle in die Range Rover weg saal toe.  Ons was baie trots op hoe mooi ons jongste gelyk het.

Vandag was ook 'n dag van laastes.  Valedictory Day en Renate se laaste skooldag.  Ons het eers saam met die ander ouers en kinders tee en eetgoed genuttig.  Ons is daarna na buite vir die Ankerseremonie en waar die kinders toesprake gehou het oor hulle onderwysers.  Die matrieks het mooi en goed van hul onderwysers gepraat.  Dis 'n tradisie van die skool dat as jy by die skool aansluit, hetsy as leerder of onderwyser, moet jy onder die anker deurstap en die anker slaan.  Al die matrieks het die kans gekry om die anker te slaan.  Menige onder ons het 'n traan of twee afgevee. Die kinders self was ook baie hartseer.  Maar dit was 'n mooi dag en mens voel trots dat jou kind deel van so 'n tradisie en skool kon wees.

Nou le die geswoeg en leerdery vir die eindeksamen voor die deur.  Ek weet dit sal goed gaan met Renate.

Ek groet nou vir eers.

Mooi bly
Groete
Theresa


Friday, 12 August 2016

Liewe julle

Ek weet nie van julle nie, maar ek geniet dit so om na die Atletiek by die Olympics te kyk, dat al my ander werk agterwee laat.   Ek was veral beindruk met die Ethiopiese meisie wat die 10 000meter gewen het.  Die 2de slag wat sy daardie afstand hardloop en daar wen sy die goue medalje en verbeter die wereldrekord.  Dit wil gedoen wees.

Ons het 'n besige naweek wat voorle.  More ontmoet ons Theo se broer en gesin in Swakop om bietjie te kuier.  Hoop net die weer is lekker en nie vol wind en stof nie.  Ons sal seker die aand gaan eet iewers.

Sondagoggend ry ek en Renate met kennisse van ons Windhoek toe vir 'n funksie waar die wenners van 'n Science Olimpiad bekend gemaak gaan word.  Net die top 10 is uitgenooi vanuit die hele land. Ons moet al Sondagaand daar wees, maar die funksie vind eers Maandagaand plaas.  Dinsdagoggend draai ons weer terug huis toe, sodat die 2 kinders hulle laaste vak, Engels, kan skryf Woensdag.
Die skool sluit ook Woensdag en die rapporte kan Vrydagoggend afgehaal word by die skool.

Ons is redelik haastig om die rapport te kry, want die Universiteite waar sy aansoek gedoen het, soek die Junie-eksamen punte.  Ons het hulle al hoeveel keer laat weet dat ons termyne het en nie kwartale nie, en dat ons kinders nie 'n Julie-eksamenpunt het nie.  En kort-kort kom daar 'n e-pos aan wat dit vra.  Oor en oor van dieselfde universiteite af.  Maar elke keer wat ek bel, kry ek iemand andeers om mee te praat en dié weet natuurlik nie waarvan ek praat nie.  Party van die telefoonnommers lui en lui net sonder dat iemand dit antwoord.  Hoekom gee hulle telefoonnommers as kontaknommers uit, as hulle weet daar is niemand wat daardie foon gaan antwoord nie.  Ek is al skoon geirriteerd.

Ek groet nou maar weer
Tot volgende keer
Theresa
theresa@afol.com.na

Thursday, 11 August 2016

Liewe Lesers

En daar begin die Olimpiese spele met 'n openingseremonie wat ver agter die voriges staan.  Ek weet nie of dit net ek is nie, maar die Opening was afgewater en ek het my dood verveel.  En toe ons amper by Namibie kom, besluit die dekodeerder om te reset.  Woerts en als was weg.  

Renate het vandag Science geskryf en doen more die prakties.  Dan is daar net nog Engels oor volgende Woensdag, en dan 'n kort vakansie, voor die eindeksamen begin.  Ek het egter 'n idee dat Renate deur die vakansietjie gaan leer.

Die Matriekafskeid is die 2de September en die rok begin vorm kry.  Ons gaan more vir die 4de keer pas.  Die snit en kleur pas haar baie goed.

Theo se broer en vrou en 1 dogter is op die oomblik in Swakopmund.  Ons sal hul seker Saterdag sien.  Sondagoggend vertrek ek en Renate Windhoek toe.  Sy moet 'n prysuitdelingsfunksie bywoon vir die Accounting olimpiade (ek dink dis wat dit is) waar sy een van die finaliste is.  Ons moet Sondag al daar wees, al is die funksie eers Maandagaand.  Hulle is 2 kinders van ons skool wat in die die top is, en hulle moet self teenwoordig wees.  Ek en die ander meisie se ma het besluit om saam te ry. En sy ken Windhoek beter as ek.  Sal tien teen een verdwaal en nie weet waar om heen te gaan nie. Ons ry dan Dinsdagoggend weer terug.

Die weer by is so tussen koud en warm.  Baie bewolk, maar niks reenwolke nie.

Lekker dag vir julle almal verder

Totsiens
Theresa 

Saturday, 30 July 2016

Hallo liewe Lesers

Ons het die laaste paar dae baie koud gekry.  Vanoggend was dit vriesend koud, maar nou al bietjie warmer.  Renate het hokkie gespeel vanoggend teen Windhoek Gimnasium.  Hulle het 1-4 verloor. Daarna het ons en vriende na 'n nuwe koffieplek gegaan en iets geeet.  Die plekkie is baie oulik en behoort aan 'n vriendin van my.  Hulle kos was uit die boonste rakke.  Ons sal defnitief weer soontoe gaan.

