Saturday 29 November 2014

Hi

Vandag het ek nie veel om te se nie.  Ons was maar hier by die huis rond het nie nie eintlik iets gedoen nie.

Renate hulle het 'n 3 uur lange oefening vir hul orkessie gehad vanmiddag en ons ander het die  rugby gekyk.  Wat 'n uiterste verleentheid. Die Bokke het al hul kanse verspeel en daarom het Wallis gewen.  Mens moet darem toegee dat beide spanne baie goed verdedig het.  Renate-hulle se orkessie speel moreaand by ons Gemeenskapskerk as deel van 'n Kerskonsert.

Hier is foto's van gister se stemming.  By van die lokale was die rye 'n kilometer of langer en nie almal het die geleentheid gehad om te stem nie.  Die tyd het uitgeloop.





Groetnis
Theresa

Friday 28 November 2014

Hallo Almal

En toe was dit stemdag en die mense het gaan stem.  By die munisipaliteit alleen was die tou meer as 'n kilometer lank.  Ek het foto's daarvan geneem wat ek more of so sal opsit.  Ons het gelukkig nie nodig gehad om te gaan stem nie, want ons is net op 'n werkspermit in die land en net gebore Namibiers kan stem.  Maar die dorp was vir 'n slag stil - doodstil.  Dit was soos 'n spookdorp met geen winkels oop nie.

Vanmiddag het ek, Hannelore en Klara Weinachtsmarkt, Duitse Kersmark, toe gegaan. Daar is allerhande stalletjies wat verskillende goed verkoop en mens kry nogal oulike kersgeskenke daar te koop.  Ek het al my vriende se Kersgeskenke vanmiddag gekoop.  Verder is daar lekker Duitse kos. soos Bratwurst en Aartappelslaai te koop en ons het lekker geeet ook.  Ek het tot vir Theo hulle gebel om vir hulle te kom haal, dan hoef ons nie vanaand te sukkel met kos nie.  Ons het ons ou vriende wat van Pretoria teruggekom het ook daar ontmoet en ons het ure om 'n tafel, saam met ander ou vriende, gekuier terwyl ons geeet en gedrink het.  Dit was baie lekker. Ons het baie langer gebly as wat ons wou en is later huis toe.  Toe ons gaan, toe sien ons die ander maak ook aanstaltes om huis toe te gaan.

Ek is vanaand baie moeg.  Dit was 'n uitputtende middag waartydens ek my beste Duits moes uithaal.

Julle moet lekker slaap
Theresa

Thursday 27 November 2014

Goeiemiddag

Vanoggend was die weer lekker, maar hier teeen die middag het die sand weer 'n bietjie kom amok maak,  Maar dut was nie so doodwarm nie.

Elfie het vanoggend 8 uur 'n afspraak by die tandarts gehad waarna sy sou Spar toe gaan om inkopies vir die naweek te doen.  By die tandarts het die ontvangsdame haar heeltemal geignoreer en sy is eers twintig voor 11 in, waarin sy binne 2 min gehoor het hy sal 'n kwotasie uitwerk vir 'n brug en dit aan die mediese fons voorlê.  En sy het 'n uur en 'n halfafspraak by hom gehad.  Sulke goed maak my so kwaad.  Sy is daarna Spar toe en was so 12 uur terug by die huis.

Renate was ook besig vandag met die Junior Ciry Council.  Hulle het 'n groep agtergeblewe leerders lughawe toe gevat.  Daar het hulle die beheertoring besoek en die kinders is ook in die vliegtuig geneem en hulle kon na al die apparate wat die loods gebruik .  Hulle kon baie vrae vra en het ook.

Renate was so 1 uur by die huis.  Doodmoeg na die episode, want dit was gr4 kinders en elkeen het 'n groep gekry om op te pas.  Sy het dus die hele middag op die bank geslaap.  Elfi en ek het vanmiddag gelees - Sy die Huisgenoot en ek eers my boek en toe ook die Huisgenoot.

Theo het nounet van die werk af gekom.  Heelwat vroeer as gewoonlik.  Hulle was blykbaar vanmiddag nie so besig nie.

More is 'n staatsvakansiedag want dit is stemdag.  More sal die drop weer vol rye wees want stempunte is by baie plekke opgerig.  Ons gaan blykbaar ook e-stemming gebruik, maar ek is nie so seker dat dit vinniger sal gaan nie, want ek dink van die mense gaan nie verstaan wat aangaan nie.

Julle moet 'n lekker aand verder he
Rustig slaap
Theresa

Wednesday 26 November 2014

Hi

Vandag was weer 'n lekker dag.  Ons het vreeslik laat gaan slaap gisteraand, toe le ek en die kinders lekker in vanoggend.   Toe ons uiteindelik wakker word, het ons ontbyt geeet en TV Series gekyk.  Ons volgende episode van Grays Anatomy kom eers weer Maandagaand.  Dus ons moes iets anders vind om te kyk.

Verder het my vriendin, Karin, die een wat in Pretoria was, by my kom koffie drink en vir my boeke wat sy klaar gelees het, gebring.  Sy het nou al vir my soveel boeke gebring dat ek genoeg het vir die hele Desember vakansie en dan het ek natuurlik nog die Kindle waarop daar ook omtrent 600 boeke op is.  Dus sal ek aan leesstof nie 'n tekort he nie

Ons groot kinders kom al amper.  Hulle behoort so teen die 22ste Desember hier te wees vir 3 weke.  Ek kan nie wag om hulle te sien nie.  Ons het hulle Februarie laas gesien en ek net vir 4 ure want ek was in ICU in Swakop se hospitaal, en hulle kon een keer op 'n dag vir 2 ure kom kuier.  Hulle was toe net vir die naweek hier.

