Tuesday 30 September 2014

Liewe vriende

My migraine is weg te dankie aan 'n Voltaren inspuiting wat my man my gisteraand gegee het.  Ek is so dankbaar, want 'n migraine kan 'n paar dae aanhou tot dit breek.  Al neem mens medikasie.

Op die weerfront is dit nog steeds oosweer.  Die wind waai weliswaar nie erg soos gister nie, maar hy waai sodat mens hom deur die skoorsteen hoor.  Dan waai hy nog steeds erg.  Ons bly maar so ver moontlik in die huis.  Elfi is allergies vir die mica en haar gesig en ander ontblote vel slaan in blase uit as sy in die sand kom.

Renate is by die hokkieoefening, maar ek weet nie hoeveel hulle geoefen gaan kry met die wind wat so waai nie.  Dis nou net om die kinders se tyd te mors, want hulle speel volgende Dinsdag teen 'n Suid-Afrikaanse toerspan.  Donderdag sal hul ook seker moet oefen en dis in die middel van 'n toetsreeks.  Dit breek nogal die kinders se spoed.

Die naweek het Renate 'n karatekompetisie aan.  Dis 'n internasionale kompetiesie tussen Namibi en SA en hulle het elke aand nog 2 ure karate ook.  Dit geniet sy darem.  Sy het darem oor die naweek haar toetse begin leer.  Dus gaan sy die werk basies net weer oor.

Ek groet julle tot 'n volgende keer
Groetnis
Theresa

Hier is foto's van Kaap Kruis in die noorde aan die kus.



















 

Monday 29 September 2014

Liewe Vriende

Vanaand het ek  niks om te skryf nie. Ek het heeldag 'n migraine gehad en my pille is op.  Ek het toe maar 'n lae profiel gehou

Die wind het vandag teen 40km/u gewaai, dus julle kan julle net indink hoe lyk die dorp.

Ek plaas vir julle foto's van die Small crafts Harbour hier in Walvisbaai.

Groetnis
Theresa






















Sunday 28 September 2014

Hallo

Vandag het ek geen nuus nie.  Ons het 'n luilekker dag by die huis deurgebring.

Daarom 'n paar foto's -Touches of pink

















Groetnis
Theresa