Die grootste drywende biblioteek is in ons hawe al vir 2 weke, die LOGOS HOPE  Woensdagmiddag het ek en Renate besluit om self te gaan kyk, want almal vertel hoe groot en goedkoop die boeke daar is.  Ons moes omtrent 'n kilometer ver parkeer en stap tot by die boot.  Maar dit was die moeite werd.  Ek het nog nooit so 'n groot boekwinkel gesien nie en met derduisende boeke.  Die boeke word in units geprys en 30 units is N$100-00.  Boeke wat gewoonlik om en by die 500 rand kos, koop jy vir 150N$.  Daar is ook baie spesiale aanbiedinge.  Ek en Renate is met 2 groot sakke daar uit.  As die LOGOS HOPE iewers in 'n hawe naby julle te lande kom, gaan maak defnitief daar 'n draai.  Dis is asemberowend!!

Renate het griep en moet leer, want dis al die 2de week van haar eksamen.  Sy sê haar kop voel soos 'n sif.  Maandag skryf sy Afr Opstelle en Dinsdag en ek dink Woensdag ook, Wiskunde.  Die res van haar rooster weet ek nog nie, maar die Afr 1ste vraestel en mondeling en die Biologie 2 vraestelle is darem al verby.

Tussendeur is dit Matriekafskeid reelings.  Skoene soek is nou op ons prioriteitslys.  Die rok is darem al aan die gang en sy moet more vir die tweede keer gaan pas.  Die haar, naels en grimering afsprake is al gemaak.  Ons moet net iewers 'n proeflopie inpas vir die hare en grimering.

Ek gaan nou soos 'n dassie in die son sit en bak en na Luciano Pavarotti luister.  Ek groet julle dus vir eers.

Lekker dag
Theresa

Sunday, 24 July 2016

Hallo Almal

Ek het die laaste ruk regtig my blog verwaarloos.  Toe ek nou wil ingaan op die blad kom ek agter ek het my wagwoord vergeet.  Ek weet ek het dit iewers neergeskryf, maar kan nie onthou waar nie.  Ek moes toe deur 'n hele proses gaan om 'n nuwe wagwoord te registreer.  Ek Het nogal gesukkel, maar toe vra ek vir Elfi om my te help.  Binne 3 minute was ek terug op die lug.  Die jongklomp is darem baie handiger met hierdie elektronies goed as wat ons is.

Die jaar stap met vaste tred aan, en hier by ons in Namibia is dit amper die einde van die 2de trimester.  Die eksamen begin more en Renate is al weke besig met die voorbereiding.  Tussendeur is dit universiteits- en beursaansoeke en stawende bewyse vir haar prestasies wat gefotostateer en gewaarmerk moet word.  Sy wil graag volgende jaar gaan medies swot.  Die keuring is baie streng en sy doen nou aansoek by elke Universiteit wat medies aanbied.  Wits en Uni van Kaapstad, het klaar laat weet hulle keur net studente van kleur.  Sy is al as student op Maties aanvaar, maar die keuring vir medies vind eers later plaas.  Dan is daar nog Bloemfontein, Pretoria en UNAM (Universiteit van Namibie)  Hou asb tog maar duim vas dat sy wel gekeur gaan word

Voor verlede week het die skool 'n toneelstuk opgevoer.  Renate het die hoofrol vertolk en sy het ons almal stom en in trane gelaat met haar toneelspel.  Sy het haar rol baie oortuigend gespeel.  Die rol was dié van 'n Matriekmeisie wat al vandat sy klein was, kanker het.  Sy was in remissie en die toneelstuk begin waar sy uitvind dat sy weer kanker het.  Sy beplan met haar vriende 'n roadtrip, terwyl sy nog sterk genoeg is. Eers wil sy nie voortgaan met haar behandeling nie, maar sy kry nuwe insig in die lewe op die roadtrip en besluit om voort te gaan met behandeling.  Dis 'n baie "sad" storie, en sy het haar rol baie oortuigend gespeel.

Dieselfde week was die 8ste JSKA Karate Wereldkampioenskappe in Swakopmund.  Dit was van Maandag tot Saterdagaand.  Renate het in die Kata en Freefighting deelgeneem en 2 vierde plekke gekry.  Sy het ook 'n skeidsregter kursus voltooi.  Namibie het die meeste goue medaljes (49) gewen en oor die algeheel die meese medaljes (92) gewen,  Suid-Afrika was 2de  en Skotland.  Ander lande wat deelgeneem het was onder andere Duitsland, Switserland. Brittanje.  Moet se, ons was almal moeg na so 'n besige week.  Bedags die karate en saans die opvoering van die toneel.

Theo is al die hele naweek in en uit hospitaal toe.  Meeste mense het griep.  Ek hoop nie hy steek aan nie.  Mens sukkel om van die gogga ontslae te raak.  Ek was 2 weke lank regtig siek.

Ek gaan vir eers totsiens sê..
Tot ons weer ontmoet
Theresa

Monday, 6 June 2016

Liewe Lesers

Ek was baie lank terug op die blog.  Ek vra om verskoning daarvoor. Hierdie jaar is besig om met ons weg te vlieg.

Dis Renate se laaste skooljaar en  daar is so baie goed wat gedoen moet word.  Die Matriekafskeidrok se kleur en snit is uitgesorteer en die lap is gekoop  En was dit n stryd om die regte kleur te  kry  Nou net die skoene  en die hare. Ek dink sy gaan baie mooi lyk.