Vanmiddag het ek gelees, Renate het met haar voeltjie gespeel en TV gekyk en Elfi het vir ons 'n lekker aandete voorberei.  Theo het glad nie te laat van die spreekkamer af gekom nie.  Vir 'n slag.

Nou gaan ek Binnelanders kyk en wat ook al daarna kom, voor ek gaan slaap

Groetnis tot more
Theresa

Tuesday 25 November 2014

Hi

Ons het vandag 'n baie lekker en besige dag gehad.  Die weer was heerlik en dit het tot gemotreen vanoggend. Die res van die dag se weer het ook lekker gebly.

Vanoggend is ek en die kinders Probst toe om die vakansie en Renate se karate prestasies te vier.  Hulle het Toasted Ham, Cheese en Tomato broodjies met tjips geeet, terwyl ek 'n hamburger bestel het.  Ons wou dit gisteroggend al gedoen het, maar toe gaan werk Renate vrywilliglik by die skool om die laboratorium skoon te maak.

Ons was skaars terug van ons ekskursie af, toe bel Hannelore dat sy my kwart voor 2 kom oplaai vir tee.  Ek was natuurlik nog vol van die hamburger, en het toe net 'n stukkie Swartwoudkoek en 'n bottel water bestel.  Daarna het ons langs die lagoon gaan ry om te kyk of daar nog flaminke is, maar hulle is amper almal weg.  Net hier en daar is een te sien.  Ons het lekker gesels en dit was naby aan 5 uur toe sy my weer by die huis afgelaai het.

Renate was intuseen by 'n Junior City Council vergadering en sy was glo 4 uur terug vandaar af.

Nou gaan ek 'n bietjie lees, TV kyk, eet en dan slaap (nie noodwendig in daardie volgorde nie)

Mag ieder en elk van julle 'n lekker aan he

Groetnis
Theresa

Monday 24 November 2014

Hi

Hier is die foto's van Renateseprysuitdeling






 Renate ontvang haar buin Belt


 Trofee wenners
 Renate - beste senior vir 20014



 trofeewenners
Renate met haar Sensei
Hi liewe vriende

VAndag was dit koeler as verlede week.  Dit was heerlik om buite in die tuin te werk.

Ons was vanaand na Renate se Shotokan Karate prysuitdeling wat by die dojo plaasgevind het.  Renate het baie goed gevaar.  Hulle het mos verlede Donderdagaand gradering gehad en die uitslae is eers vandag gegee.  Renate het gespring van 'n Pers Belt tot 'n Bruin Belt.  Sy het rooi heeltemal geskip.  En asof dit nie goed genoeg was nie, wen sy toe die trofee vir die beste Senior Vrou in die dojo vir 2014.
Ons is baie trots op haar.  Ek sal more foto's opsit.

Verder het ons maar weer niks gedoen nie,  Dit sal seker 'n tydjie vat om in te sak dat ons nou met vakansie is en dan weer goed te begin doen. Maar vir eers is dit lekker om niks te doen nie.

Ek gaaan nou TV kyk en dan gaan slaap.  Ek is nogal moeg vanaand.

Lekker slaap
Theresa

Sunday 23 November 2014

Hi

Vandag was maar weer 'n stil dag hier by ons.  Na kerk het ons hamburgers met hoenderschnitzels gemaak en toe 4 episodes van Seisoen 11 se Gray's Anatomy gekyk.

Toe word dit tyd vir Renate om aan te trek vir die musiekkonsert oefening en  om haar te gaan aflaai by die leidster se kerk.   En nou terwyl ek skryf, kom Renate net terug.  Sy se dit was baie lekker, maar dis net met onderwysers wat sy speel.  Sy se dis bietjie intimiderend, maar dis glo al die onderwysers waarvan sy hou.

Ek en Renate het altwee vir die ATKV Pluimpies ingeskryf en ek het dit vanmiddag gedruk, in koeverte gesit en dit reggemaak om te courier.  Die sluitingsdatum is die 30ste Nov.  Renate het onder skrywers ingeskryf en ek in die verslaggewing afdeling.

Verder gaan ons vanaand seker weer eet en daarna nog 'n episode of 2 van Grays Anatomy kyk.  Ons is almal verslaaf daarvan.

Lekker aand vir julle
Groetnis
Theresa

Saturday 22 November 2014

Hallo vriende

Ek het gister nie geskryf nie, want daar was nie veel om te vertel nie, behalwe dat die skool gesluit het vir 'n lekker lang vakansie en dat almal in ons huis bly is dis vakansie.  Die hele huis het in vakansie-mode verander

Renate het met haar voeltjie gespeel, diie TV kon harder gestel  word en die kinders het reeds soos wolwe begin eet.  Ek moet se, die vakansie kon nie later begin het nie, dan was ons almal nou mal.  Renate is klaar baie meer ontspanne.  Sy het nog net 'n musiekkonsert oor vir die kerk waarby sy blokfluit moet speel en sy moet daardie stukke oefen.  Maar sy is redelik goed met die blokfluit, dus neem dit haar nie einltik lank om hulle te ken nie.  Moreaand het hulle hul eerste oefening van almal saam.

Vandag het ons ook nie veel gedoen nie.  Theo en Elfi was winkel toe om 'n paar goed vir die naweek te kry en toe hulle terugkom het hulle net voor die TV onspan.  Renate ook.  Ek het gelees en so nou en dan TV gekyk.  Ek lees nou 'n regte boek en nie met die Kindle nie, en ek moet se ek het so gewoond geraak aan die kindle dat ek sukkel om die boek met gewone daglig te lees.  Ek moet die lig in die vertrek aansit om te kan lees, waar ek met die Kindle dit nie hoef te doen nie, want sy leesoppervlakte is reeds verlig.