Hìerdie naweek wat Donderdag al begin het met 2 skoolbusse vol op pad Keetmanshoop toe vir die jaarlikse Privaatskole Sportnaweek.  Renate speel hokkie en het huĺle 4 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel.  Vanaand sal hul terug by die huis wees, en more is dit weer skool.  Renate spring weg met n Afrikaanse Olimpiade more.

Theo en Elfi is besig om hokke vir hulle pappegaaie te bou  . Hulle het n hele paar broeipare gekry.  Hulle wil met die voels teel.

Theo jnr het einde Maart verhuis na Turkye.  Hy gee klas by n instituut vir tale in Instanboel.  Engels en Spaans.  Hy geniet dit baie, met Wattsapp kan mens hom elke dag kontak sonder dat dit baie kos. Hy kry gratis verblyf, vervoer, hy kan dus lekker

Ek gaan nou afsluit.  Hoop julle het n lekker week.

Groetnis

Theresa Potgieter

Sunday, 20 March 2016

Liewe Vriende

Ons het gister Swakopmund toe gery vir die Coca Cola Privaatskole Atletiekbyeenkoms.  Renate het aan die spiesgooi dogters o/19 deelgeneem en haar afstand was ver genoeg om vir die Namibiese Atletiekkampioenskappe te kwalifiseer.  Sy en ons is vreeslik trots dat sy so goed gedoen het.  Sy het 'n paar jaar terug opgehou met spiesgooi toe die atletiek te veel tyd van haar Karate-oefeninge gevat het.  By die interhuis hierdie jaar egter byeenkomshierdie jaar egter, gooi sy toe per ongeluk 'n afstand wat haar in die streekspan kry.  

Ons het al van Vrydag af 'n langnaweek.  Maandag is dit by ons Indepedence day (afhanklikheidsdag) soos hulle dit hier noem en dus het ons 'n ekstra vakansiedag.  Volgende naweek is Paasnaweek en  die drie dae tussenin het ons skool se kinders 'n midterm break tot na Paasmaandag.  Renate is baie bly oor die afdae, want nou kan sy al haar werk inhaal, Theo is ook bly oor die paar dae, dan kry hy kans om sy batterye weer te laai.

Basil, ons rescue Maccaw is nou darem oor al haar vrese.  Sy het vir Elfi aangeneem en verdra ons darem al naby haar.  Vandat sy reg eet,het sy ook gegroei en is nou 'n mooi groot voel.  Sy praat 'n hond uit 'n bos uit en so leer ons nuwe baba African Gray en Rooi Maccaw baie woorde by haar.

Theo het vir hom 'n wit Maltese poedel gekoop.  Hy is versot op haar.  Toe ons haar gekry het, kon sy skaars eet en toe het hy met puppy milk wat ons by die veearts gekry het, met 'n bottel gevoer 4 na 5 keer per dag.  Die hondjie se naam is Billa.

Ek self het verlede naweek op 'n kat haarbal gegly en my regter knie bitterlik seer gemaak.  Dit vat glo weke om beter te word, intussen klop die pyn deur my hele been.  Ek bid maar dat die pyn gou draaglik word.

Ek wens julle 'n lekker naweek toe en vir die wat vir die Paasnaweek wegglip, voorspoedige reis.

Groete
Theresa


Monday, 14 March 2016

Hallo Almal

Ek was lank afwesig van my blog, maar ek sal  nou probeer om meer kere iets te kom neerpen hier.

Desember was, seker soos julle s'n, ook bedrywig.  Die dorp was so besig dat mens jou inkopies al voor die 16de moes doen as jy sane wou bly.  Hordes mense wat jou vasdryk en vorentoe druk, is nie een van my gunsteling bedrywighede nie.  Ek was hierdie jaar die early bird en was vroeg in Des klaar gekoop wat nodig is. Geskenkies ook.  Ons koop elkeen net een geskenk vir die persoon wie se naam jy uit die hoed getrek het .
My ver Kaapkinders, Inge en  Theo, kon ook net vir 'n week kom.  Jinne, ek verlang so baie. Hierdie jaar gaan ek def Kaap toe vir 'n behoorlike kuier.

Toe die skole weer heropen het, was dinge al weer rustig, net reg vir die dolle gejaag van 'n onder hoofdogter se ma.  Daar moes kaartjies gemaak word vir elke onderwyser, vir die wat verjaar en klomp ander goed en die al ewige boeke oortrek.  Jippie dis my laaste jaar. Moet darem se Renate het self baie van haat boeke oorgetrek.

Renate het by die Kleure atletiek 2de gekom met die spiesgooi en so gekwalifiseer vir die Nationals.   Hierdie naweek wat kom neem sy deel aan die Coca Cola Uitnodigings byeenkoms in Swakopmund.  Die Nationals is ook in Swakop die jaar.  'n eerste, groot byeenkomste word gewoonlik in Windhoek gehou, maar daar is blykbaar restourasie wat gedoen moet werk.

Verder gaan dit maar soos dit gaan as jy 'n kind op skool het.  Rondry, gaan haal, wag, ens.  Maar ek doen dit met graagte.  Renate werk so verskriklik baie en haar akademie is ook tops.  Ons is baie trits op haar.

Intesen het ons drie nuwe diere gekry,  Basil, 'n blou en goud Maccaw, 'n African Gray en 'n Malteserhondtjie.  Hulle is baie woelig en hou ons heeltyd aan die gang.

Ekgroet eers vir vandag
Groete
Theresa


Wednesday, 4 November 2015

Hi aann almal van julle

Vandag het ek gebruik om meer vertroud te raak met my tablet  Ek het nogal  baie goed geleer, soos om te google en op facebook te werk.   Ek is skoon poegaai.

Renate was half siekerig en het nie skòol toe gegaan nie.  Ek wil nie dat sy nou griep kry nie.  Die eksamen begin Donderdag met mondelinge oor hhul voorgeskrewe boekre en Vrydag skryf hulle Afrikaanse opstel vir die eksamen.  Hoop sy voel more heelwat beter  ek hou styf duim vas.

Elfi het vir vanaand heerlike macaroniven kaas gemaak.

Ek lees nou n baie snaakse  boek?  The hundred year old man who climbed out of the window and disappered  deur Jonas Jonasson.  Dis werklik baie snaaks. Kyk  of jy dit dalk kan kry in n boekwinkel of dalk in die biblioteek kan kry.

Groete
Theresa

Tuesday, 3 November 2015

Hallo

Hallo Almal

Ek het tegnologies verder gevorder.  Manlief het vir my n Samsung galaxy tablet gegee.   Dit het my nogal n rukkie gevat voor ek en die tablet mekaar gevind het.  Ek is darem nou al so ver dat ek vandag my blog op hom kan tik.

Veel nuus het ek nie.   Ek is na my hospitalisasie steeds huisgebonde.  Dit voel vir my of dit die keer langer neem om weer sterk te word. Maar byggese, dit raak elke dag bietjie beter.  Hopelik is ek oor n week of twee weer my ou self.

Ons het  hierdie week ook uitgevind dat Kai, ons greenwing macaw  heeltemal blind is..  sy is so   gebore.  Theo vermoed al n ruk dat hy nie kan sien nie .  Ons veearts reel toe dat ons iemaand sien wat spesialiseer in voels.  Sy het bevestig dat Kai totaal blind is.  Dàar is geen bloedvate in sy oe nie.  Hy is dus   so gebore.   Gelukkig  het hy nie mettertyd blind geword nie.  Nou is hy goed aangepas by sy omstandighede en ken nie n lewe met sig nie. 
Hy is nogals more presies 3 jaar oud.  Elfi het tot vir hom n geskenk gekoop.

Nou ja,my nuus vir vandag is op.

Groete t,ot ons weer gesels

Theresa
theresa@afol.com.na

Sunday, 25 October 2015

Hallo julle

Ek was weer vir lank stil, want ek het al weer in die hospitaal belad met 'n Superkiem in die niere en boonop longontsteking waarvan ek glad nie bewus was nie.  Ek het nie eers verkoue gehad nie en niks gehoes nie.   Ek was 12 dae in intensief en is so 'n week gelede ontslaan.  Dis lekker om by die huis te wees, al is ek nog swakkerig en onvas opmy bene. Dit voel so asof ek nooit voorheen kon loop nie, en nou vir die eerste keer dit moet aanleer.  Ek is egter baie dankbaar dat dit elke dag 'n bietjie beter gaan.

Ons was die afgelope week baie besig.  Maandag was dit eers  Renate se Prysuitdelingsfunksie vir kultuur en vir akademie.  Sy het ons as ouers baie trots gemaak.  By die Kultuur het sy 2 toekennings gekry.  Ster kreatiewe skryfster en vir ster Fotograaf van die jaar.  Nog 'n klompie ander kinders het ook toekennings gekry vir hulle bydrae op kultuurgebied.  Na die kultuurtoekennings klaar was, was dit die Akademiese Prysuitdeling se beurt.  Daar was seker nie trotse ouers as ons in daardie saal nie. Renate het met amper elke trofee vir haar graad rn vakke weggeloop.  Sy het die volgende toekennings gekry:

-  Certificate for the Best Academic Achiever in Grade 11 for Mathematics and Accounting - 85.22% average
-  Full Colours for Academics
-  Special award for Academics -Best average in English, Mathematics and Accounting
-  Merit Certificate for Afrikaans First Language 80.41%;  Mathematics Higher Level  96.62%;    Physical Science HL 94.14%;  Biology HL  96.76%;  Accounting HL  93.83%.  Average 88.41.  Best Average percentage in Mathematics HL;  Physical Science HL;  Biology HL and Accounting HL.
-  Special Award for Academics:   PriceWaterhouse Award
-  Trophy awarded for Academics:  Best average % for a great 11 learner inthe SciencField of Study

-  Trophy awarded for Academics:  Grade 11 learner or the year
-  Tablet, geborg deur Manica, Wbaai vir accounting.
Ons het net weereens besef hoe gelukkig ons is om so 'n pligsgetroue dogter te he.

Dinsdagaand was die inhuldiging van die Junior Stadsraad vir Walvisbaai.  Renate was reeds vir 2015 gekose vir die Raad, maar toe was sy 'n Junior.  vir hul 2de jaar op die JCC kry hulle portfeuljes.  Sy is aangestel as die Deputy CEO.  Aai, ek het skoon trane in my oe gekry oor sy so goed doen.  Ek moes omtrent 100 trappe op om by die raadsaal te kom en 'n hele paar keer het dit gevoel of my bene jellie word en wou ek moed opgee.  Ek is seker ons Hemelse Vader het my die laaste ent gedra en ook weer by die afloop van daardie trappe.  Maar ek is so bly ek het gegaan.