Ons het vanmiddag se rugby, Die Springbokke teen Italie gekyk, en was nie besonder beindruk nie.  Ek het gedink die Bokke sou baie beter speel as wat hulle het.  Italie was net ongelukkig dat hulle nie ook doele gekry het nie.

Nou gaan ek saam met die familie TV kyk.  Ons het klaar geeet. Eiers en brood met wors. Niemand was lus vir iets anders in hierdie hitte nie.  Dit was toe nie die 15 grade wat hul voorspel het nie.

Julle moet 'n lekker aand he

Groetnis
Theresa

Thursday 20 November 2014

Hallo Almal

Vandag was weer vreeslik warm, al het dit vanoggend vroeg gevoel of dit gaan afkoel.  Die weervoorspelling se darem ons sal more 19 grade wees en teen Saterdag 15 grade.  Ek hoop hulle is reg.  Die hitte begin ons nou onderkry.

Vandag kon ek weer nie in die tuin werk nie, want alles verlep ook wat jy plant in die hitte. Ek het maar weer vir Renate gehelp met haar Afrikaans wat sy more skryf en ons was teen so 11 uur klaar.  Toe het sy gerus en nou is sy by die karate vir haar gradering.  Sy is baie op haar senuwees, want weens die eksamen kon sy vir 3 weke nie die klasse gereeld bywoon nie, maar ek vertrou dat dit goed sal gaan.

Verder het ek gelees en voor die waaier gesit.  Niks opwindends nie.  Die middag was rustig met die 2 kinders wat gele en lees het ook.

Vanaand sal ons seker weer TV kyk en Theo sal werk aan ons Permanente verblyfregvorms.  Ons moet volgende week almal gaan vir X-strale en mediese ondersoeke.  Iets waarvoor ek min lus het, maar moet gedoen word vir die aansoek.  Ons wil juis so vinnig as moontlik die vorms inhandig, want die Raad vir permanente verblyfreg sit in Januarie of Februarie en omdat ons al 10 jaar in Namibie bly, behoort hul nie ons aansoek af te keur nie.

Julle moet 'n lekker aand he verder
Groetnis
Theresa

Wednesday 19 November 2014

Hi

By ons was dit vanoggend weer ondraaglik warm.  Teen middagtyd het ons darem wolke gehad waaragter die son kon wegkruip, nie dat dit die hitte minder gemaak het nie.

VAndag het ons net geleer.  Renate het haar oefeninge en ander Afrikaans vir my gebring om haar te vra en te merk wat sy nie ken nie.  Dit het ons nogal lank geneem om dit te doen, maar dis nou klaar en volgens my ken sy haar werk baie goed.  Daar was maar min verkeerdmerkies wat ek moes maak.  Die sal sy nou vanaand deurgaan en more weer al haar werk.  Ek dink sy is goed voorberei vir Vrydag se eksamen.  Sy het moreaand nog 'n karate gradering ook, sy sal dus vroeg moet klaarmaak want hulle moet al 5 uur daar wees en daarna sal sy nie tyd he om te leer nie en dalk ook baie moeg wees.

Daarna het ons Vallei van die Sluiers gekyk wat ons  opgeneem het en netnou gaan ek Villa Rosa en Binnelanders kyk en daarna Kwela.  Dan gaan ek slaap.

Julle moet ook 'n lekker aand he en lekker slaap

Groetnis
Theresa

Tuesday 18 November 2014

Hi Almal

Dit is ' n vrekwarm dag hier by ons.  Dit voel selfs of die lugversorgers in die huis niks help nie.  Ek het tot my tuinman huistoe gestuur oor die hitte nadat hy darem die plante natgemaak het.

Dinsdae is ek mos bediendeloos en dan doen ons nie veel behalwe tee drink en eet nie.  Elfi is juis nou besig om kos vir aandete te maak.  Ek het vanoggend gelees en vanmiddag vir Renate al haar oefeninge gevra en gehelp om ander goed ook tee leer.  Mens kan net vir haar voorlees, dan onthou sy dit.

Vanaand sal ons seker TV kyk en vroeg gaan slaap.  Of liewer ek sal want ek het gisternag weer sleg geslaap.  Nie meer as 4 ure nie.

Ek heg vandag 'n opstel wat Renate vir die vorige eksamen geskryf het aan. Hoop julle geniet dit!

Groetnis
Theresa

Vis of vlees

Bedonnerd
Beneuk
Bemoerd
Altyd vies sonder om te weet vir wie of wat. Ek pas nêrens in nie.

Ek is nog vis nog vlees.  My ma sê as jy nog vis nog vlees is, is jy in jou tienderjare.  Jy pas nie meer by die kinders in nie, maar jy is ook nog nie 'n grootmens nie.  Mens is so tussenin.

My lewe bestaan min of meer in 'n skooltas.
Boeke, handboeke, potlode, penne, liniaal,
wiskundestel.

Ek is vry, maar hoekom voel ek partykeer so ingehok soos 'n voël in 'n traliehok, met nêrens om heen te gaan nie.

Dit is ek? Moeilik. Ongehoorsaam. Foutvinderig.  Soms voel ek nodeloos.  Niks is ooit na my sin nie. Niks wat ek doen of sê is ook ooit na iemand anders  se sin nie.




Ek is 'n tiener.  Verlore in hierdie wêreld vol rede en reëls.

Ek wil uit die boks lewe.  Nie toegekram in 'n klein vierkantige boksie nie.

Ek is die reën, die donderslag, die blits.  Ek is 'n spoelsteen in 'n groot maalstroom van kind- en tienerwees,  Glad geskaaf en gevorm  en steeds weet ek nie wie of wat ek regtig is nie.

Ek is somer.  Ek is lente.  Meestal huppel die dag met 'n groot rooi glimlag oor my siel, en spring met rooi tekkies reg dwarsoor die maan.  Ek is winter en herfs, droë, oranje populierblare wasgewaai teen die ogiesdraadheiding.
Ek het 'n i-Pod, 'n Playstation, 'n Wii en 'n selfoon.  Ek Mix-it, sms, Facebook en Whatsapp. Ek het pëlle.