Gister het eenvan die plaaslike sportklubs 'n toernooi aangebied vir hokkie - Sparta 6-a-side.  Elke span mag net 6 spelers in he.  Hulle het hulle poegaai gehardloop en net 1 wedstryd verloor.  Hulle het 4 wedstryde gespeel, maaar ons het net die laaste twee gaan kyk.  Ek voel nog steeds te papperig en swak om die hele dag daar te sit.  Gelukkig kon ek darem 2 vandie wedstryde sien.

Manlief het kos gekoop en ons gaan nou eet.

Groetnis tot volgende keer
Theresa Potgieter

NS.  As julle iets wil se of 'n bydrae vir die blog wil maak, stuur vir my 'n e-pos na theresa@afol.com.na



Sunday, 5 July 2015

Lanklaas gesels

Hallo liewe vriende

Dit lyk asof ek darem nou aan die gesond word is.  Vandat ek laas met julle gesels het, het ek 2 bloedklonte deur my longe gehad.  Die gevolg is dat ek nou Warfarin moet drink wat die klonte wat nog in die are is, oplos en ook die bloed dun maak.  Vir my maak dit ook duiselig en ek slaan sommer op enige plek flou neer.  En waar ek voorheen nooit koud gekry het nie, is ek nou so koulik dat ek byna gedurig met 'n trui of baadjie sit.

So staan ek een aand met bakke oorskietkos in die waskamer voor die yskas om dit daar te bêre.  Ek het net die deur oopgemaak toe ek voel my kop begin draai.  Voor ek kon vasgryp aan iets om my staande te hou, slaan ek reg op my regterskouer en sy op die teelvloer neer.  Dit was onuithoudbaar seer en ek het gedink ek het iets gebreek.  My skouer of my arm.  Gelukkig is daar toe niks gebreek nie, maar toe sit ek met daardie pyn in my skouer en arm.  Ek het gehuil van pyn so groot as wat ek is.  Agv van die Warfarin mag ek geen spierverslappers of pynpille van enige aard drink nie en die arm mag ook nie gips of 'n stywe verband omkry nie.  Ek het 'n sling gekry wat nie eintlik veel gehelp het vir die pyn nie.  Ek het letterlik 'n week doodstil gesit en so min as moontlik beweeg om die pyn te verminder en letterlik aanmekaar gehuil van die pyn.  Mens kan dit aan niemand beskryf nie.  Na so 3 weke het die pyn draagliker geword en was dit nie meer so onuithoudbaar as ek beweeg nie.  Dit is nou al amper 10 weke of meer, ek is ook nie eintlik seker nie, maar my skouer is nog steeds seer as ek beweeg of iets swaars optel. Tik is ook moeilik want ek moet my arm oplig.  Die pyn gaan tot in my hande en vingers.  Dit is die bicepspier wat so seer gekry het, maar die nagevolge is erg.  Ek tik nog meeste van die tyd met my linkerhand en hier en daar 'n woord met my regterhand.  Maar hy word te gou seer en lam.  Ek kan darem al redelik met die muis op 'n plat oppervlak werk sonder dat dit te seer word.  Nou edit ek maar al my ou foto's.  Wou dit al lankal doen, maar dis 'n tydsame werk en nou het ek die tyd.

Renate-hulle se prefekondervraging en toesprake is hierdie week.  Ek weet nie wanneer die verkiesing is nie, want die eksamen begin al oor 'n week.  Ek verstaan nie hierdie skool se eksamenskrywery so in die middel van 'n termyn nie, want daar is amper 'n maand nog skool na die eksamen verby is.  Ek is gewoond aan eksamen skryf aan die einde van 'n kwartaal of termyn.  En hier gaan die sportoefeninge dwarsdeur die eksamen aan en selfs ligawedstryde word tydens die eksamen gespeel.  In my tyd het alle sport voor die eksamen gestop en daar was nie sprake van wedstryde teen ander skole of tussen swkoolspanne nie.  Hou maar styf duim vas vir Renate vir hierdie eksamen asseblief.  Sy wil graag haar goeie punte van verlede termyn verbeter

Dit was die 2de Julie ons 32ste huweliksherdenking.  As mens daaraan dink is dit al 'n leeftyd lank en het ons 'n hele paar sakke sout in dié tyd opgeeet.  But still going strong.  Ons hoop vir nog 32 jaar.  Ek het vir Theo 'n koffietafekboek oor die soogdiere van Suider-Afrika en hul beskrywings persent gegee en hy het vir my Photoshop Elements 13 bestel, maar dit het ongelukkig nie betyds gekom nie.  Nou het ek darem iets om na uit te sien hierdie week, want dit sal seker darem nie langer as 'n week vat om hier uit te kom nie.  Ek edit nou maar stadig aan die ou foto's want ek wag vir die nuwe program  Ek werk nog al die jare met Photoshop Elements 2 en gebruik Picasa saam met dit om reguit te maak en rooi oe uit te haal.  Picasa doen dit vinnig en pynloos terwyl dit met Photoshop 'n hele operasie is en dit kom nie altyd so goed uit nie.  Moet sê dis vir my lekker om my foto's te edit en 'n lekker stokperdjie.  Die flaminke kom ook nou weer stadig terug en een van die dae kan ek weer by die lagoon gaan sit en foto's van hulle neem.  Ek kamp partykeer sommer 'n hele oggend daar uit met my 600mm lens en driepoot en kry soms die mooiste foto's.