Ek is 'n lappieskombers, 'n hutspot, 'n kaleidoskoop van kleur.
Groenpers droefnis en vlamgeel blydskap wat baklei teen mekaar.

El is 'n gevangene. Grootmens vasgevang in 'n kind se liggaam. Ek is 'n eiland omring met mense.

Ek is Renate.
Ek is sestien jaar oud.
Ek is in graad 10.
Ek is mens. 
Ek is alles en niks.
Ek is ek.

Woorde  315


Monday 17 November 2014

Hallo

Vandag het nogal 'n besige dag uitgedraai.

Ek moes vroegerig lughawe toe gaan om 'n vriendin van my af te haal.  Sy het van die Kaap af gevlieg, nadat sy met die MSC Opera op 'n vierdag reis was vanaf Durban tot in Kaapstad.  Dit klink hemels. Sy en 'n vriendin het dit saam gedoen. Ek wil dit ook nog eendag doen. Dit kan mos soos  tweede honeymoon wees.  Mens moet seker net oppas dat jy nie te oud raak voor jy dit doen nie, anders sal mens dit nie so baie geniet nie.  En dit moet vir 'n spesiale geleentheid wees soos 'n goue  of silwer bruilof wees.  Ons is nou al 33 jaar getroud, nou wonder ek wat noem mens die 35ste jaar.  Om vir 40 te wag is te lank vir my,

Toe ons by haar huis kom, het ons nog heerlik tee gedrink en gesels.  Sy is so opgewonde oor alles en sy se sy het elke oomlik van dit geniet.  Sy wou vir my iets wys en daar kry ons nie haar tas oop nie.  Sy het die sleutelslot se kombinasie vergeet.  Miskien onthou sy dit gou, maar anders sal sy maar die slot moet afsaag.  Ek vergeet ook so my kombinasies en pinnommers.  Nou maak ek hulle almal dieselfde.  My kaaarte het een nommer en alles op die internet het ook dieselfde naam en password. Want as ek dit nie neerskryf nie, weet ek, ek gaan dit nie onthou nie.

Renate het darem vandag gese dat sy nie te sleg Accounting geskryf het  nie.  Alles wat moes ballanseer het.  Ek is nou bly dis agter die rug.  Nou bly net Afrikaanse Taalleer oor vir Vrydag. Maar dis 'n hengse hoop werk om te leer en vir 'n kind wat in Engels skoolgaan en meestal Engelse maats het, is dit nogal moeillik.  Sy praat amper net Afrikaans by die huis.  Maar ons sal hierdeur ook kom.

Vanoggend was dit 'n mooi dag, maar toe ek van Hannelore se huis af terugry na ons huis toe, toe waai die sand weer van die duine se kant af.  Ai, ek wens dit wil nou ophou, want ek wil plant en solank die wind waai,  is dit nie die moeite werd nie.

Julle moet 'n lekker aand he

Groetnis
Theresa

Sunday 16 November 2014

Hallo liewe Vriende

Vandag was 'n stil, rustige dag hier by ons.  Theo het so 'n bietjie op sy rekenaar gewerk, Elfi het tydskrifte gelees, Renate het Rekeningkunde gedoen want sy skryf dit more en ek het gelees.  Gelukkig is daar minder as 'n week oor voor die vakansie begin.  Vrydag skryf Renate haar laaste vak.

Tot die honde en ander diere was rustig. Miskien omdat vandag nie so warm soos gewoonlik is nie.
Die weer hier vandag was draaglik al het ons die lugversorgers aangesit, kon ons dit bietjie afstel.

Die boek wat ek nou lees is ZOO van James Patterson.  Dit het nie vir my lekker begin nie en ek het nogal daaraan gedink om op te hou lees daaraan, maar ek glo mos daarin om die boek klaar te lees as ek eers begin het.  Ek het toe maar aangehou en na die eerste paar hoofstukke het die boek spannend geraak.  Ek trek nou al by Hoofstuk 74 (ek wonder hoeveel is daar)  Ek kan nie kyk nie want die boek is op my Kindle en gee nie bladsynommers of so iets aan nie.

Vandag het ek nie veel nuus nie, behalwe dat ek bly is dat die Bokke gister teen Engeland gewen het, al het die skeidsregter 'n paar glipse teen die Springbokke gemaak.

Julle moet 'n lekker middag verder he en geniet die aand

Groetnis
Theresa

Saturday 15 November 2014

Hallo

Vandag het ons nie veel gedoen nie, maar net rondgesit en gele.  Theo is baie moeg want hy het 'n harde week agter die rug.  

Ons het nou die rugby gepause sodat ek gou my blog kan skryf, want dis die eerste keer wat ons vandag internetopvangs het.  Snaaks dat mens naweke so sukkel en  ons het nogal 'n vinnige konneksie of spoed of wat mens dit ookal noem. Maar kort-kort oor naweke sit ons sonder internet of dit kom net vir 10 min aan en gaan dan weer af.

Ek het darem vanoggend ook my boek klaar gelees.  The Chamber deur John Grisham.  Dis 'n goeie boek en kan dit aanbeveel vir mense wat graag lees

Ek wonder wat gaan met die rugby gebeur.  Ons het darem nie te sleg begin nie en is nou 10-0 voor. Hoop ons wen die een teen Engeland.

Lekker middag vir julle verder en geniet die rugby.

Groetnis
Theresa

Friday 14 November 2014

 Halllo

Die wind en mica waai alles al weer uit mekaar uit. Dis onplesierig om buite te wees.