My arm raak nou seer van die getikkery en gaan ek julle eers weer groet.

Tot ons weer gesels, lekker bly

Groete

Theresa

Sunday, 17 May 2015

hi

verskoon asb die gebrek aan hoofletters en spelfoute.  Ek het geval en my regterskouer in sy kanon in geval. Die senings is geskeur en gerek en dit is vreeslik pynlik.  As ek my arm beweeg, skiet daar 'n steekpyn van my skouer af tot in my vingerpunte.  vrekseer.  Ek het voor die yskas gestaan om iets terug daarin te sit, toe ek flou word en reg op my regterkant val.  dit is vandag al 3 weke en ek kan geen veranderingvoel nie,  ek dra 'n sling waarin my arm leen met elkebeweging voek ek hom, veral hier bolangs by die bo-armspiere en my skouer.  die dokters se dit kan tot 8 weke vat om te herstel - nie gesond wees nie, maar so dat ek die arm makliker kan beweeg.  Sal seker sodra ek my arm weer vryelik kan beweeg, moet gaan vir fisio.  ek mag agv die bloedverdunningspille wat ek vir die bloedklonte trek nie gips kry nie, ook nie 'n verband wat styf sit nie en geen pynpille, spierverslappers of salwe nie.  maar nou het ek klaar gekla

Renate hulle gaan hierdie week die Visrivier canyon stap en sy het nou net haar rugsak klaar gepak.  ek het nie besef daar is so baie beplanning daarby betrokke nie.  hul werk 'n spyskaart uit vir elke ete en die klere moet lig wees.  omdat daar so baie rotse en hierdie jaar water in die rivier is, het hulle ook 'n hikingstok nodig,  dit vou klein op soos 'n kaneradriepoot.  dis om hul balans te behou en om die diepte van die water te toets. hulle vertyrek moreoggend metdie bus Hobas toe van waar hulle dan Dinsdag gaan afdaal na die rivier. Dit is nogal moeilik en neem so 3 na 4 ure,  dan stap hulle nog 'n ent voor hulle kamp opslaan  So 7 km.  Die volgende 2 dae stap hul elke dag 25 km ev Vrydag is hulle 12 uur die middag by Ai-Ais waar hulle weer lekker kan stort en 'n ordentlike bord kos eet.  Renate is baie klein gebou enons is bang die rugsak is dalk te swaar gepak.  maar hulle gaan met 'n skoolgroep en die leier is 'n onderwyser wat dit al 20 keer gestap het.  hy het belowe om hul rugsakke deur te gaan enreg te pak en ook uit  te gooi watEk hoop net nie sy kty te veel blase op haar voete nie. dis pynlik en moet elke dag verbind word. die grootste deel van haar noodhulpkassie bestaan uit pleisters en medikasie vir blase.

Die skoolvakansie eindig vandag en van more af is die kinders weer in die tuig en begin al die buitemuurse bedrywighede ook weer.  Dit gaan 'n besige kwartaal wees, met amper elke naweek hokkie.   renate gaan juis die week na die Visrivier WINDHOEK TOE VIR 'n groot hokkietoernooi.  Ek hoop dat haar voete teen daardie tyd al weer gesond en blaasvry sal wees, sodat hulle lekker kan speel.

my arm is nou moeg getik so met die een vinger saam.  ek gaan dus eers groet.  Ek skryf weer so gou as wat ek irys het om te vertel

Groete tot ons weer gesels
Hopelik sal dit al beter gaan met die getikkery en kan ek my ander hand oook al weer gebrtuikal is dit net om tehelp tik

Theresa

Monday, 4 May 2015

Af Arm

Hallo liewe vrirde

Ek was al weer "af siek",  Hierdie keer het ek flou geword en op my regterarm geval.  Die arm het van bo van my skouer af seergekry tot in my hande,  Die sening in my skouer is geskeur of gerek af tot in my elmboog, waar ook iets fout is.  Dit voel die hele tyd of iets girts-girts maak. Die deel van die arm onder die elmboog gee sulke steekpyne tot in my gewrigte.  En my hande is ook seer.  Ek was nie vir x-strale nie, want Theo se daar is g'n nut in nie,  Al is die skouer en elmboog gebreek of gekraak, kan daar niks aan gedoen word nie.  Dit is die gevolg van die bloedverdunningspille, die Warfarin.  Die sening bloei binne in agv die dun bloed en as daar 'n breuk is of iets is uit potjie, moet ek geopereer wod, en met die Warfarin, wat my bloed dun maak, sal ek my tydens 'n operasie dood bloei.  Daar is wel stollings medikasie wat ek vir 'n week of 2 kan vooraf gebruik, maar dan sit ons weer van voor af met die klonte en die dikte van die bloed is nou eers, verlede week weer laat toets, vir die eerste keer vandat ek siek geword het, net reg.  Nou is my arm in een van daai blou slingers en hel-uit seer, maar daar is geen ander heenkome nie vir 7 tot 8 weke nie.  Ek kry pynpille maar mag ook nie anti-inflannatoriese middels gebruik nie,  Dit is glo ook nie goed saam met die bloedverdunningspille nie. Ek moet my dus so stil as moontlik gedra en die pyn verduur en mag uit en aantrek as ek bad en in die sling my arm gebruik as ek eet.  Ek sit-le in my gemakstoel voor die tv met my laptop op my bors en maag gebalanseer en met die linkerhand tik ek lettertjie vir lettertjie nou aan die blok.  Ek is seker al 'n driekwartuur besig,Namibiese All Tean Karatespan gekies wat plaasvind sodra ons skole weer hier begin, die 17de Mei.  Dit vind in Johannesburg plaas en hul oefen elke aand 2 weke in Swakop, so 30 km ver, Daar is 3 kinders van Walvis en ons neem elke 3 dae beurte om te ry.