Ek het vanoggend 'n pedicure laat doen en dit was baie lekker. Ek en die vrou het land en sand gesels en ek was amper 2ure daar. My voete lyk nou die mooiste as wat ek dit nog ooit gesien het. Toe ek terug kom was Theo hier vir etenstyd.

Daarna het ek gelees en later tuisnywerheid toe gegaan om 'n vrugtekoek te gaan haal wat ek bestel het. Nou moet ek hom dose met brandewyn dat hy lekker sag kan wees.

Elfi het weer met haar diere gewerk en Renate het darem so bietjie af gevat. Al die Biologie wat sy geleer het was verniet, hulle het niks gevra wat hulle moes leer nie. Sy voel darem nie te sleg daaroor nie.

Geniet julle aand verder.

Groetnis
Theresa

Thursday 13 November 2014

Hallo vriende

Vanoggend was vir my baie besig.  Ek het met 'n vriendin gaan Chai tea drink. Terwyl ons lekker kuier kry sy skielik 'n migraine. Sy is naar en sy het kry maagkrampe. Binne 10 minute het sy soos die dood gelyk. Ek bied toe aan toe aan om haar dokter toe te vat. Sy sms toe die dokter of daar vir haar plek is, maar toe ons niks hoor nie het ek die ontvangsdame gebel en gese ons kom in. Hy't haar toe gespuit en ek het haar daarna huistoe geneem om te gaan rus. Ons het ook nog 'n aflewering van haar tuisnywerheid gaan doen by 'n plek. Sy se sy voel darem nou al beter.

Vanmiddag het ek weer gesit en lees aan 'n nuwe John Grisham. Die begin klink redelik interessant. Ek is mal oor sy boeke en het almal op my Kindle. Ek gaan hulle nou een vir een lees.

Renate se laaste dag van leer vir Biologie het aangebreek en ek dink sy is dankbaar. Sy het haarself op geleer daarvoor.

Julle moet 'n lekker aand verder he.

Groetnis
Theresa

Wednesday 12 November 2014

Liewe Vriende

Ek het gisternag weer een van my slapelose nagte gehad.  Ek was drie uur nog wakker en het al 7 uur wakker geword.  Ek het dus net 4 ure slaap ingekry.  Ek is dus vandag nie die skerpste potlood in die pakkie nie.  Ek het nog probeer le tot minstens 9 uur, maar ek kon nie weer aan die slaap raak nie.  Ek het toe maar opgestaan.

Net nadat ek gesort het vanoggend, lui my selfoon onverwags.  Dis  toe my vriendin wat koffie wil kom drink.  Hulle is 2 jaar gelede hier weg omdat haar man by 'n nuwe maatskappy gaan werk het in Pretoria, maar hulle het hul huis gehou en ek het hul pos en so aan aangestuur.  Ek het ook die huissleutels gehad, vir ingeval daar 'n inbraak is (hulle breek baie hier in) en die sekuriteitsmense moes ingaan.  Wel, ons het lekker gekuier en sy het vir my 'n klomp boeke gebring om te lees wat sy klaar gelees het en nie meer wil he nie.  Onder andefe  A Thousand Splendid Suns van Khaled Hosseini wat The Kite Runner geskryf het. Hulle is nou terug van Pretoria af en gaan nou weer hier bly.  Ek is so bly.  My Scrabble partner is terug.  On speel een oggend 'n week, gewoonlik Donderdae Scrabble.  Een week by my en die volgende by haar en ons sorg dat dat daar ook iets lekkers te ete is.  Die een wat kom speel is vir die eetgoed verantwoordelik.   En ja,  sy't ook vir my 'n pakkie met die heerlikste lekkerruikgoed soos handeroom, body lotion, ens gebring.  En dis 'n groot pakkie vol.  Ek was so bly

Vanmiddag het ons weer warm gekry.  Die temp was hoog en vol humiditeit en die sand en wind het vir die vale gewaai. Jy sit met die waaier aan, dan sweet jy nog steeds.  Dit was vrekwarm. Mens kon niks buite in die tuin doen nie, en ek twyfel of enige iets wat ek geplant het, dit gaan oorleef of opkom.  Die mica in die sand waai die plante en struike dood.  Ons moet elke dag al die stuike en ook die huis afspuit.  Dis ook nie snaaks om 2 keer 'n week vensters te was nie.  Daai mica vreet alles op.

Ek het toe maar gesit en boek lees terwyl Elfi op haar rekenaar besig was en Renate geleer het.  Nog steeds Biologie want sy skryf eers Vrydag.Die eksamen moet nou klaarkry.  Die arme kind is klaar. En daar is nog 8 dae oor.  Gelukkig het sy darem 'n lang vakansie om na uit te sien en 'n Karate Gradering.  Ek het 'n lekker boek van John Grisham gelees en hom darem vanmiddag  al klaargekry.

Dis al my nuus vir vandag.

Hoop julle het 'n lekker aand verder
Groetnis

Theresa

Tuesday 11 November 2014

Hallo vriende

Vandag was weer Dinsdag wanneer my bediende nie kom nie. Dis dan die dag wat ek mos heeltemal af vat en alles doen wat vir my lekker is.

Vanoggend het ek op die rekenaar gewerk en vanmiddag het ek en Elfi die fliek "Verraaiers" gekyk. Ek was heel beindruk daarmee. Dit lyk tog of Suid Afrikaners kan flieks maak. Daarna het ek en Elfi gesit en gesels terwyl Renate Biologie geleer het en aan haar Engelse opstel oor sonette gewerk het.

Ek het nie veel meer nuus nie.

Lekker aand vir jou verder.