My hand is nou lam getik en daarom gaan ek nou koebaai se.  Ek wil nog van die Visrivier stap vertel, maar sal more.  Die groot dilemma is dat Renate moet kies, want dit en die karate oorvleuel. O ja, ek sien hier is nie regtig plek vir julle om kommentaar te lewer of terug te skryf nie.  Hier is my e-pos as jy dalk graag sou wou:  theresa@afol.com.na  Skryf gerus vir my ook.  Ek sal dit baie waardeer as ek van julle ook ietsie kan hoor

Lekker dag verder
Groete
Theresa
theresa@afol.com.na

Thursday, 16 April 2015

Liewe Vriende

Ons het 'n baie besige paar weke agter die rug.

Eers het ons heerlik langnaweek gehou - van Goeie Vrydag tot Paasmaandag.  Ons as gesin, het die tyd gebruik om saam in die duine te gaan ry en weer 'n slag te soek en te kyk na al die klein diertjies in die woestyn.  Mens het permitte nodig om daar te ry, maar ons was verstom om toergroepe met honderde toeriste raak te loop waar die toeriste die ekosisteem van die woestyn verniel.  Hulle het selfs van die duine uitgeklim, al is daar spesifieke areas gemerk waar mens wel kan duine klim.  Dit lyk vir my asof die toeriste nie omgee hoeveel hulle van die land kan vernietig nie.  Wat my verstand te bowe gaan is dat die toerleiers almal Namibiërs is.  Kan hulle dan nie die mense beter inlig en keer as hul wil uitklim op plekke waar dit verbode is nie. Ons het Saterdag en Sondag vir 'n slag weer die omgewing verken deur die hele Duinegordel van Walvisbaai af tot in Swakopmund en terug Walvis toe te ry.  Vrydag en Maandag was ons maar net rustig en het gerus.

Verlede Dinsdag, na die langnaweek, het ons skool, Walvisbaai Privaat Hoerskool, 'n Woestynfees aangebied.  Die 1ste spanne van Hokkie en al die ander rugbyspanne en netbalspanne was betrokke. Daar is omtrent gesport dwarsdeur tot Saterdagmiddag.  Ons 1ste Hokkie Dogtersspan het 2 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel.  Een van dié waar hulle gelykop gespeel het, was nogal 'n Suid-Afrikaanse skool, Alberton Hoërskool.  Ons het goed vergelyk met hulle en die wedstryd het met 1 elk geëindig.  Die ander drie wedstryde wat hul gespeel het was teen plaaslike spanne van hier en Swakopmund.  Een was gelykop en die ander twee 4-0 en 11-0.  Dit was ook die eerste keer die seisoen dat die dogters kans gekry het om as 'n span saam te speel.  Die seunshokkie het ook goed gevaar.

Hier was verskeie skole uit die Republiek wat teen Namibiese skole kom rugby en netbal speel het. Met party het dit goed gegaan en met ander minder goed.  Maar alles gesien, dink ek nie ons Namibiërs hoef ver terug te staan vir die Suid-Afrikaanse skole nie.  Nie in netbal nie en ook nie by die rugby nie.  Saterdagmiddag toe alles afsluit, was almal vodde.  Die kinders wat deelgeneem het, die toeskouers en al die ouers wat by die verskillende stalletjies en kosstalletjies moes werk.  Daarna dink ek nie het enige iemand veel gedoen, behalwe om die rugby op TV te kyk en 'n vleisie te braai nie, en ek het al voor dit aan die slaap geraak.  Ek het natuurlik weeroorboord gegaan met foto's neem en het die hele week daaraan gewerk en edit.

Hierdie week het die kinders hul eksamenvraestelle begin terugkry en daardeur gewerk.  Ons weet nog nie wanneer die rapporte beskikbaar sal wees nie.  Die skool sluit more om 10 uur.  Dalk kry hulle dit dan.  Ons is nogal nuuskierig oor Renate se rapportpunt, want dit klink of dit baie goed gegaan het.  Sy het bv vir haar 1ste  Biologie Hoër vraestel 100% gekry.  Die onderwyser het glo gesê dat toe hy aan die einde van die vraestel kom, hy moes teruggaan om 'n fout of foute te gaan soek.  Hy kon egter niks kry nie.  Hy was verstom dat die kind vir 'n Hoër vraestel volpunte kry, want dit gebeur nie maklik nie.  In sy 28 jaar van skoolhou was dit die eerste keer wat dit gebeur.  Saam met haar kwartaalpunt van 100% en die prakties en 2de vraestel waar sy saam 6 punte verloor het, is haar Rapportpunt nou 98%.  Vir Science Hoër is haar rapportpunt 92%.  Sy het ook in Afrikaans en Engels, albei eerste taal Hoër opgekom, maar daardie punte, sowel as die Wiskunde en Accounting het sy nog nie die totale punt nie.  Ons voel baie trots.

Ek gaan nou eers weer groet tot 'n volgende keer

Mooi bly
Theresa



Tuesday, 31 March 2015

Hallo julle almal

Die afgelope naweek was 'n besige paar dae vir ons.