Groetnis
Theresa

Monday 10 November 2014

Liewe Vriende

Die wind en sand waai al weer hier by ons. My tuinman het vanoggend die geute van die huis skoongemaak en dit was 'n aardige hoop sand wat hy daar uitgee het.Meeste mense hier in Walvis het nie eers geute by hulle huise nie - dis glo nie nodig nie,want dit reën nooit.  Wat natuurlik ook weer waar is, maar in ons 10 jaar hier het ons 2 keer groot reëns gehad en ons is maar bly oor die geute al verskaf hulle ekstra werk.

Renate het vanoggend Science geskryf en dit het glo goed gegaan. Ek is bly vir haar part.  Ek het vanoggend bietjie gedig en geskryf en op FB rondgespeel.  Elfi het kruidnierware gaan koop en ek het haar help uitpak.  Toe was dit al half 1 en tyd om Renate by die skool te gaan haal en kort daarna was Theo hier vir sy etensuur.

Vanmiddag het ek besluit om 'n boek van Dean Koontz, waaraan ek van die 1ste bladsy af nie aanklank gevind het nie,klaar te lees. Dit was 'n pyniging.  Die boek het my so min geintereseer dat ek al klaar die naam vergeet het.  Nou sal julle seker wonder hoekom ek hom aanhou lees het?  Dis net as ek 'n boek begin lees moet ek hom klaar lees.  Al neem dit my 'n jaar en 'n klomp ander boeke tussenin, maar klaar sal ek hom maak.  Vandag voel ek nogal bly dat ek dit met daardie boek reggekry het,  Nou kan heerlik voortlees aan boeke wat my interesseer.

Die res van die dag gaan ons seker nie veel doen nie.  Net rustig wees.  Behalwe Renate.  Sy leer al die hele middag en beplan reeds vir vanaand ook, aan haar Biologie wat hul Vrydag skryf

Geniet julle aand verder
Groetnis

Theresa

Sunday 9 November 2014

Liewe vriende

Ek voel heelwat beter na my val. Die pyn in my spiere begin uitgaan, net my knie voel nie te lekker nie. My nek voel ook reeds heelwat beter.

Ons het vandag 'n "power outage" gehad en het van omtrent 10uur af geen krag gehad nie. Binne 'n uur is dit toe weer aan en Elfi wil al haar visse van die batterypompies afhaal. Gelukkig het sy nie ver gevorder nie toe is die krag weer af. Die slag het dit lank weggebly. Die krag kom glo 6uur vanaand weer permanent aan, want hulle doen herstelwerk by al die kragstasies in die dorp. Dis nou weer aan en ons hou maar duimvas dat dit nog vir 3ure gaan hou.

OIns het vandag toe nie eintlik iets rerig gedoen nie, want wat kan jy ook doen as die krag die heeltyd af is. Ek is te blind om in die skemerte te sit en werk.

My nuus is maar min vandag en julle moet 'n lekker dag he.

Groetnis
Theresa

Saturday 8 November 2014

Liewe vriende

Vandag voel dit asof 2 treine oor my is.  My hele liggaam se spiere is seer, tot my ribbebene.  Dit is darem amper weer tyd vir pille en 'n inspuiting,  Dit gee darem redelike verligting.  Nie gou werk ek in 'n sanderige blombrdding.

Elfi en Theo was dorp toe terwyl ek hier om my stoel sit en wag vir beter dae.  Ek dink my knie se ligament het geskeur want as ek loop beweeg hy ronte n maak sulke snaakse geluide.  Theo se ek moet 'n paar dae wag,dis dalk net water op die knie. Nou doen ek dit mqqr, my been vil nie lekker daamwerk nie.  Renate het tot vir My OumA se ou kierie gaaan uitsnuffel  iewers in 'n kas  Nou loop ek maar met hom, dit help vir die seer knie.

Theo en Elfi was die hele oggend weg en het kruideniersware gaan koop en kos en speelgoed vir die voëls gekoop,  Renate sit en leeer Physics en Biologie.  Die Physics skryf sy Maandag en Wiskune (2 vraestelle) Vrydag.  Sy leer nogal hard want dis haar 2 gunstelingvakke.  As dit klaar is, is sy amper klaar met eksamen,  Dan lé daar basies net Accounting oor,  Ek sal bly wees as hierdie senestger  die op 21steNov sluit.  Dan het die kinders 3 weke langer vakansie want ons sou die 12 Des gesluit het. Nou is daar 'n Nasionale verkiesing  en hulle sluit die skole vroeg

Ons aansoeke vir permanenteverblyfreg is ook nou ingedine.  Hulle sê as dir Raad Februarie sit, sal ons dit kry.  Dan hoef ons nie meer jaarliks vir werkspermitte aansoek te doen nie

Ek gaan vanmiddag die rugby kyk en julle.  Hoop al die regte spanne wen

Groetnis
Theresa

Friday 7 November 2014

Liewe Vriende

Ek hetr vandmiddag so hard geval dat ek sterretjie gesien het. EK was in 'n bombedding besig en toe ek deur die los sand loop om sydeur toe te gaan, swik my voet en ek val met 'n slag neer.  Reg met my gesig op die interlocks en 'n hewige slag met my kop. En daar kom ek nie op nie. Ek neem eers introspeksie van wat gebreek of stukkend kan wees, maar alles lyk normaal.  Gelukkig sien die tuinman my raak waar ek daar onvleiend op die grond lê en kom dadelik tot my hulp.  Toe ek staan weet ek darem nis is gebreek nie. Net met ego het 'n hengse knou weg.  My bril het ook so gebuig dat ek hom nie eers kon terugsit nie.  Gelukkig was die oogkundiges nog oop en Elfi het my gou soontoe gevat.  Gelukkig kon hulle hom reg buig.  Nou voel ek die naskok van die val eers. My hele lyf is seer,my knie is effens uit lit uit want hy maak so snaakse geluid as ek op hom trap. En my nek is seer en styf,  Kan  hom nie op of af  beweeg nie

Verder het die dag darem heel ok verloop.  'n ou Vriendin van my het kom koffie drink en ons het lekker gesels. Na ek in die tuin was, het ek besluit om die res maar tot maandag te los en dan voort te gaan.  Ek het my op my stoel neergeplak en gelees. Heelwat veiliger as om in 'n blombedding  rond te krap op soek na goed wat ek al 'n ruk terug geplant het en niks daaarvan kon opspoor nie.  Die wind was die laaste tyd te erg dink ek.

Renate het vanoggend Engels geskryf en sy se dit was nie te erg nie.  Elfi moes vanmiddag weer tandarts toe want een van haar tande het middeldeur gebreek.  Sy't nie 'n afspraak gehad nie en het amper2 ure gewag voor sy gehelp is en dit nadat sy gister daar was en die tandarts nie die een los stukkie raakgesien het nie.  Dit kos ons mos nou weer 'n konsultasie, want hierdie was 'n ekstraksie.  Theo sê hy gaan dit nie betaal nie,want dis waarvoor sy gister spesiaal gegaan het.

Ek gaan nou  Binnelanders kyk en dan reguit bed toe.  Ek voel of 'n trein my getrap het.

Groetnis
Theresa

Thursday 6 November 2014

Hallo vir die 2de slag vandag

Hier is 'n paar foto's uit my "Touches of red" Album














Liewe Vriende

Vandag is ' lekker koel dag sonder wind.  Hoe dit vanmiddag gaan wees het ek nie 'n idee nie, parykeer waai dit al van 1 uur af dat mens dit nie kan waag om uit te gaan nie.

Di ergste hartseer van gister is verby, maar daar bly altyd nog 'n bietjie oor en dis Desember en mens bly dink aan Kersfees en hoe mens so iemand mis by die Kersvieringe. Maar nou genoeg van dit.

Renate blok by die huis vir eksamen en sy gaan net skooltoe om te gaan skryf.  Vandag moet sy egter 12uur daar wees vir ekstra klas in Physics.  Hulle het nie klaargekry met die semester se werk nie en nou is daar ekstra klasse.  En hulle skryf Maandag Physics.

Gisteraand  het sy geleer en ek en Elfi het kos gemaak.  Nadat ons klaargeeet het, het sy weer gaan leer en Theo het haar met 'n paar goed gaan help wat sy nie meer verstaan nie.  Hulle was lank besig en ons het maar TV gekyk Villa Roa die nuus en daarna Binnelanders.  Ek het daarna gelees terwyl Elfi haar diere kos gegee het.  Glo my dis 'n missie op sy eie.  Party kry meelwurms, ander krieke , nog ander gesnyde groente en dan moet die visse kos gegee word  Elke soort sy eie soort kos. Dit neem haar tot 'n uur en 'n half om alles dlaar te kry,

Elfi het gaan kruideniersware koop al 'n uur en 'n half terug en sy is nog nie klaar nie.  Wonder of sy die hele winkel leeg koop of het sy nog afder plekker om na te gaan. Sal maar hoor as sy terugkom

Groetnis en geniet di edag verder

Theresa



Wednesday 5 November 2014

Hallo liewe vriende

Vandag is vir my 'n hartseerdag.  My enigste sussie het vandag 23 jaar terug op die pad tussenWinburg en Bloemfontien dood.  Dit het kwaai gereen en 'n vragmotor van voor het verby die voertuig voor hom probeer vergaan en Renate het verby probeer verbygaan by die motor voor haar.  Hulle het makaar glad nie gesien nie.  Sy is op slag dood.

Ek onthou nog die oproep van my ma Danielskuil toe om te se ons moet huis toe kom.  Iets verskrikliks het gebeur.  Renate het verondeluk.  Ek vra nog of sy seergekry het. Toe se my ma sy is dood.

Dis die vinnigste wat ek nog gepak het en ons Winburg toe gery het.  Toe ons daar kom was my ouers nie alleen nie, 'n hele paar vriende en 'n dominee met wie my pa goeie vriende was, was daar.  Maar dit het gelyk asof dit nog nie ingesink het nie.  My pa het nog gese hy wonder waar bly sy so lank, want sy het hulle gebel net voor sy begin ry het.

Ons moes al die begrafnisreelings tref en ons het nie geweet wat om als te doen nie.  Gelukkig het AVBOB darem gehelp.

Dit is ook vandag my vriendin se man se doodsdag.  Hy is verlede jaar na'n jaar se lyding aan pankreas kanker dood.  Ek kom nou net terug nadat ek en sy gaan koffie drink het en sy oor die goeie ou dae gesels het.

Jul kan dus besef dat dit vir my nie 'n lekker dag is nie.  Ek wonder so baie keer hoe dit sou wees as sy geleef het en ons saam kon kinders grootmaak, vriendinne wees, of ons kinders oor die weg so kom, ens.  Maar dis water onder die brug.

Ek het vir julle 'n gedig aan wat ek 'n paar jaar gelede al geskryf het vir haar.

In Memoriam
(Renate Vera Bϋscher   
07/06/1962 – 05/12/1994)

Kleintyd as sussies bymekaargesmyt.
Die verskille tussen ons hemelsbreed
en meestal onversoenbaar
                   onaanpasbaar
                   ontoegeeflik
                   onverenigbaar
Ek, die rustige dromer
Jy, die wilde en kwaai go-getter
Deur sonskyndae en onweersdae
is ons kindertyd verseël
ons grootword gedeel,
en het ons tog geleer
om mekaar lief te kry.

Skielik een dag
‘n oproep
‘n tyding van dood!
Voortydig.
Onverwags.
Eensklaps was jy weg.
Nooit was ons van dieselfde bloed,
maar ‘n deel van my hart uitgeruk.