Saterdagoggend het ons al dou voor dag (5 uur) opgestaan om vir Renate Karate toe te vat in Swakopmund.  Dis eintlik nie so ver nie, 35 km, maar mens moet altyd die digte mis op die pad in gedagte hou.  Dit neem in die mis tot 'n uur of langer om die afstand te ry.  As dit mooi weer is, net 'n halfuur.  Maar jy kan nooit vooraf voorspel nie.  Die weer was toe mooi en ons was lank voor half 8 daar.  Gelukkig kon ons toe darem heel voor sitplekke kry in die nuwe sportkompleks.  Dit het goed gegaan met haar.  Dit was die Swakopmund Shotokan Open Champioenships.  Sy het die goue medalje gewen in die kumute afdeling en brons by die Kata.  Ons het seker so 1 uur daar weggekom en het toe gaan pizzas koop om te eet.  Teen half 3 was ons by die huis en het ons maar net rondgesit, behalwe Renate wat nog vir eksamen moes leer en ek wat my 666 foto's wou aflaai op die rekenaar en hulle edit.  Sjoe, dit was harde werk en ek was eers Sondagaand klaar en kon ek dit op facebook pos


Saterdagnag het ons bietjie reen gehad waaroor ek baie bly was.  Toe hoef ons nie die grote tuin Maandag nat maak nie.  Sal dit maar weer more moet doen.

Sondag het lekker rustig aangebreek.  Ons was die heel dag rustig hier by die huis rond en Theo en Elfi het met hulle Macaws gespeel en gesels.  Theo is ook nie eenkeer deur 'n siek pasient uitgeroep nie.  Vyf uur kry hy toe 'n oproep van ons Sekuriteitsmaatskappy.  Daar is by sy spreekkamer ingebreek.  Hulle haal elke keer die venster uit sy spreekkamertjie se raam omdat dit agter is.  Dit is die 4de keer wat dit die jaar gebeur.  Nog nooit voorheen is iets gesteel nie.  Hulle soek laptops en kameras en sulke goed wat hul weer maklik  kan verkwansel.  Die keer egter het hulle die plek omtrent leeggedra.  Die 3 desktop rekenaars is weg, 'n digitale fotoraam, calculaters en allerhande ander goed.  Dit moes al Saterdagnag na die reen gebeur het, want oral was modderspore en die merke van 'n voertuig in die modder  buite die venster wat hul uitgehaal het en netjies teen 'n muur staangemaak is.  Die alarm was aan, maar die sekuriteitsmaatskappy se hul het geen sein ontvang dat die alarm afgegaan het nie.  Ons vermoed dis 'n inside job, want dit lyk of die inbreker presies geweet het waar al die ogies is.  Die hospitaalwag wat rondtes doen, het die uit venster gesien en die sekuriteit gebel Sondagmiddag.  Theo moes lank daar wag vir sekuriteit en die polisie om op te daag en ook om vas te stel wat alles weg is.  Mens kom mos altyd na die tyd agter wat nog weg is.  Gelukkig het ons darem versekering, maar ek is bang hulle begin weier om uit te betaal omdat dit so gereeld gebeur.Theo moes toe nog 'n nagwag ook huur om die oop spreekkamer deur die nag op te pas.

Gister het hulle darem die venster kom terugsit en het ons kwotasies vir die gesteelde goed begin aanvra.  Ons moet ook 'n kwotasie kry vir die Mediese program waarop die hele stelsel, rekeninge en pasient inligting, loop en dis nogal 'n duur storie  So om en by N$20 000 en dalk nog meer, want die ouens wat dit moet kom instaleer en die netwerke weer opstel, vra ook 'n aardige bedraggie.  Ons sukkel egter so om kwotasies in die hande te kry.  Dit lyk asof niemand hier iets wil verkoop en geld maak nie.  En dis van die uiterste belang dat ons die rekenaars en program so vinnig as moontlik weer aan die gang kry.  Dalk as Theo vanaand by die huis kom, het hy al beter nuus.

Renate hou more op met eksamen skryf.  Nogal is Wiskunde haar laaaste vak.  Gister het sy Engels geskryf.  Vandag sit sy al amper sonder ophou voor die boeke om seker te maak sy gaan deur al die Wiskunde. Gelukkig is Wiskunde haar beste vak en kry sy gewoonlik volpunte daarvoor. Ek sal tog bly wees as die eksamen verby is, want dit was 'n besige tyd.  Die eksamen het in die middel van die 1ste termyn geval en het alle buitemuurse aktiwiteite soos normaal voortgegaan.  Dit was nie vir my reg nie.  Hulle het selfs 'n groot sporttoernooi in die middel van die eksamen in Windhoek gehad waarvoor hulle 5 dae weg was.  5 dae waarin daar nie studeer kon word nie.  Toe reen dit boonop en Renate wat vir die 1ste span hokkie daar was en 10 wedstryde moes speel. AGV die reen het die hokkiebaan verspoel en kon hulle net die eerste dag se 2 wedstryde speel.  Sy kon liewer by die huis gebly het en geleer het.  Daar is ook aan hulle studietyd daar belowe, wat natuurlik nie gerealiseer het nie.  Sy moes dus dubbeld so hard werk toe sy teruggekom het.

Theo het nou net tuis gekom en Elfi is besig met aandete.  Ek gaan julle dus eers groet.

Ons praat gou weer
Groete
Theresa