Hoe kon dit waar wees?
Jy was so jonk...
   so mooi...
Ek was verstom
    verslae
              woedend
Ek was die bloubitterbessiebliksem in vir jou!
Hoe kon jy dit aan my doen?

Hartseer
Trane
‘n Vlekvrye staalbed
Doodsbleek
onder ‘n wit laken lê jy.
Jou liggaam geskend
Onherkenbaar vermink
Arms en bene vergruis
verpulp tot ‘n niksseggende massa.



Ek moes jou uitken.
Ek het na jou gesoek,
maar kon jou nêrens kry
in daardie liggaam
onder die laken nie.
Aanvaarding
Berusting
Só sou jy nie wou leef nie...

Ek staan langs ‘n oop graf,
maar weier om te kyk
hoe jy wegsink in ‘n swart gat.
My oë opwaarts gekeer
terwyl jy stadig, o so stadig
afwaarts sak
dieper dieper dieper
af awer afste

Die horlosie tik
Jare stap aan
Die gemis bly
Die lewe gaan aan...

En as ek saans om 6
die telefoon hoor lui
Dis nou al 19 jaar
verwag ek nog jou stem
“Hallo Sus, hoe gaan dit vandag?”


Theresa Potgieter

Walvisbaai

Groetnis
Theresa


Tuesday 4 November 2014

Liewe vriende

Alhoewel ek gisteraand goed geslaap het het ek blaasinfeksie. Ek is nou op sterk antibiotika en hoop dat dit gou beter sal wees. Dit voel of 'n trein my getrap het.

Renate het Afrikaans geskryf vandag en sy se dit het darem nie te sleg gegaan nie.

Elfi was die hele middag besig om fleece materiaal onder in haar rothokke te sit  Dit help dat hulle die saagsels nie so rondmors nie en hou hulle lekker warm. Met die materiaal sluit sy die saagsels heeltemal uit.

Ek is nou so moeg ek kan nie my oe oophou nie, dus gaan ek nou maar slaap.

Groetnis
Theresa

Monday 3 November 2014


Liewe Vriende

Ek het gisternag weer nie 'n oog toegemaak nie.  Ek dink ek het my dag en nag omgeruil of dis die pille wat ek vir die Bi-polar disorder drink/  Ek hoop dat ek vanaand darem sal kan slaap want 2 nagte aanmekaar gaan nie vir my werk nie.

Renate het lekker wiskunde geskryf en more is dit Afrikaanse Leesbegrippe, opsommings,briewe, berigte en artikels.  Ek hoop sy skryf lekker want sy is nie so erg oor die tale nie. Haar juffrou het darem vanoggend vir haar gesê dat haar opstel die beste in die graad was.  Dis 'n groot ligpunt, want as sy more bietjie opmors het sy nog taalleer oor en daarmee is sy goed.

Ek gaan julle nie lank ophou vanaand nie.  Ek heg vir julle foto's van die Christuskirche in Windhoek op.
Dis 'n belewenis om dit te besoek.

Groetnis
Theresa













Sunday 2 November 2014

Goeienaand liewe Vriende

Vandag het ons letterlik, maar letterlik niks gedoen behalwe geslaap, TV kyk. lees, geëet en op Google rondgespeel nie.Net Renate was produktief want sy skryf more 2 vraestelle Wiskumde.  Dis oor die hele jaar se werk en sy het regtig hard geleer. Nou praat sy met haar Boetie oor die foon oor haar nuwe selfoon wat sy Vrydag gekry het.  Foeitog. sy was so opgewonde daaroor. Maar nou moet sy hom leer werk en dis nie so maklik nie, al lyk dit vir my asof sy al klaar weet wat om te doen.

Ek gaan julle op hierdie vroeë noot groet want ek is doodmoeg (Ek het verlede nag weer niks geslaap nie) en wil sommer nou met n lekker boek in die bed gaan klim. Ek lees op die oomblik James Patterson se 11th hour.  Lekker spannend.

Groete en lekker slaap

Theresa

Saturday 1 November 2014

Hi

Ek is vandag weer vroeg met my blog, want naweekaande is die internet gewoonlik af.  Seker oor al die mense dan op die internet is.  Naweke hier by ons bly maar 'n probleem.  Op 'n Sondag gebeur dit ook.

Vandag was 'n lekker dag en ek en Elfi het toe by my vriendin, Jeaninie en haar ma gaan kuier.  Ons het tee en lekker appelkoek gekry en vreeslik lekker gesels oor alles en nog wat.  Nie een van ons het die tyd dopgehou nie, en ons het nog 'n slag tee gedrink.  Heelwat later kyk ek op my horlosie en sien dat dit al al amper half 4 is.  Ek dag ek skrik my in 'n ander bloedgroep in.  Ons het al kwart voor elf daar opgedaag en nooit opgelet wat die tyd is nie.  Toe ek aankondig dat die al half vier is kon die ander drie dit ook nie glo nie.  Maar ek besluit toe dis net die regte tyd om te ry.  Hoe sê die Engelse mense: Don't overstay your welcome.  Ons is praat-praat daar uit en het nog 'n hele ruk buite staan en gesels.

Toe ons by die huis kom was Theo natuurlik al lankal terug van die werk af en Renate kliphard aan die leeer met Wiskunde.  Elfi is gou Spar toe om 'n paar goed te gaan kry en troeteldierwinkel toe om vir Kai, Die Macaw, 'n speelding te koop.  Syne is al weer aan flardes en hang op genade aan die hok.

Theo is nou weer uitgeroep hospitaal toe en ek weet nie wanneer hy sal terug wees nie en Renate het weer gaan leer.

Jeaninie het vir my Tom Noakes se boek The real meal Revolution geleen en ek gaan sommer nou daaraan begin lees.  Ek wil ook weet van al die polemiek wat hierdie boek veroorsaak het.

Lekker middag vir julle verder

Groetnis

Theresa